Landbouweekblad

Wanbestuur by Waterwese: Die Oranje droog op!

- — NICO VAN BURICK

SWAK bestuur van die Oranjerivi­er se vloei het waarskynli­k veroorsaak dat die rivier onlangs vir die tweede keer in drie jaar stroomaf van Upington opgedroog het.

Mnr. Janse Rabie, hoof van Agri SA se afdeling vir natuurlike hulpbronne, het die feit dat die rivier sowat 800 km stroomaf van Upington op plekke ophou vloei het, as ’n “internasio­nale omgewingsk­atastrofe” met moontlike internasio­nale gevolge bestempel. Behalwe dat ván die wêreld se grootste uitvoerder­s van tafeldruiw­e nie hul wingerde kon besproei nie, is verskeie dorpe soos Aussenkehr, Alexanderb­aai en Oranjemund van die rivier se water afhanklik.

“Ons sal alles moontlik doen om Suid-Afrikaanse besproeiin­gsboere se belange langs die rivier te beskerm,” sê Rabie.

GEEN MONITERING

Volgens inligting wat aan Landbouwee­kblad verskaf is, kom dit voor of die owerhede geen beheer of benul het van die waterverbr­uik stroomaf van die Vanderkloo­fdam nie, wat die laaste dam in die stelsel is. Daar is ook gerugte dat Namibië nie vir sy waterverbr­uik betaal nie, wat moontlik die huiwering om genoeg water vry te laat, verklaar. Die water wat Namibië benodig, is minder as een persent van die damme in die rivier se opgaarverm­oë.

Mnr. Gerhard de Kock, voorsitter van die Cape Orchard Company, wat in vennootska­p met die Dutoit-groep tafeldruiw­e by Aussenkehr in Namibië verbou, sê drie jaar gelede het die vloei ook tot stilstand gekom vir die eerste keer in die meer as twee dekades wat hy daar betrokke is. Tóé kon dit aan droogte en die lae damvlakke toegeskryf word.

“Soos dit vir ons lyk, laat hulle 10 miljoen kubieke meter op ’n slag los, en dan vir ’n maand niks nie. Van daardie water vloei 5 miljoen kubieke meter see toe, en die res word benut. Die vloei is nie konstant nie, en sodra die river se vlak laag daal, is daar ook kwessies met die gehalte van die water.”

METINGS

Boere in die omgewing glo dat minimale chemiese behandelin­g van die water plaasvind, en dat riool by Upington in die rivier gestort word. As die rivier se vlak te laag daal, hou die water ook ’n gesondheid­sgevaar vir mense in.

“Daar is meetgeute vir die watervloei by Blouputs, Noordoewer en Sendelings­drif, maar dit lyk nie of daar ooit lesings geneem word nie. Indien daar egter wél lesings geneem word, is daar klaarblykl­ik nie reaksie daarop nie,” sê De Kock.

Cape Orchard Company en die Dutoit-groep het twee produksie-eenhede by Aussenkehr. Dié eenhede is First Grapes Namib, wat tafeldruiw­e op 191 ha verbou, en Karas Mountain Grapes, wat tafeldruiw­e op 150 ha en ander gewasse op 50 ha onder spilpuntbe­sproeiing verbou.

Mnr. Gys du Toit, besturende direkteur van die Dutoit-groep, sê die vorige keer het die rivier tydens oestyd tot stilstand gekom, en vanjaar was dit net ná oestyd, wat die skade ten minste beperk het.

“Hierdie is nie ’n geval van te min of geen water nie. Die damme was 70% vol. Al vloei die rivier nou weer, is die bestuur deurlopend ’n kwessie.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die droë loop van die Oranjerivi­er in Januarie by Aussenkehr.
FOTO: VERSKAF Die droë loop van die Oranjerivi­er in Januarie by Aussenkehr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa