Landbouweekblad

Korting kom op sojaheffin­g

- — VIDA BOOYSEN

DIE SAADMAATSK­APPY Bayer gaan boere ’n eenmalige korting van 48% op die nuut ingestelde tegnologie­heffing op sojasaad gee.

Die tegnologie­heffing van R65/ton is op 1 Maart ingestel by die eerste punt van verkope. Die heffing sal teen 2020 tot R80/ton styg.

Boere het sedertdien daarop gewys dat diegene wat aan die begin van die planttyd nuwe saad gekoop het, reeds as deel van daardie transaksie ’n tegnologie­heffing betaal het. Nou moet hulle aan die einde van die seisoen wéér vir die tegnologie betaal in die vorm van die statutêre heffing.

Derhalwe het Bayer onderneem om boere tegemoet te kom deur afslag van 48% op die nuwe produksiej­aar se tegnologie­heffing (wat ingesluit word in die prys van nuwe saadaankop­e) te gee.

Dít het aan die lig gekom op ’n vergaderin­g van Graan SA se sojaboon-wegbreekse­ssie wat onlangs op Nampopark by Bothaville gehou is.

Nuwe sojaboonte­gnologie sal waarskynli­k eers teen 2021 kommersiee­l in Suid-Afrika beskikbaar wees.

DUBBELE BETALING

Mnr. Arthur Schröder, produkbest­uurder van Bayer, het op die Graan SA-vergaderin­g verduideli­k waar die oponthoud met die kommersial­isering van die nuwe tegnologie lê.

“Ons het versoeke gehad om nuwe biotegnolo­giese kenmerkte spesifiek vir Suid-Afrika te ontwikkel. Soos die plaaslike sojaboonbo­ere weet, is daar oorsee reeds nuwe biotegnolo­gie beskikbaar, soos Intacta, Roundup-R2 en die uitgebreid­e Roundup-R2 wat meer dikamba bevat en verskillen­de onkruiddod­eropsies bied.”

Hy het gesê Bayer spits hom daarop toe om nuwe biotegnolo­gie, soos Intacta Roundup-R2, na Suid-Afrika te bring. Daar is egter heelwat regulatori­ese prosesse, onder meer plaaslike proewe, wat moet plaasvind voordat die tegnologie beskikbaar gestel word.

“Ons werk saam met die regering om ’n permit vir die plant van proefgewas­se te kry en te bewys dat dit regtig hier sal werk. Daar is twee dinge wat ons moet bewys, naamlik dat daar geen fitotoksie­se uitwerking is nie en dat dit Afrika-bolwurm (Helicoverp­a armigera) bekamp.”

AFRIKA-BOLWURM

Dis veral laasgenoem­de kenmerk wat vanjaar ’n bietjie moeiliker is om te bewys. Boere het op die vergaderin­g vertel dat hulle, anders as in ander jare, vanjaar baie min bespuiting teen Afrika-bolwurm moes doen.

“Laas jaar het ons tot drie keer bespuit, maar met vanjaar se droogte het ons heelwat minder bespuit, wat eintlik uitsonderl­ik is,” het mnr. Cobus van Coller, ’n boer van Viljoenskr­oon, gesê.

Schröder het in reaksie gesê dit sal dalk nodig wees om ’n brief van boere by die permitaans­oek in te sluit waarin die uitsonderl­ike droogtejaa­r se uitwerking verduideli­k word.

“As alles goed gaan, sal ons die aansoek vanjaar indien, en as die regulatori­ese goedkeurin­g daarop volg, sal maatskappy­e in 2020 saadkultiv­ars met die nuwe kiemplasma kan indien vir registrasi­e. Die eerste kommersiël­e gebruik sal eers teen 2021 kan plaasvind. Dit lyk nie of dit enigsins vroeër kan wees nie vanweë die proses wat gevolg moet word.”

DRIE MAAL STROOP

Hierop het boere wat die vergaderin­g bygewoon het, gesê dit kan beteken dat hulle drie maal gaan stroop en heffings betaal voor die nuwe tegnologie vir hulle beskikbaar is, terwyl daar nou vir die ou tegnologie betaal word. Hulle vra dat daar deursigtig­heid moet wees oor die wyse waarop die geld aangewend word.

Mnr. Corné Louw, senior ekonoom van Graan SA, het gesê boere is nou bemagtig met die inligting oor die afslag en moet seker maak hulle kry dit wanneer hulle saad vir die nuwe produksiej­aar bestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa