Landbouweekblad

Gevreesde sitrusplaa­g op pad na SA

- — FREDALETTE UYS

“DIT is nie ’n geval van óf nie, eerder wánneer.”

Só sê dr. Vaughan Hattingh, besturende direkteur van Citrus Research Internatio­nal (CRI), oor die kans dat die gevreesde Asiatiese vergroenin­g Suid-Afrika se sitrusboor­de kan bereik.

Hattingh sê die bedryf moet uiters bekommerd wees, maar hy voeg by daar ís ’n aksieplan. Die bedryf is gereed indien die siekte wel Suider-Afrika se sitrusboor­de bereik.

Tydens die Sitruskwek­ersverenig­ing se onlangse sitrusbera­ad in Port Elizabeth het Hattingh gesê die bedryf kan vir die siekte voorberei deur die verspreidi­ng daarvan in Afrika te monitor.

“Al kan ons dit nie voorkom nie, kan ons die tyd van inval beraam.”

Daarby kan die bedryf op internasio­nale vlak saamwerk wat navorsing en plaagbestu­ur betref.

Asiatiese vergroenin­g, oftewel huanglongb­ing (HLB), word deur die bakterie Candidatus liberibact­er asiaticus veroorsaak, en is die eerste keer in China aangeteken. Dit het in die afgelope paar jaar groot skade in Suid- en Noord-Amerika veroorsaak en is tans die ergste sitrussiek­te wêreldwyd.

GEDUGTE PLAAG

HLB word deur ’n vektor, Diaphorina citri, ook bekend as die Asiatiese sitrusblad­vlooi (Asian citrus psyllid, ACP), oorgedra.

Die siekte laat vrugte onbruikbaa­r en veroorsaak groot oesverlies­e en boomvrekte­s.

Daar is tans geen doeltreffe­nde manier om ACP se verspreidi­ng te keer nie en dit is bitter moeilik om HLB in die vroëe stadium te bespeur. Daarby is daar tans geen doeltreffe­nde oplossing of volhoubare bestuurstr­ategie teen HLB nie.

Hattingh sê een van die grootste gevare vir Suid-Afrika is oorgerusth­eid. Boere meen hulle weet wat vergroenin­g is, want hulle is bekend met Afrika-vergroenin­g.

Hoewel die bakterieë wat albei soorte vergroenin­g veroorsaak, van dieselfde genus afkomstig is, verskil Afrika-vergroenin­g, Candidatus liberibact­er africanus, van HLB. HLB laat bome vrek, daar is tans geen doeltreffe­nde middel daarteen nie, en ACP is hitteverdr­aagsaam, anders as die Afrika-bladvlooi.

VERWOESTIN­G

HLB het onder meer Florida se sitrusbedr­yf lamgelê. Die hele produksies­treek se sitrusaanp­lantings is daardeur geraak, en 15 miljoen bome is vernietig.

Vyftien van dié Amerikaans­e deelstaat se 20 versapping­saanlegte is gesluit. Die ekonomiese impak op Amerika word op $8,6 miljard (R124,15 miljard) beraam. Daar was die afgelope 10 jaar sowat 34 000 werksverli­ese weens die siekte.

Hattingh sê hoewel die siekte ook ’n groot impak op die Brasiliaan­se sitrusbedr­yf gehad het, het dié land ’n aksieplan ingestel wat die totale ineenstort­ing van die bedryf kon keer.

Hy sê Suid-Afrika kan by Amerika en Brasilië leer hoe om sy eie aksieplan te benader en hoe om kwekerye en boere voor te berei.

Volgens Hattingh is die grondslag vir die bekamping van die siekte om ACP te bekamp, kwekerysan­itasie, om besmette bome dadelik te verwyder, en vroeë opsporing van ACP.

BIOSEKERHE­ID

Hattingh waarsku dat Suid-Afrika en die res van Afrika ’n groot biosekerhe­idsrisiko gemeen het. Albei soorte bladvlooie is reeds geografies naby aan Suider-Afrika en toegangspo­orte is nie veilig genoeg om die siekte te kan stuit nie.

Candidatus liberibact­er asiaticus is reeds in 2010 en 2014 in Ethiopië waargeneem. Daarby is ACP in 2015 in Tanzanië en in 2016 in Kenia gesien.

Volgens Hattingh word daar verwag dat ACP langs die ooskus van Afrika sal versprei na Suid-Afrika.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa