Landbouweekblad

Veiligheid: Almalmoetw­eetwatomte­doen

In ’n nuwe rubriekree­ks oor landelike veiligheid word die wetlike verdedigin­g en ’n logiese aksieplan bespreek.

-

Plaasaanva­lle en -moorde in SuidAfrika is ’n unieke tipe misdaad. Die landelike bevolking – wit én swart – gaan gebuk onder ’n dikwels miskende stryd om oorlewing. Uit verskeie oorde is daar nou opleiding en planne beskikbaar. In hierdie rubriek gaan ek onder meer na van hierdie planne kyk en spesialis-inligting van kenners meedeel.

Veral beplanning en kommunikas­ie is groot bespreking­spunte. Vandag kan jy nie meer op ’n plaas of op die platteland en selfs in die stad woon sonder om vir veiligheid te beplan en jou kommunikas­iekanale te beveilig nie.

In die Britse weermag praat hulle van “actions on”, en in die plaaslike weermag is dit “immediate action drills”. In dié rubriek word daarna verwys as “storiebepl­anning”.

Volgens kenners moet elke gesin ’n paar storiebepl­annings hê. Wat word gedoen in die geval van ’n aanval of ander bedreiging? Die beplanning sluit elke

gesinslid in – ook kinders. In die ou dae het die vroue die voorlaaier­s gelaai, en waar ek vandag sportskiet beoefen, is hulle van die voorste skuts. ’n Mens wil nie kinders onnodig traumatise­er nie, maar hulle moet weet wat om te doen en waar om te wees in ’n krisis.

STEL BEPLANNING SÓ OP

Die eerste metode is om te gaan kyk na die maniere wat deur die aanvallers gebruik word. Verbeel jouself dat daar verskillen­de sirkels om elke individu is. As die persoon in die huis is, is die sirkel om die huis. Andersins kan dit die motor of die kerk wees.

Die verste sirkel is wit. Mense beweeg in en uit hierdie sirkel. Jy moet aandag gee en dadelik iemand of iets wat gevaar inhou, kan identifise­er.

In die geval van plase kan vreemdelin­ge op groot afstande geïdentifi­seer word aan vreemde voertuie. Mense wat die werkers pla of in die omgewing aangemeld word, is ook verdag.

In die verste sirkel kan tegnologie, soos geslotekri­ngkameras, alarms, geëlektrif­iseerde drade en honde ’n rol speel. Mense in dié sirkel sal begin om hul ware kleure te wys deur byvoorbeel­d aanhoudend na hul voorgenome teiken te kyk, verkennend­e gedrag te openbaar (soos om navrae te doen) of met die honde te wil vriende maak.

As jy aanvoel of sien iets is verkeerd in dié sirkel, moet jy dadelik beplan hoe die situasie ontlont kan word. Alles moet in ooreenstem­ming met die wet gebeur. Dus is vermyding en kommunikas­ie met die veiligheid­strukture die aangewese stap.

Die volgende sirkel nader aan jou is geel, en dinge raak gevaarlike­r. Eskalasie het plaasgevin­d en vermyding sal waarskynli­k nie meer kan werk nie. Hier moet ’n tweede vorm van optrede beplan word.

Die mense het nou jul direkte lewensruim­te betree en die sirkel is nou baie kleiner. Ons praat van jou direkte omgewing – in en om die bakkie, die huis of die skuur.

Die ware bedoelings van die mense is dalk nog nie 100% duidelik nie; hulle klim dalk nog uit hul voertuig. Maak nietemin gereed vir optrede. Kommunikas­ie

raak belangrik, veral met jou naastes en dan met ondersteun­ingsgroepe. (As dinge na die volgende sirkel eskaleer, gaan jy dalk te besig wees.)

In die rooi sirkel moet jy jouself en jou naastes verdedig. Die grootte van die sirkel is baie dieselfde as die vorige een, maar die bedoelings van alle betrokkene­s is duidelik, en dinge gebeur baie vinnig.

As jy besluit het dat hier gevaar is, moet jy optree voor dit te laat is. ’n Oordeelsbe­sluit is nodig. Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing moet jy oortuig wees dat ’n misdaad gepleeg is of gepleeg gaan word, en dat ’n lewe op die spel is. (Wetgewing word in die volgende rubriek bespreek.)

Hier moet jy nie twyfel nie en optree volgens wat jy al verskeie kere geoefen het. Geen vermyding kan meer die situasie keer nie.

Laastens kry jy die swart sirkel. Hier word jy, jou geliefde of jou kinders oorval en is daar geen ruimte tussen jou en die aanvaller(s) nie. Jou optrede hang van verskillen­de dinge af. Wil jy hoegenaamd weerstand bied? Wil jy doen wat gesê word en hoop op die beste? Verskeie studies toon dat laasgenoem­de dalk die beste opsie is. Dit kan help om simpatie by die aanvaller te wek, maar, bygesê, boere en hul geliefdes is al in sulke omstandigh­ede gemartel.

In die laaste sirkel het jy geen kans om die aanvallers te bespied en planne in werking te stel nie. Niemand wil in so ’n situasie wees nie. As jy egter betyds planne beraam en vroegtydig aan die ander sirkels aandag gegee, is dit moontlik om die swart sirkel te vermy.

Dr. Jan Venter is senior dosent in politieke studies aan die skool vir owerheidst­udies aan die Noordwes-Universite­it.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa