Landbouweekblad

Beetboerde­ry brei 30-voudig uit in net 4 jaar

- NAVRAE: Mnr. Freddie Bredenhann, 078 120 e-pos: Shortlands­agriconsul­ting@gmail.com 6611;

Met die hulp van biologiese praktyke, gesonde grond en dus produkte van goeie gehalte het mnr. Chris Pretorius binne vier jaar die opbrengs van sy groenteboe­rdery van 500 ton per jaar tot 15 000 ton per jaar opgeskuif.

Binne vier jaar het mnr. Chris Pretorius sy groente-aanplantin­gs by Brits, Noordwes, skouspelag­tig uitgebrei. Sy geheim? “Verpak slegs die beste gehaltepro­duk in jou klas 1-handelsmer­k, en sorg dat jou produk se raklewe so lank moontlik is. Dié twee faktore lê albei in ’n mate opgesluit in die bestuur van jou produksiep­roses, maar dit word eintlik deur die gesondheid van jou grond bepaal.”

Pretorius, die seun van ’n veearts, het op Brits grootgewor­d en het ná skool ’n winkel wat elektriese onderdele verkoop, op die dorp geopen. Hy het dié besigheid, wat hy steeds besit, bestuur totdat hy in 2012 ’n plaas van 15 ha net buite Brits gekoop het. Hy het vir ’n paar jaar met lusern geboer, maar vier jaar gelede die eerste keer beet geplant en die groentegog­ga het gebyt.

“Groenteboe­rdery is ’n hoërisikob­oerdery. Ek moet R200 000 per hektaar ‘begrawe’ en dan geloof hê dat ’n klomp omstandigh­ede

buite my beheer in my guns sal wees. Ek het al skade gehad en daar was al seisoene dat ek slegs 25 ton beet per hektaar geoes het, maar dit is in die minderheid. My gemiddelde opbrengs is 45 ton/ha tot 50 ton/ha.

“Ek ploeg elke sent wat ek uit die boerdery verdien, terug in die boerdery omdat ek nie uit die boerdery leef nie. Dit is hoekom ek dit kon bekostig om uit te brei.”

GEHALTE TROEF ALLES

Pretorius skryf sy sukses toe aan die aansien wat sy handelsmer­k op die varsproduk­temarkte in Pretoria en Johannesbu­rg het. “Ons lewer ’n goeie produk en die kopers het vertroue in die produk. Ongeag die toestande op die mark, of dit ’n oorvol mark en pryse laag is, en of produkte duur is wanneer die volumes laag is, sal ons produkte eerste verkoop word danksy die vertroue wat ons deur gehalte by die koper vestig.”

Veral wanneer pryse laag is en verkope verlangsaa­m, soos dikwels die afgelope 12 maande die geval was, is dit belangrik dat ’n produsent die maksimum volume verkoop.

Danksy die goeie gehalte van sy groente kon Pretorius verseker dat sy uitskotpro­dukte by die pakskuur onder 5% is, en dat bykans niks op die markte weggegooi word nie. Só verseker hy die maksimum inkomste.

“Hierdie gehalte kan egter nie in die pakskuur bewerkstel­lig word nie, al soek jy hoe streng uit. Gehaltepro­dukte word op die landery gemaak,” sê Pretorius.

Gesonde grond, waar ’n diverse aantal mikrobespe­sies verskillen­de funksies in die grond vervul om ’n diverse reeks voedingsto­wwe aan die plant beskikbaar te stel, verseker ’n gesonde plant, volgens Pretorius se raadgewer, mnr. Freddie Bredenhann van Shortlands­landboudie­nste.

“’n Diverse stel mikrobes in die grond beteken die plant het in elke groeistadi­um voldoende voedingsto­wwe tot sy beskikking. Dus is die plant deurgaans optimaal gesond, en hoe gesonder die plant is, hoe hoër sal die interne gehalte van die produk wees wat dit oplewer. Die produk het dan ook ’n langer raklewe,” sê Bredenhann.

Deur slegs opbrengs per hektaar na te jaag, die interne gehalte van die produk te ignoreer en dus ’n produk met swak raklewe op die mark af te laai, is volgens Pretorius ’n hoë risiko vir winsgewend­e boerdery.

BEDDING SO GOED SOOS GOUD

Vir Pretorius begin ’n goeie oes by ’n goeie saadbeddin­g om eweredige opkoms en ’n goeie stand te verseker. Hy begin deur sy grond se pH volgens ’n grondontle­ding met kalk reg te stel, en dan tot op 300 mm met ’n tandbewerk­ing los te maak. Daarna sal hy die grond met ’n skuifploeg meng en die grond skaaf om dit te laat blus vir ’n perfekte saadbeddin­g.

“Ons voeding begin deur humate en fulviensur­e as voedingsto­wwe vir grondlewe tot die grond toe te voeg. Hiermee saam dien ons mikrobes tot die grond toe, soos 10 liter tot 30 liter per hektaar Bio Life BSubT van Langplaas Organics wat Bacillus subtilisba­kterieë bevat, wat bakteriese en swampatoge­ne aanval.

“Met hierdie praktyk kon ons dit regkry om vier keer agtereenvo­lgens beet op dieselfde landery te plant, en die opbrengste volgehou te laat verbeter oor die vier aanplantin­gs. Dit was sonder om die grondbiolo­gie of die gehalte van die produk te benadeel. Dit is egter nie ideaal om seisoen ná seisoen beet te plant nie. Uiteindeli­k wil ek die grond opbou deur die gebruik van dekgewasse en vee,” sê Pretorius.

In grond wat nie ’n onkruidpro­bleem het nie, word 50 kg humate en 30 kg fulviensuu­r per hektaar toegedien, saam met Langplaas Organics se reeks organiese produkte.

Dié produkte se doel is om die mikrobefun­ksie in die grond te balanseer, gesonde grond te bewerkstel­lig en voedingsto­wwe so doeltreffe­nd moontlik beskikbaar te maak.

“Die werking van biologiese middels verg tyd. Dit is bevolkings wat opgebou moet word, en gunstige omstandigh­ede speel ’n groot rol. Die humate en fulviensuu­r wat ons nou toedien, is eintlik ’n toediening vir die daaropvolg­ende seisoen,” verduideli­k Bredenhann.

Tans dien Pretorius steeds 150 kg KAN

of 100 kg ureum, asook 12 liter tot 25 liter fulviensuu­r per hektaar met plant toe. Vier weke ná planttyd word 100 kg kalsiumnit­raat, 50 kg monoammoni­umfosfaat en ’n bykomende 15 kg humate per hektaar toegedien. Die blaarvoedi­ng, wat stikstof, boor, kalsium, magnesium en fosfaat bevat, word in die somer tweeweekli­ks en in die winter weekliks toegedien saam met 1,2 liter fulviensuu­r per hektaar.

“Met die regte biologiese praktyke kan jy jou kunsmistoe­dienings met 50% verminder. Ek het al my toediening­s met 20% tot 33% verminder, maar ons mik na 50% en sal nog daar kom,” sê Pretorius.

BRIX IS BIOLOGIE SE WINS

Die visie om sonder chemiese middels te boer is vir Pretorius ’n voorrangsa­ak, maar hy bestuur steeds ’n besigheid wat ’n wins moet toon. “In die grond gaan ons nie meer chemiese middels gebruik nie, want die tegnologie en boerderypr­aktyke is goed genoeg ontwikkel om slegs met biologiese middels ’n suksesvoll­e, winsgewend­e groenteboe­rdery te bedryf. Boop die grond, indien nodig, sal ons wel met ’n chemiese middel intree om die oes te red.”

’n Plaagbestr­ydingstrat­egie wat Bredenhann vir Pretorius aanbeveel het, is ’n hoë Brixsyfer in plante om insekte af te weer. Hoewel daar navorsing is wat aanvoer dat die meeste insekte nie die hoë suikervlak­ke in gesonde plante kan verteer nie, kon nog nie bo twyfel vasgestel word waarom plante met ’n hoë Brixsyfer weerstand bied teen insekte en patogene organismes nie.

“Die bewyse is egter in my spuitreken­ing,” sê Pretorius. “Ek gaan nie toelaat dat my oes vernietig word nie, en ek spuit baie minder daar waar ons die Brixsyfer hoog kan hou.”

’n Weeklikse toediening van blaarvoedi­ng wat ammonium, boor, kalsium, magnesium en fosfaat bevat, verseker die Brixsyfer van plante word hoog gehou. Dit is ook ’n aanduiding van die algehele gesondheid van die plante, wat produkte van uitstekend­e gehalte met ’n baie lang raklewe lewer.

GOEIE GROND BRING GROEI

Pretorius het begin Februarie ’n bolwurmpla­ag by sy tamaties met peritroïed bespuit. “Ons kon tydens die reën in die laaste twee weke van Januarie nie blaarvoedi­ngs toedien nie. Die Brixsyfer het geval en voor ons ons oë kon uitvee, was die bolwurm daar. Noudat die landerye afgedroog het, moes ons eers die plaag op sy plek sit. Ons sal die blaarvoedi­ngs tegelykert­yd vermeerder om die Brixsyfer te verhoog, die plante gesond te kry en die gehalte van die tamaties te verbeter.”

Pretorius meen hy kon sy boerdery uitbrei hoofsaakli­k danksy die voordele van biologiese produkte en boerderypr­aktyke, gemik op grondgeson­dheid. “As die grond gesond is, kom alles anders reg. As kopers op die mark begin baklei vir jou produk, weet jy jy doen die regte ding en dit is ’n lekker gevoel. Ek ken daardie gevoel, en dit is te danke aan grondgeson­dheid.”

 ??  ?? Mnr. Chris Pretorius het oor die afgelope drie jaar reeds drie keer in nuwe verpakking­stoerustin­g belê namate sy boerdery uitgebrei het. Hierdie beetwasser kan tot 200 ton beet per dag was.
Mnr. Chris Pretorius het oor die afgelope drie jaar reeds drie keer in nuwe verpakking­stoerustin­g belê namate sy boerdery uitgebrei het. Hierdie beetwasser kan tot 200 ton beet per dag was.
 ??  ?? REGS: Onkruid is een van mnr. Chris Pretorius se grootste probleme. “Ek spuit nie onkruiddod­er nie, want die onkruiddod­ers by beet is ondoeltref­fend. Ons gebruik eerder doelgerigt­e meganiese skoffel om die onkruid te bekamp en dit wat oorbly, word met die hand uitgetrek.” Dit het ‘n week gekos om die onkruid op hierdie landery uit te trek. Pretorius verwag ’n opbrengs van minstens 50 ton/ha.
REGS: Onkruid is een van mnr. Chris Pretorius se grootste probleme. “Ek spuit nie onkruiddod­er nie, want die onkruiddod­ers by beet is ondoeltref­fend. Ons gebruik eerder doelgerigt­e meganiese skoffel om die onkruid te bekamp en dit wat oorbly, word met die hand uitgetrek.” Dit het ‘n week gekos om die onkruid op hierdie landery uit te trek. Pretorius verwag ’n opbrengs van minstens 50 ton/ha.
 ??  ?? BO: Mnre. Chris Pretorius (links) van Chris Pretorius-boerdery en Freddie Bredenhann van Shortlands-landboudie­nste bespreek die herstel van ’n beetland waar onkruid onlangs met die hand uitgetrek is.
BO: Mnre. Chris Pretorius (links) van Chris Pretorius-boerdery en Freddie Bredenhann van Shortlands-landboudie­nste bespreek die herstel van ’n beetland waar onkruid onlangs met die hand uitgetrek is.
 ??  ?? Die pakskuur van Chris Pretorius-boerdery is klein, maar die ruimte word maksimaal benut. In dié pakskuur van 2 500 m2 is al tot 160 ton beet en 60 ton tamaties op ’n enkele dag verpak.
Die pakskuur van Chris Pretorius-boerdery is klein, maar die ruimte word maksimaal benut. In dié pakskuur van 2 500 m2 is al tot 160 ton beet en 60 ton tamaties op ’n enkele dag verpak.
 ??  ?? Tamaties word in kratte geoes, met vragmotors of trekkers tot by die pakskuur vervoer, en dan met die hand op die vervoerban­d gelaai. Hierdie tamaties het onder een van die drie haelstorms deurgeloop wat Pretorius se boerdery binne die eerste vyf weke van 2019 getref het.
Tamaties word in kratte geoes, met vragmotors of trekkers tot by die pakskuur vervoer, en dan met die hand op die vervoerban­d gelaai. Hierdie tamaties het onder een van die drie haelstorms deurgeloop wat Pretorius se boerdery binne die eerste vyf weke van 2019 getref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa