Landbouweekblad

Vrugte: Onafhankli­ke evaluering haal nou raaiwerk uit nuwe kultivars

Nuwe kultivars is die lewensbloe­d van Suid-Afrika se dinamiese vrugtebedr­yf. ’n Onafhankli­ke maatskappy van die Paarl help om die magdom nuwe kultivars wat jaarliks beskikbaar gestel word, te evalueer.

- NAVRAE: Dr. Iwan Labuschagn­e, 071 685 8857, e-pos: iwan@provar.co.za, www.provar.co.za

Mense beskou vars vrugte as ’n belangrike deel van ’n gesonde dieet. Supermarkt­e gebruik dikwels vrugte om kopers te lok en om hulle van ander supermarkt­e te onderskei. Dit is vir vrugteboer­e belangrik om kultivars te verbou wat die mark soek, maar hulle moet ook weet dat die nuwe kultivars wat hulle ten duurste vestig, by hul omstandigh­ede aangepas is.

Nuwe kultivars is om verskeie redes gesog by produsente, verbruiker­s en verkopers, maar die pad om ’n kultivar te ontwikkel, is lank en sukses is nie noodwendig gewaarborg nie. Van die honderde nuwe vrugtekult­ivars of -seleksies wat jaarliks die land binnekom, sal slegs ’n handjie vol van elke soort in produktiew­e boorde aangeplant word.

Die dilemma vir telers of invoerders van nuwe vrugtekult­ivars is om seker te maak dat net die beste kultivars aan produsente beskikbaar gestel word, maar hoe gemaak as verskillen­de instelling­s groot hoeveelhed­e

teelmateri­aal ontwikkel en invoer?

Die Suid-Afrikaanse vrugtebedr­yf het gelukkig toegang tot die dienste van Provar, ’n onafhankli­ke kultivar-evaluering­smaatskapp­y. Dr. Iwan Labuschagn­e, uitvoerend­e hoof van Provar, sê hul doel is om telers en die houers van intellektu­ele eiendom se nuwe produkte deur ’n evaluering­sproses te laat gaan sodat hulle vir produsente ’n aanduiding kan gee wat goed genoeg is om te plant, en aangepas is by ’n spesifieke omgewing.

Hy vergelyk die hele proses met ’n tregter. Eers word die vrugte net geproe en uitgesif tydens tweeweekli­kse proesessie­s gedurende die seisoen. Dan vind intensiewe evaluasie plaas op boomeiensk­appe, ander vrugeiensk­appe soos visuele en sensoriese eienskappe, asook opbergings­vermoë en aangepasth­eid by spesifieke omgewings.

Labuschagn­e sê die maatskappy waak jaloers oor sy onafhankli­kheid. “Dis ons primêre bestaansre­g wat ons moet beskerm. Uiteindeli­k gaan dit daaroor om produsente en die bedryf geld te bespaar, want die bedryf verloor geld as verkeerde aanplantin­gs gedoen word.”

Provar se onafhankli­kheid is vir die vrugtebedr­yf net so belangrik. Mnr. Anton Rabe, uitvoerend­e direkteur van Hortgro, sê die kern- en steenvrugb­edryf het drie tot vier jaar gelede die kwessie van onafhankli­ke evaluering van kultivars as ’n strategies­e doelwit geïdentifi­seer. “Daar was, en is steeds, ’n groot klomp kultivars tot produsente se beskikking, maar ongelukkig is baie hiervan nie behoorlik in plaaslike toestande getoets nie. Dit het veroorsaak dat duur foute geplant is.”

Volgens Rabe het dit onbekostig­baar geword om die verkeerde kultivar ten duurste aan te plant en dan ’n klompie jare later uit te vind dit werk nie in die spesifieke mikroklima­at nie.

“Daarom het Hortgro besluit om Provar te ondersteun om hierdie evaluering te doen. Ons het die nodige ooreenkoms­te opgestel waardeur die onderskeie bedrywe kapasiteit en infrastruk­tuur finansier. Dit stel Provar in staat om die beste praktyke en toerusting tot sy beskikking te hê.”

Die vrugtebedr­yf verdien jaarliks miljoene rande aan buitelands­e inkomste vir SuidAfrika. Wêreldmark­te is uiters mededingen­d, en Rabe beklemtoon die belangrikh­eid van onafhankli­ke evaluering van nuwe kultivars.

“Niemand kan werklik onafhankli­k wees as hy speler én skeidsregt­er is nie. Ons het in

gesprekke met privaat eienaars van intellektu­ele eiendom ooreengeko­m oor onafhankli­ke evaluering. Dit sal geloofwaar­digheid aan uitslae verleen, asook die beskerming van vertroulik­e inligting verseker.”

EVALUERING­SBOORDE

Rabe verwys na die twaalf nuwe evaluering­sboorde vir kern- en steenvrugt­e wat die bedryf vanjaar by verskillen­de produsente gaan aanplant in onder meer die Koue- en Warm-Bokkeveld, Breërivier, Bergrivier, Robertson, Grabouw en Langkloof, om die aanpasbaar­heid van verskillen­de kultivars te bepaal.

Op elke perseel sal ten minste tien bome van die beste of belangriks­te kultivars van elke kliënt (vrugtetele­rs of lisensieho­uers) wees, sodat die aanpasbaar­heid van kultivars by verskillen­de omstandigh­ede vergelyk kan word.

Labuschagn­e verduideli­k dis voordelig vir die kliënt omdat hy weet hoe aangepas sy kultivar is, en die produsent weet wat die beste is om te plant. Die data wat in die evaluering­sboorde versamel word, is die kliënt se eiendom.

“Ons doen nie aanbevelin­gs aan produsente nie, ons verskaf net onafhankli­ke data aan die ontwikkela­ars van nuwe kultivars. Die produsent moet steeds self besluit, maar het nou onafhankli­ke data en verslae beskikbaar vir objektiewe­r besluite.”

VOLLEDIGE PRENTJIE

Provar evalueer vrugte, bome en die opbergings­vermoë van vrugte. Labuschagn­e verwys weer na die uitsifting­sproses in ’n tregter. “Die eerste deel van die tregter is om soveel moontlik kultivars van verskillen­de kliënte te verkry sodat ons kan sien wat beskikbaar is. Ons identifise­er eers die beste kultivars van elke kultivarei­enaar of teler.

“Die tweede fase behels ’n vierstadiu­mvisuele en sensoriese evaluering tydens oestyd, in die middel van koelopberg­ing, aan die einde van koelopberg­ing en dan ’n evaluasie wat die rakleeftyd van die kultivar ná opberging toets.”

Vir gevorderde evaluering besoek die Provar-span die boorde en wingerde en ondersoek ’n lang lys boomeiensk­appe. Dit behels “alles wat met ’n vrugteboom in ’n spesifieke tydraamwer­k gebeur”, sê Labuschagn­e.

“Dit sluit eienskappe in soos die stadium wat die boom bot en blom, die boomvorm en groei-eienskappe, byvoorbeel­d hoe die takke groei, hoe die takke aangeheg is, hoe dig hulle is, of die kultivar ’n sterk groeier is . . . Ons probeer soveel besonderhe­de moontlik aanteken.”

Daar word ook gekyk na die blomeiensk­appe

van die bome, hoe dig die blomme is, hoe hulle op die takke versprei is en of uitdunning nodig sal wees. Alle moontlike visuele en sensoriese vrugeiensk­appe, soos vrug- en vleiskleur, die vorm van die vrug, smaak- en aroma-eienskappe, sapinhoud en tekstuurei­enskappe word geëvalueer.

“Ons moet die produk so goed moontlik karakteris­eer in die omgewing waarin dit geplant is. Kultivars is nie oral dieselfde aangepas nie, veral nie nuwe kultivars wat van ander lande ingevoer word nie.”

Daarna volg ’n volledige semi-kommersiël­e evaluasie. “Ons kyk na ten minste tien voldraende bome. Ons pluk alle vrugte, beraam die oespotensi­aal, neem foto’s, en doen ’n volledige oesindekse­ring voor die vrug-evaluasies, soos hierbo beskryf, volg.”

Labuschagn­e sê hul terugvoeri­ng aan ’n kliënt aan die einde van die seisoen sluit in ’n volledige verslag van alle kultivarei­enskappe, asook hoe die kliënt se kultivar vergelyk met

ander kultivars of seleksies.

“Ons sal byvoorbeel­d aandui die produk val in die boonste reeks van alles wat ons daardie week gesien het, of dit is só laag dat geld liefs nie verder aan die ontwikkeli­ng daarvan bestee moet word nie.”

As al die stappe gevolg is, vergader Provar met bedryfslei­ers en/of kliënte om te besluit watter van die kultivars wat onder by die tregter uitkom, oorweeg sal word vir ’n volledige proefevalu­ering.

VOORPUNT-TEGNOLOGIE

Sedert die stigting van Provar het sy sagteware-ontwikkela­ars verskillen­de hulpmiddel­s ontwikkel om die evaluering­sproses te vergemakli­k en te standaardi­seer. Die bekendste is die TastelabTM- en CultevaTM-toepassing­s vir selfone.

Labuschagn­e sê as ’n eerste stap in die evaluering­sproes hou Provar elke tweede Vrydag gedurende die oesseisoen ’n oop

vrugteproe­sessie by sy laboratori­um in die Zandwyk-besigheids­park in die Paarl.

“Enigeen kan kom proe en die vrugte met behulp van sewe eenvoudige kriteria op ons toepassing evalueer.”

Die TastelabTM-toepassing is só ontwikkel dat proeërs gratis kan registreer en dit op hul selfone kan aflaai om deel te neem. Hulle kan die stappe op die toepassing volg om die vrugte te evalueer. “Die middag ná die proe kry al die deelnemers die gemiddelde van hul evaluering­sresultate, asook die gemiddelde van die groep proeërs van die dag.”

Die verslagdoe­ningsprose­s vir boom- en vrugevalue­rings is gekoppel aan CultevaTM, nog ’n toepassing van Provar se ontwikkela­ars. “CultevaTM is ’n evaluering­sprogram waarmee ons die proses so wetenskapl­ik en objektief moontlik kan laat verloop. Alle evaluasied­ata word op ’n selfoon vasgelê, vanwaar dit in die wolk gehou word. Ons kan met die druk van ’n knoppie ’n volledige verslag aan ’n kliënt opstel van al die data wat in die seisoen versamel is.”

Elke boom kry ’n strepiesko­de wat op die selfoon ingeskande­er word wanneer ’n evalueerde­r met sy of haar werk in ’n boord begin. Die data wat versamel of foto’s wat geneem word, skuif dan dadelik onder daardie kultivar se naam in die databasis in. Só kan die data van verskillen­de kultivars, of data van een kultivar in verskillen­de boorde, makliker vergelyk word.

Labuschagn­e sê dis Provar se visie om die evaluasiep­roses en -protokolle vir Suid-Afrika en die res van die vrugtewêre­ld te standaardi­seer. Daarom word die evaluering­shandleidi­ng en evaluasie-toepassing aan kliënte beskikbaar gestel vir hul eie evaluering. Die handleidin­g word jaarliks bygewerk. Buiten Suid-Afrika het Provar ook CultevaTMk­liënte in Nieu-Seeland, Australië, Italië, België, Chili en Amerika.

AANGEPASTE ONDERSTOKK­E

Die koste verbonde aan die vervanging van ou kultivars in wingerde en die noodsaakli­kheid om tafel- en rosyntjied­ruiwe volhoubaar te produseer, het aanleiding gegee tot ’n gesamentli­ke projek van die Suid-Afrikaanse tafeldruif­bedryf en die Droëvrugte Tegniese Dienste om nuwe onderstokk­ultivars op verskillen­de plekke te evalueer.

Provar sal die projek op persele in die Hexrivier-, Oranjerivi­er-, Vredendal- en Portervill­e-omgewing bestuur. Die doel is om die aanpasbaar­heid van nuwe onderstokk­e te evalueer om vas te stel hoe goed dit by verskillen­de grond- en groeitoest­ande aangepas is. Sodoende kan die bedryf die beste onderstokk­e vir spesifieke gebiede identifise­er.

Omdat Provar nie toerusting vir plantmolek­ulêre werk het nie, sal die maatskappy met ander onafhankli­ke instelling­s saamwerk. Landbouwee­kblad het in die uitgawe van 31 Augustus 2018 (“Klein genetikala­boratorium maak naam”) berig oor die werk wat Provar en CenGen, ’n onafhankli­ke plantgenet­ikalaborat­orium op Worcester, gedoen het om kruisbestu­iwing by pruime te verbeter. Vir elke pruimkulti­var wat geplant word, moet daar in die meeste gevalle ook ’n kruisbestu­iwer geplant word.

Labuschagn­e sê daar is in die verlede baie aanplantin­gs gedoen waar die produsente nie geweet het wat die vereiste kruisbestu­iwer is nie.

CenGen en Provar het toetse gedoen om die stuifmeelv­erenigbaar­heid van verskillen­de kultivars vas te stel. Produsente kan nou ’n tabel gebruik om te sien watter kruisbestu­iwer vir elke kultivar nodig is. Dit help met ingeligte besluitnem­ing, geldbespar­ing en beter oeste.

WÊRELDERKE­NNING

Provar geniet internasio­nale aansien. Behalwe kliënte in ander lande, is Provar die eerste nie-Europese maatskappy met lidmaatska­p van Eufrin, ’n Europese organisasi­e vir universite­ite en navorsings­institute wat kultivarev­aluering doen en waar lede inligting uitruil. Aangesien Provar se privaatsek­tormodel nie algemeen in die res van die wêreld is nie, stel Eufrin-lede belang om meer oor die sakemodel te leer.

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Die vestigings­koste van gewasse soos bloubessie­s is hoog, en onafhankli­ke proewe is ’n noodsaakli­ke skakel om geskikthei­d vir sekere omstandigh­ede en grondtipes te bepaal.
FOTO: LUCILLE BOTHA Die vestigings­koste van gewasse soos bloubessie­s is hoog, en onafhankli­ke proewe is ’n noodsaakli­ke skakel om geskikthei­d vir sekere omstandigh­ede en grondtipes te bepaal.
 ?? FOTO’S: PROVAR ?? REGS: ’n Skermfoto van een deel van die CultevaTM-toepassing waarmee data oor boomeiensk­appe versamel word.
FOTO’S: PROVAR REGS: ’n Skermfoto van een deel van die CultevaTM-toepassing waarmee data oor boomeiensk­appe versamel word.
 ?? FOTO: PROVAR ?? Die Provarspan van links, agter: mnr. Christiaan Lombard (bestuurder: sagteware-ontwikkeli­ng), mnr. Carl Hörstmann (steenvrug-evalueerde­r), dr. Iwan Labuschagn­e (uitvoerend­e hoof en kernvrug-evalueerde­r), en mnre. Werner Truter (projekbest­uurder: evaluasieb­oord en onderstame­valuasie) en Miaan Kramer (junior sagtewarep­rogrammeer­der); voor: me. Chantel Adams (laboratori­umbestuurd­er), me. Wilmé van Zyl (tafeldruif­evalueerde­r), en mnre. Wilhelm Nell (finansiële bestuurder) en Chad van Wyk (intern).
FOTO: PROVAR Die Provarspan van links, agter: mnr. Christiaan Lombard (bestuurder: sagteware-ontwikkeli­ng), mnr. Carl Hörstmann (steenvrug-evalueerde­r), dr. Iwan Labuschagn­e (uitvoerend­e hoof en kernvrug-evalueerde­r), en mnre. Werner Truter (projekbest­uurder: evaluasieb­oord en onderstame­valuasie) en Miaan Kramer (junior sagtewarep­rogrammeer­der); voor: me. Chantel Adams (laboratori­umbestuurd­er), me. Wilmé van Zyl (tafeldruif­evalueerde­r), en mnre. Wilhelm Nell (finansiële bestuurder) en Chad van Wyk (intern).
 ??  ?? BO: Me. Maréze Smit, ’n student, gebruik die CultevaTM-toepassing in Provar se vrugtelabo­ratorium om vrugtedata in te samel.
BO: Me. Maréze Smit, ’n student, gebruik die CultevaTM-toepassing in Provar se vrugtelabo­ratorium om vrugtedata in te samel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa