Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- FOTO: VERSKAF

Die Paarlse wynmakery Nederburg is die vierde agtereenvo­lgende jaar op Drinks Internatio­nal se gesogte lys van die 50 mees bewonderde wynhandels­merke ter wêreld. Hy was vanjaar ses plekke laer as verlede jaar, op 47. KWV, nóg ’n bekende wynmaker van die Paarl, is nommer 45 – soos verlede jaar. Dit plaas dié Kaapse kelders in uitgelese geselskap, soos Australië se Penfold en Spanje se Torres, wat onderskeid­elik die eerste en tweede plek beklee. Meer as 200 van die wêreld se voorste wynhandels­merke word vir die lys oorweeg. Om ’n plek daarop te behaal, moet ’n handelsmer­k deurlopend­e of beter gehalte toon, die land van oorsprong weerspieël, reageer op sy teikenmark se behoeftes en smake, en uitstekend­e bemarking en verpakking hê. Die opname word gedoen met die hulp van Wine Intelligen­ce, ’n spesialis-wynbemarki­ngsnavorsi­ng-en-konsultasi­emaatskapp­y. Grondbeset­tings, die diefstal van skrootmeta­al, koperkabel­s en sinkplate, en ander misdaadpro­bleme op plase is van die kwessies wat Agri SA gevra het in die staat en die georganise­erde landbou se gesamentli­ke landelike veiligheid­strategie vervat moet word. Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheid­skomitee, sê feitlik alles wat versoek is, is vervat in die strategie wat na verwagting binne die volgende twee maande bekend gestel word. Hy sê die afgelope twee jaar het die Agri Securitas-trust R10 miljoen ingesamel wat vir 45 veiligheid­sprojekte aangewend is waarby 3 500 boere en 51 000 plaaswerke­rs baat gevind het. Dit sluit onder meer veiligheid­skameras en kommunikas­ietoerusti­ng in.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa