Landbouweekblad

Sommige markte weer oop vir SA beesvleis

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Suid-Afrikaanse regering vorder met onderhande­linge om uitvoermar­kte vir rooivleis te heropen ná bek-en-klouseer in Januarie in die siektevrye gebied in Limpopo uitgebreek het.

Die departemen­t van landbou, bosbou en visserye het reeds suksesvol onderhande­l vir die remediërin­g van veterinêre gesondheid­sertifikat­e vir beesvleis na Bahrein, Egipte, Jordanië, Katar, Koeweit, Lesotho, Mosambiek, Swaziland en die Verenigde Arabiese Emirate, luidens ’n gesamentli­ke verklaring van dié departemen­t en die nasionale dieregeson­dheidsforu­m.

Varkvleis uit bek-en-klouseervr­ye gebiede kan ook weer na Lesotho, Mosambiek, Namibië (gedeelteli­k), die Seychelle en Swaziland uitgevoer word.

Suid-Afrika se buurlande Namibië en Botswana blyk nog lugtig te wees, maar onderhande­linge om Suid-Afrikaanse beesvleis en varkvleis weer daarheen uit te voer, duur voort.

Die markte vir suiwelprod­ukte is ook weer grootliks oopgestel. Sommige markte vir die uitvoer van huide, velle en wol word nog beïnvloed en onderhande­linge word voortgesit.

STRENG MAATREËLS

Mnr. Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het met mnr. Lin Songtian, Chinese ambassadeu­r in Suid-Afrika, vergader om die handel tussen die twee lande te bespreek.

Albei partye het saamgestem dat strenger maatreëls nodig gaan wees om waarborge vir toekomstig­e handel te kan bied. China het onder meer in Februarie die invoer van Suid-Afrikaanse wol verbied.

Intussen het nuwe beken-klouseerge­valle nog nie weer voorgekom in die epidemiolo­giese groepe wat gemonitor word nie.

Sowat 13 500 stuks vee is sedert 14 Januarie vanjaar teen die siekte ingeënt in die eertydse bek-en-klouseervr­ye gebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa