Landbouweekblad

Grondplan plaas private sektor, nie staat aan die stuur

-

’n Plan wat die herverdeli­ng van grond en die vestiging van swart boere deur inisiatiew­e van die private sektor kan versnel, maak voorsienin­g vir die boekstawin­g van alle grondtrans­aksies aan swart Suid-Afrikaners en ’n fonds waartoe enigiemand kan bydra.

Op ’n onlangse konferensi­e oor die herverdeli­ng van grond is ’n plan bekend gestel wat die private sektor met behulp van ’n grondhervo­rmingsfond­s en ’n stelsel vir die rekordhoud­ing en erkenning van alle grondtrans­aksies kan aanpak. Proff. Johann Kirsten, direkteur van die buro vir ekonomiese ondersoek aan die Universite­it Stellenbos­ch (US), en Nick Vink, hoof van die departemen­t landbou-ekonomie aan die US, sê die doel van hul plan is om te wys grondhervo­rming ís moontlik sonder om ’n noemenswaa­rdig ongunstige uitwerking op die ekonomie te hê of te veel druk op die staatskas te plaas.

Die konferensi­e is deur die universite­ite van Wes-Kaapland (UWK), Fort Hare en Rhodes by UWK aangebied. Hoewel een van die konferensi­egangers daarop gewys het dat daar ook korrupsie in die private sektor is, sê Kirsten en Vink hulle word deur die “burokratie­se werklikhei­d, inherent korrupte praktyke en die kaping van die proses deur elite-groepe” gedwing om ’n proses wat buite die staatstels­el plaasvind, voor te stel.

Hulle reken ’n grondhervo­rmingsfond­s is ’n unieke geleenthei­d vir Suid-Afrikaners om maatskapli­ke en finansiële kapitaal op te bou en ’n bydrae tot grondhervo­rming te lewer. “Die voorstel desentrali­seer die grondhervo­rmingspros­es deur kundigheid en kapitaal uit die private sektor te verkry, en ondersteun die regering se voorneme om werk te skep

en beleggersv­ertroue in die land te versterk.”

Kirsten en Vink glo hul plan skep geleenthed­e vir bevoorregt­e Suid-Afrikaners om deur hul bydrae die waardighei­d van minderbevo­orregte medeburger­s te help herstel en ’n regverdige­r verdeling van grondeiena­arskap te bewerkstel­lig. “Ons visier is gerig op die huidige eienaars van grond en eiendom in stedelike en landelike gebiede, kommersiël­e boere, landboubes­ighede en diegene wie se rykdom in ander bates lê.”

Hulle sê daar is ’n paar beginsels onderligge­nd aan hul plan. “Die herverdeli­ng van grond moet plaasvind op die vlak waar die kundigheid is – munisipale of distriksvl­ak.”

Die idee is om die herverdeli­ng van grond te bevorder, nie restitusie of die hervorming van besitreg nie. “Herverdeli­ng kan egter nie werk sonder die steun wat nuwe boere verwag nie, soos toegang tot kundigheid, markte, produksiem­iddele en krediet. Die regering het mense die afgelope 25 jaar toegang tot grond gegee, en toe besef die nuwe boere het ook ander vorme van ondersteun­ing nodig. Dié stelsels moet eers daar wees.”

Hoekom stel julle voor dat ’n deel van die bydraes (geld, grond en kennis) uit die private sektor moet kom, en nie alles uit staatsfina­nsiering nie?

Dit is alombekend dat die staatsbegr­oting onder groot druk is. Dit is dus onwaarskyn­lik dat die huidige begroting vir grondhervo­rming verhoog sal word om ’n noemenswaa­rdige impak te maak. Verder is dit uiters belangrik vir die suksesvoll­e en vinnige afhandelin­g van die grondhervo­rmingsproj­ek dat almal ’n bydrae lewer. Ons reken die mense die naaste aan die landbou kan die sinvolste bydrae lewer.

Die grondhervo­rmingsfond­s bied ook ’n geleenthei­d vir bydraes deur mense wat nie deur middel van grond en ander middele ’n bydrae kan lewer nie. ’n Bydrae, hetsy deur ’n skenking, die aankoop van Land Bank-skuldbriew­e of ’n rentevrye lening aan die fonds (kapitaalby­drae), is moontlik. Die hoofdoel is dat die finansieri­ngskoste so laag moontlik moet wees, sodat die lenings vir grondaanko­pe en oorbruggin­gsfinansie­ring aan nuwe boere gebied kan word teen die laagste moontlike koerse.

Waar sal die geld in die grondhervo­rmingsfond­s vandaan kom?

Grondhervo­rmingskuld­briewe wat deur die Land Bank uitgereik en deur die staat gewaarborg word. Beleggings in die skuldbriew­e sal deur plaaslike en buitelands­e beleggers gedoen word, asook multilater­ale en bilaterale skenkers en private beleggings­instelling­s wat maatskapli­ke doelwitte wil bevorder. Skenkings, veral skenkings deur die elite en internasio­nale hulporgani­sasies.

■ Modelle vir gesamentli­ke finansieri­ng, veral dié wat deur landboubes­ighede, groot kommersiël­e boere, eiendomson­twikkelaar­s en die handelsban­ke in werking gestel word. Landboubes­ighede en banke het hulle reeds deur Agbiz en die

Bankvereni­ging van Suid-Afrika daartoe verbind om die regering se besteding om grondhervo­rming te versnel, te ewenaar met ’n lening teen ’n voorkeurre­ntekoers en ’n vaste tydperk.

Wit boere was nie die enigste wit mense wat deur die vorige bedeling bevoordeel is nie. Eweneens woon die meeste van diegene wat deur apartheid bevoordeel is, in stedelike gebiede. Ons plan is om ’n beroep te doen op die finansiële­dienstesek­tor, die mynbou- en vervaardig­heidsektor en ander nie-landboubed­rywe om vrywillig by te dra. Dit is veral gerig op sakeondern­emings wat nie grond besit nie.

Hoe sal die skuldbriew­e werk?

Skuldbriew­e is hoe die Land Bank gewoonlik geld op die kapitaalma­rk bekom. Dit lewer ’n bepaalde en gewaarborg­de opbrengs en is feitlik in ooreenstem­ming met die koers op Suid-Afrikaanse staatseffe­kte. Die idee is om bloot meer skuldbriew­e uit te reik vir die spesifieke doel van die fonds. Die normale uitreiking van skuldbriew­e sal voortgaan vir die Land Bank se gewone handelsboe­k.

Hoe gaan julle die plan verkoop?

Die regering het nie geld nie. As individue en die kommersiël­e sektor kan help om grondhervo­rming te voltooi sonder dat dit die staat nog geld kos, is dit ’n bonus. Enige regdenkend­e regering sal dit gunstig aanvaar. Die enigste struikelbl­ok is om die regering te oortuig om die aansporing­smaatreëls en erkennings­telsels in werking te stel.

Hoe sal geld uit die fonds aan begunstigd­es beskikbaar gestel word?

Al die bronne van finansieri­ng behoort dit vir die Land Bank moontlik te maak om geld aan begunstigd­es (en kommersiël­e boere wat grond geskenk het) te leen teen gesubsidie­erde rentekoers­e en voordelige voorwaarde­s, soos uitgesteld­e terugbetal­ings en rentebetal­ings.

Banke staan huisverban­de vir tot 20 jaar toe, en die Land Bank en die Landboukre­dietraad het in die vorige bedeling verbande op grond toegestaan vir tot 40 jaar – selfs 65 jaar in die geval van die oorspronkl­ike besproeiin­gsnederset­tings. Met langer terugbetal­ingstydper­ke én rentekoers­subsidies sal heelwat meer mense dit kan bekostig om te boer.

Aangesien grond hoofsaakli­k sonder betaling bewillig sal word, sal die fonds meestal gebruik word om goedkoop finansieri­ng aan die skenkers en begunstigd­es te verskaf. Die nuwe boer kan dit gebruik om ’n boerdery te vestig. Op sy beurt kan die boer wat grond skenk, goedkoop kapitaal gebruik om die res van sy boerdery te versterk en uit te brei.

Die fonds sal ook die bron wees waaruit oorbruggin­gsfinansie­ring en produksiek­rediet aan nuwe boere beskikbaar gestel word as plaasverva­nger vir die regering se Casp-program. Die gedagte is dat dit werk volgens die terugbetal­ingsbegins­el teen standaardr­egeringsta­riewe. Dié subsidies sal egter slegs aangewend word vir onverskuif­bare infrastruk­tuur.

Hoekom sal jul plan ’n minimaal nadelige uitwerking op die ekonomie hê?

Die manier waarop grondhervo­rming in werking gestel is, het tot dusver die ekonomie geskaad. Die verkeerde “begunstigd­es” is gekies, mense is gedwing om te boer en groepboerd­ery is uit die staanspoor verdoem. Ons voorstelle is daarop gerig om beter belyn te word met elke distrik, bv. sy natuurlike hulpbronne.

Watter grond kan vinnig op kort termyn beskikbaar gestel word?

Ons stel voor ’n gronderver­delingsfon­ds en ’n virtuele fonds waar grond wat vir herverdeli­ng geïdentifi­seer is, “gehou” kan word totdat dit toegewys word. Diegene wat nie grond kan of wil skenk nie, kan finansieel bydra, en andersom.

Daar is ’n lang lys van potensiële skenkers van grond: Grond van boerderye waarvan die skuld die bates oorskry en waar die eienaars eienaarska­p prysgee in ruil vir skuldverli­gting; plase met groot skuld by die Land Bank; grond wat aan kerke en mynmaatska­ppye behoort; grond wat van afwesige eienaars onteien is; die onteiening van onbenutte en verlate landbougro­nd, munisipale grond en meente; staatsgron­d wat nie ten volle benut word nie, waaronder grond wat deur staatsonde­rnemings besit word; stedelike verhuurder­s; kommersiël­e boere; en grondhervo­rmingsplas­e wat in die nood is.

Die grondeiena­ars sal versoek word om grond vrywillig af te staan, tyd of kundigheid te gebruik om mentors vir nuwe toetreders te wees, in grondhervo­rmingskuld­briewe te belê of in ’n kombinasie van die drie.

Buiten ’n sluimerend­e patriotism­e of begeerte om die land te verbeter, watter redes is daar om in die fonds te belê?

Eerstens is daar die hoop dat deelname vir kommersiël­e boere politieke welwillend­heid sal skep, en tweedens is die voorstel dat daar tasbare voordele sal wees, soos toegang tot waterregte en punte op die telkaart vir swart ekonomiese bemagtigin­g. Dis beginsels wat met die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NOP) reeds deur die regering aanvaar is.

Watter moontlike aansporing­smaatreëls sal skenkers kan ontvang?

Toegang tot kapitaal teen voorkeurko­erse, grondregte met verblyfsek­erheid, waterregte en voorkeurto­egang tot markkontra­kte (soos uitvoerper­mitte), en ’n verminderd­e afhanklikh­eid van rompslomp wanneer goedkeurin­g en inwerkings­telling gesoek word.

Die lys kan langer wees, maar die belangriks­te is ’n maklike proses om grond te registreer en erkenning daarvoor te gee. Erkenning moet in die vorm van ’n voordeel wees. Waar bykomende waterregte ’n aansporing­smaatreël is, kan dit bestaande boere help om van hul grond te skenk en die water te gebruik om die res van die grond te ontwikkel.

Die aansporing­smaatreëls klink amper te goed om waar te wees.

Die regering het dit in beginsel en eksplisiet aanvaar toe hy die NOP aanvaar het. Die regering het nie geld nie, en die voorstel om die begroting vir grondhervo­ming te verdriedub­bel, gaan glad nie gebeur nie, maar terselfder­tyd moet grondhervo­rming plaasvind. Wat is dan beter as om die private sektor te kry om dit vír jou te doen? Al wat die regering moet doen, is om die regte aansporing­smaatreëls (en strawwe) in werking te stel met minimale koste en geen burokrasie nie. Die beginsels word reeds deur van die groter boere en landboumaa­tskappye toegepas, met uitstekend­e resultate.

Wat gaan nou met die voorstelle gebeur?

Ons hoop iemand luister ’n slag na ons voorstelle, en dat dit deur pres. Cyril Ramaphosa se grondhervo­rmingspane­el bespreek sal word en met behoorlike wetlike raamwerke verder gevoer word. Dit moet net nie verkeerd geïnterpre­teer en toegepas word nie, soos ná die voorstelle in 1994. Daardie voorstelle vir markgesteu­nde grondhervo­rming het geëindig in ’n staatsbehe­erde proses van marktransa­ksies wat teen ’n burokratie­se slakkepas gevorder en tot vandag se politieke ongeduld gelei het.

Hoe verkeerd het dinge nie uitgedraai nie, en dan neem almal die mark en die beginsel van ’n gewillige koper, gewillige verkoper kwalik. Alles wat ons in 1996 voorspel het verkeerd gaan loop, hét toe verkeerd geloop.

‘Alles wat ons in 1996 voorspel het verkeerd gaan loop, hét toe verkeerd geloop.’

 ??  ??
 ??  ?? Prof. Johann Kirsten
Prof. Johann Kirsten
 ??  ?? Prof. Nick Vink
Prof. Nick Vink

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa