Landbouweekblad

Elitekoei: Nguni

Vrugbaarhe­id én waardetoev­oeging is die suksessleu­tels van die Boesmanspo­ort-stoetery waaruit die Nguni-beesras se Elitekoei kom.

- NAVRAE: Mnr. Dawie Kotzé, e-pos: dawieko@gmail.com; 073 626 6873.

Buiten uitsonderl­ike eienskappe, soos vrugbaarhe­id en langlewend­heid, is die Nguni ideaal om op die veld mee te boer. Mnr. Dawie Kotzé teel gevolglik beeste wat in moeilike tye steeds presteer, en hou sy koste so laag moontlik. “Ek bestuur toestande deur my getalle aan te pas, en nie deur voer aan te koop nie.”

Die koei SW 10-21 voldoen aan die ras se moederlyne­ienskappe van uitstekend­e vrugbaarhe­id in moeilike toestande. Sy het in 2016 ’n tweeling – ’n versie en bulletjie – gespeen, wat haar een van twee koeie van die Boesmanspo­ort-stoetery maak wat sedert 2013 meerlinge opgelewer het.

Haar tussenkalf­periode (TKP) – tien dae korter as ’n jaar – is een van Kotzé se hoofseleks­iemaatstaw­we wanneer hy teelmateri­aal aankoop. Hy selekteer teelmateri­aal baie streng. Hy kyk ook na diere se langlewend­heid, aangesien die ekonomie van Nguni’s lê in die seleksie van ’n koei wat so vroeg moontlik, so gereeld moontlik en soveel keer moontlik kalf.

Ná ’n loopbaan van 40 jaar as siviele ingenieur het Kotzé hom in Junie 2013 op die plaas Middelwate­r gevestig. Hy het op aanbevelin­g van dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekers­vereniging besluit

om met Nguni’s te boer.

Die plaas is toe ingevolge ’n wawielbegi­nsel in kampe van 45 ha verdeel met die oog op die toepassing van hoëdrukbew­eiding. Die hele plaas se watervoors­iening word met behulp van ’n sonpomp en opgaartenk onder swaartekra­g versprei. Die koeie word weekliks na ander kampe verskuif.

Kotzé het hom aangesluit by mnr. Danie van Zyl, sy swaer, wat toe reeds die stoetery bedryf het. Kotzé het intussen die stoetery oorgeneem.

PRESTASIET­OETSING

“My hoofkriter­ium vir die aanskaffin­g van my stoetbeest­e was ’n lae TKP. Van die begin af het ons prestasiem­eting toegepas. Die ingenieur in my wat alles wil meet, het gesorg dat alle beeste maandeliks geweeg word.”

Kotzé heg ewe veel waarde aan fenotipies­e en genotipies­e oorwegings in die beoordelin­g van sy beeste, want “albei stelle inligting is belangrik. Prestasiet­oetsing is belangrik. Die uitslae is ook waardevol met bemarking. Jy moet ’n koei met die oog takseer, maar prestasiet­oetsing help om die beste diere in jou kudde op papier te identifise­er”.

Aanvanklik het die bulle permanent by die koeie geloop, met die gevolg dat die gemiddelde TKP van die kudde onder 365 dae was. “Uit ’n bestuursoo­gpunt en om prestasieb­eoordeling beter toe te pas, is in 2017 besluit om wel ’n kalftyd in te stel.”

Die bulle loop 60 dae lank (April en Mei) by die koeie. Die koeie kalf in Januarie en Februarie wanneer voldoende weiding in die streek se reëntyd beskikbaar is. Die koei is gevolglik weer in goeie kondisie teen paartyd.

Die beeste kry slegs sout deur die jaar as byvoeding en ’n proteïenle­k in die winter.

Ongeag of dit ’n droë of goeie jaar is, beraam Kotzé gedurig planne om die gehardste koeie uit te soek. Sy stoetkudde is die afgelope tyd verminder tot 25 teelkoeie en nog 25 vroulike diere wat vir kruistelin­g gebruik word. Die verse word verdeel in ’n trop wat as rasegte vervanging­sdiere geoormerk word, ’n trop wat as oortollige verse op veilings bemark word, en die kruistelin­gtrop.

Enkele bulkalwers word as teel- of veilingdie­re afgerond, terwyl die res in ’n osvertakki­ng bestuur word.

KRUISTELIN­G

Kotzé laat hom nie afskrik deur uitsprake oor die Nguni se ongewildhe­id by voerkrale nie. “Nie alle Nguni’s is klein nie. Ek selekteer vir diere wat goed kan groei. Ek vaar goed deur my osse die afgelope twee jaar in ’n goedgekeur­de versnittin­gsaanleg op die plaas te verwerk en regstreeks aan ’n verbruiker­smark te lewer.”

Hy het hom in 2017 ook op kruistelin­g begin toespits. Hy gebruik rooi AngusWagyu-kruisbulle by Ngunikoeie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Nguni-elitekoei vir 2019, SW 10-21. INLAS: Mnr. Dawie Kotzé.
Die Nguni-elitekoei vir 2019, SW 10-21. INLAS: Mnr. Dawie Kotzé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa