Landbouweekblad

Nuttig & nuut

- NAVRAE: Mnr. Colin Bremner, e-pos: colin@ksba.co.za, www.ksba.co.za, 012 802 0696.

Hulpbronne raak ál skaarser, en kosproduse­nte moet dit so doeltreffe­nd moontlik gebruik. Met akwaponika word die minimum water gebruik om groente (en selfs vrugte) van uitstekend­e gehalte te produseer. Vis word ook in dieselfde boerdery geprodusee­r.

Mnr. Colin Bremner van Kleinskuur-akwaponika naby Cullinan in Gauteng, het ’n doeltreffe­nde akwaponika-stelsel ontwerp. Die grootte kan aangepas word om in ’n agterplaas te pas, of as ’n volskaalse kommersiël­e grootte om jaarliks tot 50 ton tilapia en net soveel groente te lewer.

Die stelsel begin by die vistenks. Die visuitskei­dings, wat baie voedingsto­wwe bevat, word gesirkulee­r om deur bakterieë in voedingsto­wwe vir plante omgeskakel te word.

“Die verrykte water word dan in damme gepomp waarop drywende plantskink­borde lê. Die groente word daarop verbou. Lug word ook in die groeibadde­ns ingeblaas om groei aan te help, en die water word van die plante na die visse hersirkule­er. Binne die stelsel neem dit sowat 500 ml water om 150 g blaarslaai te kweek – dit is 4-5% van konvension­ele verbouing se behoefte van sowat 12,5 liter.”

Die stelsel kan geoutomati­seer word sodat kragonderb­rekings geen nadelige uitwerking daarop het nie. Watersirku­lasie moet egter binne 12 uur hervat word.

Bremner se ontwerp kan tot op ’n stuk grond van 15 m x 6 m opgerig word. ’n Gemeenskap­stelsel of semi-kommersiël­e stelsel benodig 30 m x 10 m.

PRYS: Op aanvraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa