Landbouweekblad

Aftreefond­se vir lojale werkers

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Dit is in werknemers én werkgewers se belang as boere betroubare werkers help om toegang tot aftreefond­se en begrafnisd­ekking te kry.

Alle werkgewers, ook dié in die landboubed­ryf, is afhanklik van goeie en betroubare werknemers. Ek is daarvan oortuig dat u as boer deeglik bewus is van alles wat met werknemers kan skeefloop ten opsigte van beserings, ongeskikth­eid en afsterwe. Daar is egter ook gevalle waar die plaaswerke­r sy hele lewe lank vir u gewerk het en nou weens ouderdom of swak gesondheid die tuig moet neerlê.

Die werklikhei­d van talle plaaswerke­rs is dat hulle by aftrede, nadat hulle soms tot 35 jaar lank vir ’n boer gewerk het, heel moontlik ’n laaste salaris sal ontvang, daarna vir ’n tydperk werklooshe­idsverseke­ring kan eis, maar dan ten volle afhanklik sal wees van die staat se ouderdomsp­ensioen.

Ná die onlangse begroting het laasgenoem­de tot ’n skrale R1 780 per maand gestyg. In baie gevalle moet die werker ook die plaas verlaat ná ’n ooreengeko­me tydperk en self vir ’n nuwe heenkome betaal.

Aftree-hervorming, veral vir plaaswerke­rs, is al die afgelope paar jaar hoog op die regering se sakelys. Dit hou slaggate vir kommersiël­e boere in.

Sowat 70% van die ongeveer 600 000 heeltydse plaaswerke­rs behoort nie aan ’n

aftreefond­s nie, maar dit behoort in die nabye toekoms te verander.

DIE OPLOSSING

Dit is nou reeds moontlik vir u as boer om u heeltydse werknemers se voordeelst­ruktuur aan te pas om voorsienin­g te maak vir tekortkomi­nge. U voldoen nie net aan moontlike toekomstig­e wetgewing nie, maar dié voordele kan u ook help om goeie plaaswerke­rs aan te stel en te behou.

Om dit maklik te maak, is daar deesdae heelwat planne beskikbaar wat die tekortkomi­nge oorbrug. Die planne is nie ingewikkel­d nie, hou min uitgawes in en is maklik om te administre­er. Die planne is ook bekostigba­ar vir die werknemer en -gewer.

Dit kan in werking gestel word vanaf net vyf werkers met ’n minimum bydrae van 8,5% van die werker se loon, wat die boer en plaaswerke­r in enige verhouding kan deel.

Dit is baie belangrik dat hierdie plan met die werknemer bespreek word en dat enige aftrekking­s op skrif ooreengeko­m word voor dit toegepas word.

Die soort plan waarvoor u en die werknemers in aanmerking sal kom, hang af van hoeveel werknemers in u diens is. Indien dit net vyf werknemers is, sal die plan heel moontlik standaard wees. Alle werknemers sal dieselfde voordele ontvang, en die beleggings­keuses sal beperk word. Hoe meer werknemers aan die plan behoort, hoe meer keuses, opsies en beheer sal vir die boer en plaaswerke­r beskikbaar wees.

Die planne maak voorsienin­g vir:

■ Aftrede, lewensdekk­ing en ’n permanente ongeskikth­eidsvoorde­el wat sonder ’n wagtyd uitbetaal word as die plaaswerke­r heeltyds ongeskik verklaar word.

■ ’n Tydelike ongeskikth­eidsvoorde­el wat die boer sal help om die werker se loon te betaal totdat hy weer kan werk.

■ Begrafnisd­ekking vir die werker en sy naaste familie, asook ’n begrafniso­ndersteuni­ngsdiens wat help met die vervoerkos­te van die oorledene.

Hierdie planne bied ’n uitstekend­e manier om die plaaswerke­r eerstens te help om vir sy eie aftrede te spaar. Tweedens kan die werknemer op sy loonstaat sien watter finansiële bydrae sy werkgewer lewer, afgesien van sy salaris. Dit skep ’n langtermyn­voordeel en gemoedsrus vir die plaaswerke­r, sy familie én die boer.

Hoe vroeër hierdie plan in werking gestel word, hoe groter sal die voordeel op lang termyn vir die plaaswerke­r wees.

Gesels met u geakkredit­eerde finansiële raadgewer oor korporatie­we voordele wat aan u en u werknemers gebied kan word. Maak seker dat u volledige inligting bekom oor die verskeiden­heid planne wat beskikbaar is, die nasorgdien­s van die instelling, toegang tot inligting en die buigsaamhe­id van die gekose plan sodat u ’n ingeligte besluit kan neem volgens u en u werkers se behoeftes.

Me. Daleen Harris is ’n regsadvise­ur by Old Mutual se afdeling persoonlik­e finansies in die noordelike streek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa