Landbouweekblad

Só raak konflik SA se sojapryse

Die uitkoms van die handelskon­flik tussen China en Amerika is nog onseker, maar indien China invoertari­ewe ophef, behoort die prys van sojabone te styg en dit sal plaaslike sojaboonpr­yse ondersteun.

-

China beywer hom daarvoor dat Amerika alle invoertari­ewe wat reeds ingestel is, teen einde April moet ophef. Amerika kan egter steeds sekere invoertari­ewe toepas om sy eie bedrywe teen goedkoper Chinese invoer te beskerm.

Die handelsoor­eenkoms wat teen einde April bereik moet word, het eerstens ten doel om die handelstek­ort van $200 miljard wat Amerika teenoor China het, te verminder. Die tweede oogmerk is om die onbillike, en in sommige gevalle diskrimine­rende, behandelin­g wat Amerikaans­e ondernemin­gs op die Chinese mark ervaar, aan te pak. Dit sluit gevalle in waar besighede waardevoll­e tegnologie aan China moet oorhandig.

Volgens die Amerikaans­e sakekamer kan dié land se bruto binnelands­e produk met tot $1triljard oor die volgende tien jaar

krimp indien die tariewe so lank van krag bly. Teen 15 Junie verlede jaar het Amerika tariewe gelykstaan­de aan $50 miljard op invoer uit China ingestel. China het onmiddelli­k gereageer en tariewe van 25% op Amerikaans­e invoer ingestel. Die uitvoer van Amerikaans­e sojabone het gevolglik met 12% afgeneem, terwyl die Amerikaans­e eindvoorra­ad teen einde September 2018 met 106% toegeneem het. Die gemiddelde produsente­prys in Amerika het met 8% gedaal.

Sojaboonpr­yse in Suid-Afrika het nie die daling in Amerikaans­e pryse nagevolg nie. Inteendeel, dit het gestyg, wat toegeskryf word aan die verswakkin­g van die rand teenoor die dollar. Die rand het op ’n jaargronds­lag met sowat 20% verswak.

Dit het plaaslike produsente­pryse teen die Amerikaans­e daling in pryse verskans. Sojaboonpr­yse in Suid-Afrika het van ’n gemiddelde prys van R4 630/ton tot R4 766/ton gestyg.

Die laat reën en droogte het ook daartoe bygedra dat sojaboonpr­yse in Suid-Afrika gestyg het. Suid-Afrika is ’n netto invoerder van olie en oliekoek. Volgens die Landboubem­arkingsraa­d se vraag-en-aanbodkomi­tee moet die land tot einde Februarie 2020 125 000 ton sojabone invoer.

Amerikaans­e sojaboonpr­odusente hoop hul land en China kan teen einde April ’n ooreenkoms bereik, en veral dat dit China se algehele opheffing van invoertari­ewe op sojaboonin­voer uit Amerika insluit. Amerika het reeds aangedui dat alle invoertari­ewe nie noodwendig opgehef sal word nie. Sodra China die invoertari­ewe ophef, sal die prys van sojabone na verwagting styg, en dit behoort plaaslike sojaboonpr­yse te ondersteun.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa