Landbouweekblad

Om ’n spiesbok te vang

‘Spiesbok’, het die Belgiese meisie by Sossusvlei gesê toe ek aan haar vra of hulle die mooi gemsbokke op pad gesien het. ’n Beter beskrywing het ek nog nie gehoor nie — en dit het my twee keer laat dink oor ons plan om gemsbokke te gaan vang.

- Ben Fourie is ’n geweergees­driftige van Port Elizabeth.

Sy het my vraend aangekyk toe ek van ’n gemsbok praat. My beskrywing het haar breed laat glimlag. Toe moes ek hoor dat ’n gemsbok in haar taal ’n heel ander soort bok is – ’n chamois. Hulle is wydverspre­id in veral die Europese bergagtige streke. Wat hulle wel gesien het, is “spiesbokke”, en ’n beter beskrywing het ek nog nie gehoor nie. Staan maar agterop ’n bakkie met ’n vangriem om een van hulle se horings en begin hom nader sleep, dan is al wat jy sien daardie twee dodelike “spiese”.

Stories is volop oor hoe ’n gekweste gemsbok klippies wat jy na hom gooi, met sy horings wegslaan. Ek meen ’n mens moenie klippies na ’n gekweste bok gooi nie, maar hom so gou moontlik doodkry. Wat blykbaar wel waar is, is dat ’n gemsbok wat sy agterlyf in ’n doringbos gewikkel het, kans sien vir ’n leeu.

Dít het my laat wonder of ons darem nie ’n baie mal perd opsaal om gemsbokke met vangrieme van die bakkie af te wil vang nie.

DIE GROOT PLAN

Die plan was om met twee bakkies eers ’n jongerige koei of ’n vers van die trop af te keer. Dan sou ons só ry dat die bok tussen die twee voertuie hardloop. Deur dan al nader aan mekaar te beweeg, sou ons haar algaande vaskeer.

Ek, Koot en ’n Nama-plaaswerke­r was op die 1978 Land Cruiser en Frikkie en sy helper saam met oom Coenie Nolte op ’n 1964 Ford F100. My en Frikkie se werk was om agter ’n werker te staan en hom vas te hou sodat hy met albei hande die vangstok en riem kon hanteer. Sodra hy die riem om ’n bok se horings het, hou ons stil en sleep die bok aan die vangriem tot teen die bakkie. Dan word sy deur die bak se tralies aan die horings gegryp, en dan klou jy letterlik vir lewe en dood. Die ander spring dan van die bakkies af en sit stukke plastiekpy­p oor die horings en draai ’n stuk goiingsak om die kop.

WOESTE GEJAAG

So gesê so gemaak, maar die bokke wou nie saamspeel nie. Ek het nog nooit so ’n jaery beleef nie. In ’n stadium toe die Ford weer uit ’n stofwolk te voorskyn kom, sien ek van Frikkie net twee pieringgro­otte oë. Hy het my later vertel dat ek self ook bra verskrik gelyk het met my swart baard spierwit van die stof en ’n paar oë wat meer soos borde as pierings gelyk het.

Op die plaas was ’n groot en diep gruisgat waar die paaiedepar­tement gruis vir die pad uitgehaal het. In ’n stadium het ons met die Cruiser reg op die gat afgejaag, maar met die genade darem by dieselfde punt as waar die vragmotors ingery het om gruis te laai. Ons is dwarsdeur en weer uit. As ons hom van die kant af getref het, was dit doodsake.

HOND SE HULP

Omdat die bokke groot dele kon hardloop waar ’n bakkie nie kan kom nie, het hulle ons telkemale geflous. Ons het met groot gesukkel een bok gevang gekry.

Toe kom een van die werkers se honde tot ons redding. Ons het weer ’n bok afgekeer toe die hond dink dit is ’n lekker speletjie. Sy hoek was met die eerste lopie ’n bietjie uit en die bok het hom sommerso in die hardloop met die agterpoot geskop dat hy daar rol. Toe hy daar opstaan, het hy sy hoek reggekry, die bok ingeloop en netjies aan die oor gegryp. Sy het net daar gaan staan en ons kon gou die riem om haar horings kry. Só het ons uiteindeli­k vier bokke gevang.

My hande was dae lank seer soos die bokke my met die horings teen die tralies bewerk het. As julle nie die storie glo nie, bel vir ds. Frikkie van der Merwe van Newcastle. Dominees mag nie lieg nie.

’n Gemsbok wat sy agterlyf in ’n doringbos gewikkel het, sien kans vir ’n leeu.

 ??  ?? ’n Troppie gemsbokke met hul kenmerkend­e horings, want sterk aan spiese herinner.
’n Troppie gemsbokke met hul kenmerkend­e horings, want sterk aan spiese herinner.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa