Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

- — JOHAN NORVAL

Die vraag na Meatmaster­s op veilings in die Noord-Kaap, Vrystaat en in Pretoria het sedert Oktober 2018 betreklik stabiel gebly.

Die veiling van die Meatmaster-klub Kalahari/Karoo op Upington het verlede November die hoogste prys sover vir ’n ram opgelewer. Die ram (van mnr. Jean du Plessis van Strydenbur­g) is teen R24 500 aan mnr. A. van Zyl van Kakamas verkoop. Altesame 64 ramme is teen gemiddeld R6 256 verkoop, terwyl 82 ooie gemiddeld R1 832 behaal het.

In Januarie vanjaar was die duurste ram op die Bo-KarooMeatm­aster-veiling op Hopetown R10 000. Die ram is deur mnr. JP du Plessis van Hopetown geteel en die koper was mnr. Riaan Liebenberg van Upington. Altesaam 50 ramme is teen gemiddeld R4 040 verkoop, terwyl ooie gemiddeld R2 554 behaal het en ooilammers gemiddeld R1 900.

Op nog ’n veiling in Januarie, dié van die Meatmaster-stoetery Grasveld naby Kroonstad, is ’n ram van mnr. Willem Steenkamp van Calvinia teen R22 000 aan mnr. Greyling Jordaan van Bothaville verkoop.

Die duurste dier op Askham se Meatmaster­veiling in Oktober 2018 was R12 500 wat aan mnr. Herman Nel van Brits verkoop is. Die teler was mnr. Jean du Plessis van Strydenbur­g

Die duurste ram op Transveld-Meatmaster­s se veiling naby Pretoria het R18 000 behaal. Die koper was mnr. Etienne de Lange van Hartbeespo­ort en die teler mnr. Hercu van Niekerk van Modimolle. Stoetramme het gemiddeld R9 136 behaal en stoetooie gemiddeld R5 011.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa