Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand? Heel vis met speserybot­ter in ’n soutkors Soetsuur varktjops

Dis die einde van die maand, maar al is die beursies dalk dun of die ete-idees min, het ons toetskombu­is ’n paar planne vir sakpas, moeitelose aandetes vir die week wat voorlê.

-

de ham of gebraaide spekvleis vervang.

8 groot tamaties ■ 150 g geroomde maaskaas ■ 1 blik (170 g) tuna in water, ■ gedreineer 2 eiers, geklits ■ Sap en fyngeraspe­rde skil van ■ ’n halwe suurlemoen Sout en varsgemaal­de swartpeper ■ na smaak Olyfolie ■ Vars pietersiel­ie, fyngekap ■

Voorverhit die oond tot 190 °C. Sny die bokant van elke tamatie af en skep die pitte en vleis uit, sodat daar ’n bakkie in elke tamatie vorm. Pak die uitgeholde tamaties in ’n oondbak. Klop die geroomde maaskaas, tuna, eiers, suurlemoen­sap en -skil, en sout en peper goed saam. Vul die tamaties met die maaskaas-tunamengse­l, geur weer met sout en peper en bedruip met olyfolie.

Bak vir ongeveer 25 minute tot die vulsel ferm is en die tamaties se skille begin verrimpel. Sprinkel pietersiel­ie oor en sit voor met vars brood en slaai. Lewer 4 porsies. Dié manier van vis gaarmaak laat elke greintjie geur en sappigheid behoue bly.

Vis

1 heel vis van ongeveer 1,2 kg

■ (skubbe en binnegoed verwyder), teen kamertempe­ratuur Sout en peper na smaak ■ 80 g sagte botter ■ 5 ml paprika ■ 5 ml seekosmasa­la ■ Fyngeraspe­rde skil en sap van ■ 1 suurlemoen 30 ml vars pietersiel­ie, fyngekap ■

Soutkors

750-900 ml growwe seesout ■ 3 eierwitte, liggies geklits ■

Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n oondbak waarin die vis gemaklik sal pas, met ’n vel waspapier uit. Bespuit die papier liggies met kleefweren­de kossproei. Vou die vis oop en geur die binneholte liggies met sout en peper. Klop die botter, paprika, seekosmasa­la, suurlemoen­skil en -sap en pietersiel­ie goed saam en smeer dit egalig in die binneholte van die vis. Vou die vis toe.

Meng die sout met net genoeg van die eierwit sodat dit soos klam seesand voel, maar steeds vormbaar is. As die mengsel ’n bietjie droog is, voeg ’n paar druppels water by om dit aan te klam. Skep ’n bed van die klam seesout op die vel waspapier en sit die vis daarop neer. Bedek die bokant van die vis met die res van die klam soutmengse­l. Maak seker die sout vorm ’n egalige laag om die vis en is oral ewe dik. Bak die vis vir sowat 30 minute.

Haal die vis uit die oond en laat dit vir 7-10 minute staan voor jy die harde soutkors met ’n mes of houtlepel breek en van die vis afhaal. Sit voor met slaai, aartappels, vars suurlemoen en goeie olyfolie.

Lewer 4-6 porsies. Sagte varktjops in ’n liplekker sous smaak vorentoe saam met aartappelg­ebak of kapokaarta­ppels en ’n vars slaai.

4-6 varktjops ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper ■ Olie, vir braai ■

Sous

30 ml sojasous ■

1 ml droë gemmer ■

125 ml soetrissie­sous ■

60 ml bruinasyn ■

60 ml blatjang ■

60 ml tamatiesou­s ■

250 ml water ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper ■ Fyngekapte pietersiel­ie of tiemieblaa­rtjies, ■ om oor te sprinkel

Geur die tjops met sout en peper en braai dit in ’n bietije olie in ’n groot pan tot bruin. Meng

al die bestanddel­e vir die sous saam en giet dit oor die varktjops in die pan. Verhit tot kookpunt, bedek die pan en prut oor lae hitte vir 20-30 minute (of langer, na gelang van die dikte van die tjops) tot die tjops sag en gaar en die sous effens afgekook is. Sprinkel vars pietersiel­ie of tiemie oor en sit voor met ’n aartappelg­ereg van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

Laevet-pasta met frankfurte­rs en sampioene

Pleks van room of ’n ryk witsous kry hierdie pastagereg ’n sous van maaskaas en eier, wat die vetinhoud aansienlik verlaag. Frankfurte­rs gee ’n heerlike, rokerige geur aan die gereg.

1 pak (500 g) pasta van jou keuse 5 frankfurte­rs, in ringetjies gesny 15 ml olie

15 ml botter

250 g sampioene, gesnipper

1 houer (250 g) geroomde maaskaas Sout en varsgemaal­de swartpeper

■ na smaak

Sap van ’n halwe suurlemoen 2 ekstragroo­t eiers

80 ml parmesaank­aas, fyngeraspe­r

Kook die pasta in ’n groot kastrol vinnigkoke­nde soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die frankfurte­rstukkies in ’n bietjie olie in ’n pan tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Smelt die botter in dieselfde pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Voeg die sampioene by die frankfurte­rs. Dreineer die pasta en meng dit met die sampioene en frankfurte­rs.

Klits die maaskaas saam met sout en peper na smaak, suurlemoen­sap, eiers en parmesaank­aas. Roer dit deur die pasta-en-frankfurte­rmengsel. Skep in ’n oondbak en bak vir ongeveer 30 minute tot deurwarm en goudbruin. Sit voor met ’n mengelslaa­i. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa