Landbouweekblad

UINTJIES SONDER GIF OF CHEMIE GEPOOTJIE

-

Mnr. Chris Pretorius gebruik geen chemiese middels in die grond teen siektes en plae nie. Hy gebruik selfs nie eens meer onkruiddod­er nie, omdat dit grondlewe doodmaak. Hy het ’n nuwe stuk grond begin huur waarop rooi-uintjies soos ’n grasperk gestaan het.

Met die hulp van mnr. Freddie Bredenhann, ’n grondgeson­dheid- en herlewings­boerderyko­nsultant by Shortlands-landboudie­nste, kon hulle met biologiese grondregst­ellings die grondgehal­te só verbeter dat die uintjies nou so te sê iets van die verlede is.

Die gebruik van biologiese middels om die rooi-uintjies te bekamp was ’n doelgerigt­e

besluit om grondlewe te bewaar, maar ook omdat daar weinig chemiese middels beskikbaar is wat doeltreffe­nd daarteen ingespan kan word. Bredenhann het aanbeveel dat 150 kg humate en 60 liter swael per hektaar net ná grondvoorb­ereiding tot die grond toegevoeg word.

Volgens Bredenhann bring hierdie behandelin­g mee dat ’n goeie grondstruk­tuur gevestig word en die grond beter deurlug word. “Rooi-uintjies floreer in grond wat toegeslaan is. Ons maak dus nie die uintjies vrek nie, ons verander bloot die omstandigh­ede om dit vir hulle moeilik te maak om te floreer.

“Die swael (S2-) bind aan die magnesium(Mg2+), kalium- (K1+) en natrium- (Na1+) anione en sorg dat dit geloog word. Hierdie anione bind aan kleideeltj­ies, wat die grondstruk­tuur afbreek. Wanneer die kalsium (Ca2+) in die anione se plek aan die kleideeltj­ies bind nadat die sulfate hul werk gedoen het, flokkuleer die grond in baie groter dele, wat lug en dus suurstofin­dringing in die grond verbeter. In sulke omstandigh­ede kan die rooi-uintjies nie floreer nie en hulle begin verdwyn,” sê Bredenhann.

Die humate bind ook aan kleideeltj­ies en help dus verder om die flokkulasi­e in die grond aan te help.

Pretorius was aanvanklik skepties oor Bredenhann se planne. “Dit is nou twee jaar later en die rooi-uintjies is bykans nie meer teenwoordi­g op daardie land nie.”

Bredenhann het al vantevore hierdie resep met geel-uintjies probeer, maar nie dieselfde resultate gekry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa