Landbouweekblad

SCHOONBEE-SPAN MAAK SKOONSKIP OP SOKKERVELD

- – JASPER RAATS

DIE plaaswerke­rsokkerspa­n van Schoonbee-landgoed naby Marble Hall het vanjaar met die louere weggestap as Limpopo se topspan in die Game of Starssokke­rliga. Dié span het die span van Richmond Kopano-boerdery naby Hoedspruit in die eindstryd van die liga by die Ranch Hotel naby Polokwane met 2-1 geklop.

Die sokkerliga is ’n projek van die Mark Fish-stigting en Agri Limpopo, wat sokkerspan­ne van boerderye in die provinsie help

om in ’n formele liga teen mekaar mee te ding. Die spelformaa­t van die liga is Fast Footie, wat Fish, ’n voormalige Bafana Bafana-speler, ontwikkel het. Daar word net 20 minute aan ’n kant gespeel. Elke kaptein kry die geleenthei­d om te kies wanneer hy ’n kragspelse­ssie van vyf minute wil afdwing. Die ander span moet dan drie spelers op die kantlyn laat sit.

Die spanne van tien boerderye het vanjaar deelgeneem. Hulle was Midway Fruits en Mockford Farms van die distrik Capricorn, Miami Canners en die Mahela-groep van die distrik Mopani-Wes, Maroi-boerdery en Noordgrens-landgoed van die distrik Vhembe, Bavaria-vrugteland­goed en Richmond Kopano-boerdery van die distrik Mopani-Oos, en Schoonbee-landgoed en Rooiblom-landgoed van die distrik Sekhukhune.

PRYSGELD

Schoonbee-landgoed se span het prysgeld van R10 000 gewen en die Game of Stars-trofee verower, en drie van die span se spelers is in die Agri United-span opgeneem. Agri United is ’n Limpopo-plaaswerke­rspan wat deur Fish saam met mnre. Eddie Motale en Chris Manoka uit al die deelnemers gekies is.

Hierdie 22 spelers reis vandeesmaa­nd na Pretoria, waar hulle spesialisa­frigting sal ontvang, voor hulle op 15 November in ’n vriendskap­like wedstryd in die Lucas Moripe-stadion teen Supersport United te staan kom.

Fish het die spelers gelukgewen­s met die hoë-gehalte sokker wat hulle gespeel het. “Daar is ’n merkbare verbeterin­g in die standaard van jul spel sedert ons verlede jaar met die liga begin het,” het hy by die prysuitdel­ing gesê. “Die spel was vinnig, opwindend en aanskoulik.”

Hy het die provinsie se boere bedank dat hulle so ver gereis en tyd opgeoffer het om hul werkers te ondersteun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa