Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

SUID-AFRIKA se debakel met geboortese­rtifikate wat vereis word vir kinders wat oor die grens reis, het Suid-Afrika ’n fortuin gekos aan verlore toerisme. Die oplossing, hoe laat ook al – ’n kwytskeldi­ng is eers vroeg November onderteken ná die veranderin­g maande gelede reeds gemaak is – is welkom. Dit is egter kenmerkend van hoe pynlik stadig en omstrede hervorming­sprosesse is, en hoe breed die gaping kan wees tussen veranderin­ge wat pres. Cyril Ramaphosa belowe ten einde die ekonomie aan te help, en die toepassing daarvan (of nie) deur staatsdepa­rtemente.

Die visumkwyts­keldings was minstens ’n begin, en daar was onlangs ander, sterker verrassing­s – veral Okosa wat skielik begin het met die langverwag­te opveiling van hoëfrekwen­sie-breëbandsp­ektrum. ’n Agt jaar lange gesloer met waterlisen­sies is ook net voor die beleggings­konferensi­e verbreek, wat nuwe landboupro­jekte moontlik sal maak.

Een meganisme wat baie gehelp het, is die maandeliks­e werkberaad-vergaderin­g onder leiding van Ramaphosa, wat gebruik word om ministers verantwoor­dbaar te hou oor hoekom hulle nie beloofde hervorming­s ’n werklikhei­d gemaak het nie. Nog een is ’n nuwe projekkant­oor wat binne die president se kantoor gevestig is om die hinderniss­e binne die regering uit die weg te probeer ruim.

Die nuwe daeraad wat Ramaphosa beloof het, blyk egter ’n stadige reaksie te wees tot ’n ekonomie wat in ’n krisis verkeer. Die gebrek aan sigbare dringendhe­id is besig om die president heelwat van die geloofwaar­digheid te kos wat hy vroeg in sy ampstermyn opgebou het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa