Landbouweekblad

GEBREK AAN WERK GLO AGTER DE DOORNS-OPROER

-

Die N1 by De Doorns was etlike dae lank gesluit nadat oproerige inwoners voorverled­e week begin het om die pad af te sper. ’n Vragmotor wat TV’s vervoer het, is onder meer geplunder nadat die bestuurer verhinder is om verder te ry.

Me. Eldrina Witbooi, organiseer­der van die plaaswerke­rregte-organisasi­e Women on Farms op De Doorns, sê die oproermake­rs is glo ontevrede omdat hulle nie werk het nie.

Sy vrees dat oproermake­rs, soos in 2012, die dorp gaan invaar en plaaswinke­ls ook gaan begin plunder.

JOHANN PRAEG skryf: Dit is ’n leuen. Dit is nou pluktyd.

SUE VISSER skryf: Asseblief. Dan gaan soek jy op ’n ander plek werk! Swak verskoning om te steel.

HELEEN HOFFMANN BOTHA skryf: Dan dra jy ’n vragmotorv­rag TV’s weg? Belaglik.

ESTELLE VAN DER MERWE skryf: Breek af en verwoes . . . Sal dit die probleem oplos?

ENSLIN BLANKENBER­G skryf: Ek het oor die jare al baie swart mense van die Oos-Kaap gevra hoekom hulle 1 000 km van hul huis af wegtrek om teen R400 per week te kom werk. Die antwoord was altyd dieselfde: Hulle is aangesê om daar te gaan bly en die grond vir hulle te vat. Nou kan ek nie verstaan nie. Die DA is nou wel in beheer van die Wes-Kaap, maar die ANC van Suid-Afrika. Hoekom lug hulle nie hul besware by die leiers wat nou in hoë poste is nie? Ná al die jare weet hulle mos in die Wes-Kaap is net ’n paar myne en ’n klompie wingerd- en vrugteplas­e waar hulle nou steeds minder as R1 000 per week sal kry. Met watter verwagting kom hulle hierheen? En as iemand hulle belieg het, hoekom dan nie hul besware met daardie party opneem nie? Laastens, as ’n werkgewer die plaaslike mense oor die hoof gesien het en van hierdie goedkoper arbeid gebruik gemaak het en nou deurloop, dan is dit sy reg om te kla. Ek wil dit liefs net nie hoor nie, want ek sal hom uitlag.

RONEL STEFFENS skryf: Julle brand dalk ’n belowende werkplek af en besteel dit.

JOHAN JOUBERT skryf: Hulle wil mos na Cosatu, die EFF en die ANC luister. Nooit voorheen was daar sulke stories nie.

ANDRIES DU PLESSIS skryf: En daar is oral droogte. Die regering wil nie ingryp nie, en die werkers suffer! Dis die regering se skuld, nie dié van die boere nie!

PIETER DU PLESSIS skryf: Julle wou mos jare terug die loon die hoogte in laat styg. Nou sit julle sonder werk. Dis alles die vakbonde se skuld.

JOHANNES MARIO JACOBS skryf: Baie medelandsb­urgers is keelvol vir misdadighe­id. Net so min as wat sulke gedrag regverdigb­aar is, is blatant neerhalend­e en rassisties­e veralgemen­ings. Ek was self vir baie lang tydperke in die afgelope sewe jaar werkloos en desperaat, maar danksy God se genade sal ek binne die afsienbare toekoms self werk kan skep. Die basiese aspek bly egter wedersydse respek teenoor alle mense, ten spyte van my besliste afkeur van enige vorm van misdadighe­id!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa