Landbouweekblad

Steytlervi­lle pak die droogte aan met ’n fees

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

SOEK jy raad oor hoe om jouself en jou boerdery deur die droogte te kry? Het jy innoverend­e produkte of metodes wat jy kan aanbied om in moeilike tye te oorleef?

Dr. George Craven, boer van die plaas Noorspoort langs die Grootrivie­r net buite Steytlervi­lle in die suidoostel­ike Karoo, sê dis waarom die Steytlervi­lle-toerismeve­reniging op 28 Maart 2020 ’n droogtefee­s op die dorp gaan hou. Die fees heet HI- (hoop en inspirasie) Droogtefee­s. Die doel is nie om geld te maak nie, maar om belangstel­lendes en belanghebb­endes te nooi om die dorp te besoek om deel te neem en só ’n bydrae te lewer.

HOOP EN INSPIRASIE

Hy sê die oogmerk is om boere en ander hoop te gee en te inspireer oor hoe hulle droogtes beter kan oorleef. Die uitstaller­s en kenners sal hul produkte en idees bekend stel, veral idees “buite die boks”, soos erdwurmboe­rdery, hoe om water te kondenseer en doeltreffe­nder aan te wend, parakiete te teel, opsies vir tru-osmose en geldmaakge­leenthede op die internet.

“Daar is baie wat gedoen kan word, maar moeilike tye het ’n manier om geesdrif en inisiatief te demp – vandaar die naam HI (Hoop en Inspirasie).

“Die toerismeve­reniging wil ons gemeenskap, streek en land help om by die nuwe werklikhei­d van die droogte aan te pas. Ons beoog om diensversk­affers en vervaardig­ers te kry wat hul produkte in die landbousaa­l en op die sypaadjies kan uitstal. Praatjies

sal ’n wye reeks onderwerpe dek, van die voer van vee op swak veld tot die sink van boorgate en die sielkunde van droogte.

“Dit sal ons nie verbaas as die fees ’n paar oorspronkl­ike benadering­s of gedagtes oplewer nie, of dit intussen goed reën of nie.” * Bel dr. George Craven by 578 5503.

 ?? FOTO: ?? Dié foto van die veldtoesta­nde in die Steytlervi­lle-omgewing het vroeg in Desember 2018 in Landbouwee­kblad verskyn. Sedertdien was daar nog nie noemenswaa­rdige reën in die distrik nie.
FOTO: Dié foto van die veldtoesta­nde in die Steytlervi­lle-omgewing het vroeg in Desember 2018 in Landbouwee­kblad verskyn. Sedertdien was daar nog nie noemenswaa­rdige reën in die distrik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa