Landbouweekblad

Koolstof en water ál belangrike­r vir uitvoermar­kte

- JASPER RAATS

HOEWEL die landbou kwytgeskel­d is van die eerste fase van die inwerkings­telling van Suid-Afrika se koolstof belasting program, kan dit van 2023 af heeltemal anders vir boere lyk.

Mnr. David Farrell van die maatskappy Blue North Sustainabi­lity het op die Sub trop-bemarking simposium daarop gewys dat die landbou en Eskom wat tans kwytgeskel­d is, van 2023 af aanspreekl­ik salwe es vir koolstof belasting ingevolge die Koolstof belastingw­et( Wet 15 van 2019) wat in Junie in werking getree het.

Die koste van koolstof belasting vir Eskom sal waarskynli­k na die verbruiker deurgegee word. Die belastingh­effing wat tans baie matig is, kan opwaarts aangepas word, terwyl belastingt­oelae of -kortings waarskynli­k sal wegval.

Diesel, waarop daar tans 8% koolstof belasting gehef word, sal ook duurder word.

TOEGANG TOT MARKTE

Farrell het gesê Suid-Afrika se koolstof belasting moet met 1 900% tot 20 000% styg om in pas te wees met die teikens waarop in die Parys-ooreenkoms oor klimaatsve­randering besluit is. Hy het gewaarsku die impak op die klimaat gaan ’n ál groter rol speel in onderhande­linge vir toegang tot internasio­nale markte.

Mnr. Zack Bard, voorsitter van die Wêreldavok­ado-organisasi­e, het gesê water kom al hoe meer onder die soeklig wanneer oor marktoegan­g gepraat word.

Só word in een episode van die Netflix-reeks Rotten, The Avocado War onthul hoe arm gemeenskap­pe in Chili van skaars water ontneem word om avokado’s te produseer.

Die rampokkery rondom die avokadobed­ryf in Mexiko, wat ook in die Rotten-reeks blootgelê word, het verder daartoe bygedra dat veral verbruiker­s in Europese lande die vrug in ’n ander lig sien.

“Water het die skrikbeeld van millenniër­s geword en dit rig nou hul voor- en afkeure,” sê Bard.

“Die avokadobed­ryf sal al hoe meer aandag aan klimaatsve­randering en watergebru­ik moet gee om sy markaandee­l te beskerm. Ons kan nie bekostig om mense rede te gee om nie meer ons produk te koop nie.”

 ??  ?? Mnr. Zack Bard van die Wêreldavok­ado-organisasi­e.
Mnr. Zack Bard van die Wêreldavok­ado-organisasi­e.
 ??  ?? Mnr. David Farrell van Blue North Sustainabi­lity.
Mnr. David Farrell van Blue North Sustainabi­lity.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa