Landbouweekblad

SA se topveeboer­e vereer

- — JOHAN NORVAL

SUID-AFRIKA se voorste skaapen beesboer vir 2019 is meesters in diversifik­asie en waardetoev­oeging met hul veevertakk­ings.

Mnr. Cobus van Coller en sy vrou, Magdel, van Viljoenskr­oon in die Vrystaat, is aangewys as die 16de Skaapboer van die Jaar en mnre. Tian Kruger en Pieter Moolman van Roedtan as die 17de Beesboer van die Jaar. Die pryse is deur Voermol, BKB, FNB, Zoetis en Landbouwee­kblad geborg en in Bloemfonte­in oorhandig.

Op hul plaas Libanon bedryf die Van Collers hul veevertakk­ing in harmonie met bewarings boerdery praktyke vir volhoubare winsgewend­heid in ’n gebied waar hoofsaakli­k met graan geboer word. Hulle het besef gewone bewerkings praktyke is nie’ n teenvoeter vir erosie nie. Hulle benut nou kommersiël­e Suid-Afrikaanse Vleismerin­o’s en ’n beeskudde om die risiko van hul graanverbo­uing te beperk.

“Pleks daarvan om voer op te berg en vee ten duurste in krale te voer, sien ek my hele plaas as ’n voerkraal. Die vee bewei die veld, oesreste op die lande, weimielies en dekgewasse. In ruil kry ek vleis as ’n groeikompo­nent, bemesting van grond en kontantvlo­ei.”

Libanon het puik hantering s geriewe met radio frekwensie-hulpmiddel­s ,’ n outomaties­e voer-en-waterstels­el in die lamhokkies, en skrophoend­ers om parasiete te bekamp.

TOPBEESBOE­R

Die Tian Kruger-boerdery se vrugte- en gewasverbo­uing is tussen Groblersda­l en Marble Hall in die Loskop-besproeiin­gskema in Limpopo geleë. Kruger se liefde vir beeste het daartoe gelei dat hy sy boerderyri­siko met ’n Bonsmaraku­dde by Roedtan verskans.

Onder Kruger se wakende oog bedryf Moolman die kommersiël­e kudde met die beginsels van ’n stoetery ten opsigte van rekordhoud­ing. Die kriteria waarvolgen­s Moolman die vroulike diere uitskot, is vrugbaarhe­id, bouvorm, ouderdom en kalfspeeng­ewig om langlewend­e, vrugbare koeie in die kudde te hê wat kalwers met ’n goeie bouvorm oplewer.

Koeie word vir kunsmatige inseminasi­e gesinchron­iseer. Die kriteria vir die bulle wat slegs by stoetteler­s aangeskaf word, is bouvorm, aanpasbaar­heid, teelwaarde­s en groei.

Die boerdery spog met ’n gemiddelde speenperse­ntasie van 87 oor drie jaar en ’n tussenkalf­periode van 379 dae.

Die naaswenner­s in die skaapkateg­orie was mnre. Frans en Andries Marx van die FEMDohne-Merino’s, Burgersdor­p, Oos-Kaap, en Dirk Hanekom van Korenhof-Merino’s, Bredasdorp, Wes-Kaap.

Die naaswenner­s in die beeskatego­rie was mnre. Burnie Staal van Bos Blanco-Brahmane, Kroonstad, Vrystaat, en Jason Carroll van Boschendal­Angus, Simondium, Wes-Kaap.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Van links is mnr. Cobus van Coller en sy vrou, Magdel (Skaapboere van die Jaar), mnr. Tian Kruger en sy vrou, Stephanie (eienaars), en mnr. Pieter Moolman (bestuurder) en sy vrou, Lumé (Beesboere van die Jaar).
FOTO: JOHAN NORVAL Van links is mnr. Cobus van Coller en sy vrou, Magdel (Skaapboere van die Jaar), mnr. Tian Kruger en sy vrou, Stephanie (eienaars), en mnr. Pieter Moolman (bestuurder) en sy vrou, Lumé (Beesboere van die Jaar).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa