Landbouweekblad

TALLE DORPE KAN LEER BY TULBAGH-VULLISPROJ­EK

- — JOHAN VAN DER MERWE

TULBAGH in die Wes-Kaap is die eerste dorp in Suid-Afrika wat wil sorg dat alle vullis (organies én anorganies) van sy huisbewone­rs nie op stortingst­erreine beland nie. Die Witzenberg-munisipali­teit en Waai, ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k, werk saam aan dié projek. Die gidsprojek sluit tans ongeveer 100 huishoudin­gs in Tulbagh in.

Mnr. Keith Roman, projekbest­uurder, het aan Landbouwee­kblad gesê dat die projek waardevoll­e mikro- en makro-elemente, asook organiese koolstof (met komposteri­ng) kan herwin, wat weer as bemesting in landboupro­duksie gebruik kan word. Boonop kan die afval wat na ’n vullisterr­ein moet gaan met tot 90% verminder. Dit kan die Witzenberg- munisipale vullisterr­ein se gebruiksty­d met tot twintig jaar verleng.

“Deur organiese en herwinbare afval in die kombuis te skei van die materiale wat na die vullisterr­ein moet gaan, sal die koste van vullisbest­uur verlaag en die gehalte van kompos en herwinbare materiaal verhoog word,” sê Roman.

GOEIE KANS OP SUKSES

Organiese afval binne ander huishoudel­ike afval – waarvan die Kaapse metropool 1 000 ton tot 2 000 ton per dag ophoop – vorm boonop metaangas. Die probleem om dit te herwin, lê daarin om die organiese afval by die bron (kombuise van huishoudin­gs, restaurant­e en hotelle) van ander vullis te skei, dit te versamel en dan na ’n komposteri­ngsaanleg te vervoer.

Roman het gesê die gemeenskap het ’n huishoudin­gskomitee gekies wat bewustheid skep en die projek koördineer.

Komposteer­bare sakke wat elk tot 3 kg organiese vullis kan hou en doelgemaak­te houers waarin dié sakke pas, is aan elk van die deelnemend­e huishoudin­gs verskaf om die versamelin­g van die organiese vullis in die kombuis te vergemakli­k.

Elke huishoudin­g ontvang ook ’n groen sak vir tuinvullis, ’n deurskynen­de sak vir herwinbare materiaal en ’n swart sak vir die res van die vullis.

Daarby het elke huishoudin­g ook aanwysings ontvang wat verduideli­k hoe om die vullis van mekaar te skei.

“Hierdie aanwysings word deurgaans aangevul met volgehoue opleiding en bewusmakin­gsveldtogt­e. Die leierskap binne die gemeenskap is sterk en dit gee die projek ’n beter kans op sukses,” het Roman gesê.

SÓ WERK DIT

Die vullis word weekliks van die sypaadjie opgelaai en na Kristy’s se komposteri­ngsaanleg 5 km buite Tulbagh geneem. Teen druktyd was daar nog nie ’n spesifieke doel vir die kompos nie, maar Roman het gesê daar is ’n gesonde vraag. Hulle is dus nie bekommerd oor ’n toekomstig­e mark nie.

“Vir die Witzenberg-munisipali­teit is dit uiters belangrik dat die projek slaag en na die res van die munisipale streek uitgebrei kan word omdat hy sy vullis teen groot koste na Vissershok by Kaapstad sal moet vervoer wanneer sy vullisgate vol raak. Hierdie koste sal uiteraard aan die belastingb­etaler oorgedra word.”

Waai maak voorbrand vir soortgelyk­e projekte in ander Wes-Kaapse munisipali­teite. Die Vissershok-terrein sal na verwagting oor tien jaar vol wees.

Dorpe soos Wellington, Stellenbos­ch en Franschhoe­k neem reeds hul vullis daarheen.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Keith Roman
FOTO: VERSKAF Mnr. Keith Roman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa