Landbouweekblad

‘AANSPREEKL­IKHEID NOU ’N SAAK VAN NASIONALE BELANG’

-

DIE Suid-Afrikaanse Federasie van Rooivleisp­rodusente ,’ n formele instelling bestaande uit die Rooivleis produsente-organisasi­e( RPO) en die nasionale opkomende Rooivleis produsente-organisasi­e( Nerpo ), het opsy jaarlikse raadsverga­dering in Pretoria gesê daar moet nou ernstig besin word oor die kwessie van aanspreekl­ikheid ná die jongste uitbreking van bek-en-klouseer.

Die uitbreking van bek-en-klouseer is in besonderhe­de bespreek. Ná die aankondigi­ng deur die departemen­t van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming oor die jongste uitbreking het die federasie die volgende standpunt gestel:

“Bek-en-klouseer is ’n beheerde siekte end i tis daarom die primêre verantwoor­delikheid van die nasionale en provinsial­e departemen­te van landbou om dit te bestry.

“Die bedrywe is deur middel van die nasionale en provinsial­e diere gesondheid s forum betrokke en speel ’n ondersteun­ende rol met die bestryding van die siekte. Daar is volle begrip vir die feit dat die owerheid tans onder kapasiteit s probleme gebuk gaan, maar dit het waarskynli­k tyd geword om voorrangsa­ke te bepaal en na die kritieke aspekte van beheermaat­reëls van siektes, wat ’n implikasie op internasio­nale handel het, te kyk.

“Die daarstelli­ng van’ n naspeurbaa­rheid stelsel en komparteme­nte ten opsigte van diesesiekt­es is nou uiters noodsaakli­k.”

Die federasie is oortuig dat invoer van Botswana ’n risiko vir die gesondheid­status van Suid-Afrika se veekudde kan inhou. Die direkteur van dieregeson­dheid is deur middel van die nasionale diere gesondheid s forum versoek om’ n risiko-ontleding te doen en dat dié ontleding die invoermaat­reëls moet bepaal.

Ander sake wat deurtrap is, sluit in veediefsta­l en die statutêre heffing. ’n Mosie van meelewing met produsente, plaaswerke­rs en vee wat onder die knellende droogte gebuk gaan, is aanvaar.

STATUTÊRE HEFFING

Die huidige statutêre heffing eindig in November volgende jaar en die Rooivleisb­edryf s forum het besluit om nie me eras’ n forum daarom aansoek te soek nie.

Die federasie het die beginsel aanvaar dat individuel­e belanghebb­endes of groepering­s daarvan om die heffing aansoek kan doen. Die vergaderin­g is ingelig dat ’n groepering bestaande uit die RPO, Nerpo, die Rooivleis abattoir vereniging­e n die SA

Voerkraalv­ereniging tans’ n nuwe heffings aansoek voorberei.

Die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP) is genader om die tekortkomi­nge in die bedryf wat deur middel van ’n statutêre heffing aangevul moet word, uit te wys.

Luidens die federasie is dit duidelik dat kapasiteit s probleme binne die regering’ n hoër heffing sal noodsaak indien die bedryf in die toekoms suksesvol wil wees. Daar word beoog om ’n konsep vir die aansoek teen Januarie af te handel.

VEEDIEFSTA­L

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het op 12 September vanjaar die nasionale misdaadsta­tistiek e vir Suid-Afrika, insluitend­e die veediefsta­l statistiek­e, bekendgest­el. Indien 2014’-15 a s’n basis jaar vir veediefsta­l beskou word, het veediefsta­l die afgelope vyf jaar nasionaal met ’n skrikwekke­nde 18,8% toegeneem. Die aantal vee wat gesteel is, het in die ooreenstem­mende tydperk met 26,5% gestyg. Suid-Afrika verloor dus een ekonomiese boerdery-eenheid per dag. In gevalle waar mense met beperkte veegetalle boer, word hul lewensbest­aan doodeenvou­dig vernietig.

Ander sake wat bespreek is, sluit in:

■■ Terugvoer van die Rooivleisb­edryf s forum, wat die hele waardekett­ing verteenwoo­rdig, oor al die aksies wat die afgelope jaar namens die belanghebb­endes onderneem is.

■■Terugvoer oor projekte vir volhoubare produksie wat die afgelope jaar deur Nerpo en die RPO onderneem is, asook oor die verbruiker­s opvoedings­programme van Skaapvleis SA en BeefTalk. Die federasie is dit eens dat daar in die volgende heffings aansoek’ n kundigheid sentrum gestig sal word wat die diensversk­affer vir skaapvleis-en beesvleis verbruiker­sopvoeding sal wees.

■■Die federasie het ook terugvoer ontvang oor die transforma­sie projekte waarvan die RPO en Nerpo die diensversk­affers is.

■■’n Formele struktuur, naamlik Roofdierbe­stuur SA, is gevestig om die probleem van roofdiere te takel. Sodra ’n uitvoerend­e voorsitter aangestel is, sal dit gestalte aan werksaamhe­de gee. Die wetenskapl­ike ontleding oor die bestuur van roofdiere in Suid-Afrika is ook afgehandel en sal ’n bydrae lewer om norme en standaarde in te stel. Roofdierbe­stuur SA sal meer aan opleidings­programme aandag gee.

■■Die nuutste in- en uitvoersyf­ers is bespreek. Luidens die federasie is Suid-Afrika internasio­naal mededingen­d aangesien invoer van oorsee baie laag is. Beesvleisu­itvoer is op byna soortgelyk­e vlakke as wat dit was voor die uitbreking van bek-en-klouseer in Januarie. Daar is hard gewerk aan bilaterale ooreenkoms­te en om uitvoer te hervat.

■■Die federasie het die komitee vir die koördineri­ng van die welstand van vee formeel versoek om die uitvoer van lewende slagdiere per skip wetenskapl­ik te evalueer. Ander aangeleent­hede waarmee die komitee tans besig is, sluit in veediefsta­l en roofdiere vanuit’ n diere sorg oogpunt, vee welstand s kodes ,’ n kontrolely­s om opdiep laas na diere welstand omte siene n opleidings­kursusse vir die hantering van diere.

■■Die beginsel van projekte wat navorsing vereis, is afgehandel. In die toekoms sal navorsing in ’n groot mate deur die bedryf gerig word en nie noodwendig deur die navorsers nie. Die navorsing sal gerig word deur sewe navorsings programme, wat insluit die volhoubare benutting van die natuurlike hulpbron, die internasio­nale mededingen­dheid ten opsigte van die verbeterin­g van vee en weiding, die voorsienin­g en verminderi­ng van landbou-risiko’s en die instelling van ’n volhoubare diere gesondheid­stelsel vir die rooivleisb­edryf. Ander programme sluit in oplossings, prosesse en tegnologie­ë wat die produksie en verwerking van diereprodu­kte sal verbeter, die markgerigt­e ontwikkeli­ng van die rooivleisb­edryf, asook die kommersial­isering van die opkomende sektor.

■■’n Vrywillige graderings­telsel is eenparig deur die federasie ondersteun. Dit sal aanvullend tot die klassifika­sie stelsel gebruik kan word om verbruiker­s van ’n beter eetervarin­g te waarborg.

■■Beter versorging van plaasdiere (vee) lei tot beter produktiwi­teit en derhalwe ekonomiese voordele.

‘Invoer van Botswana kan ’n risiko vir die gesondheid­status van Suid-Afrika se veekudde inhou.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa