Landbouweekblad

‘DIÉ INVOER BRING RISIKO’S’

- — CARIEN KRUGER

Die invoer van grootmaatp­akke bevrore hoender moet verbied word, sê die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay. Dié soort invoer word deur die departemen­t van gesondheid toegelaat, maar die organisasi­e sê die pakke word hier ontdooi en die snitte herverpak om plaaslik versprei te word, wat voorkombar­e gesondheid­srisiko’s skep.

“Plaaslike hoendervle­is het etikette wat naspeurbaa­rheid in geval van besmetting verseker. Dit is skandelik dat ingevoerde hoender vaag geëtikette­er kan word as dit van ’n aantal lande kom,” sê FairPlay. Dié organisasi­e het, in reaksie op die pluimveebe­dryf se nuwe meesterpla­n, gesê die staat moet geld vind sodat die departemen­t van landbou, wat verantwoor­delik is vir gesondheid­s- en voedselvei­ligheidsto­etste by buitelands­e produksie-aanlegte en van ingevoerde besendings, se inspeksies so goed soos ander lande s’n kan wees.

Mnr. Paul Matthew, uitvoerend­e hoof van die assosiasie van vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie), sê dié organisasi­e is teen enige praktyke om ingevoerde hoendervle­is te ontdooi.

Regulasies daaroor en oor naspeurbaa­rheid moet afgedwing word en die skuldiges swaar gestraf word, sê hy.

Amie werk nou saam met sy lede om seker te maak hulle kom standaarde na, maar nie alle invoerders is Amie-lede nie.

“Ons het aan die regering voorgestel om dit selfs te oorweeg om die invoerlise­nsies van diegene wat verskeie reëls oortree, vir ’n beduidende tydperk terug te trek,” sê Matthew.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa