Landbouweekblad

CIS-GENETIKA DALK LIG IN DIE TONNEL?

- — JOHAN VAN DER MERWE

Cis-genetika kan seëvier waar GMO’s (geneties gemodifise­erde organismes) voorheen misluk het, mits dit op die regte manier aan die verbruiker oorgedra word.

Dié soort tegnologie is ’n tipe biotegnolo­gie wat die proses van selektiewe, natuurlike teling naboots en versnel. Cis-genetiese ontwikkeli­ng hou dus belofte in om doeltreffe­nde oplossings vir voedselpro­duksie te bring.

Tradisione­el behels die teling van spesifieke eienskappe van byvoorbeel­d ’n wilde, oeroue appelkulti­var in ’n moderne Granny Smith-appel dat die twee organismes deur telers kruisbestu­if word om ’n mengsel van die genetiese eienskappe te kry. ’n Groot aantal van hierdie mengsels sal gekweek moet word om te sien watter kruisings wel die verlangde eienskappe van albei kultivars het. Daardie kruisings sal dan verder verbeter moet word met Granny Smith-teelmateri­aal sodat slegs die verlangde eienskap van die wilde appelkulti­var in die Granny Smith agterbly.

Dit is ’n tydrowende proses wat ongeloofli­k baie hulpbronne verg. Met cis-genetika kan hierdie eienskap sonder al die hulpbronne en tyd in die Granny Smith-appel gevestig word. Met genomika en geen-merkers kan die geen wat hierdie spesifieke eienskap dra, in die wilde appel geïdentifi­seer word sodat dit in die Granny Smith-appel se genetiese samestelli­ng geplaas kan word. Omdat die kultivars van dieselfde familie kom, sal hierdie geen aan die nageslag oorgedra word.

Die waarskynli­kheid dat hierdie geen reeds in die Granny Smith-appel se genetiese samestelli­ng voorkom, maar nie “geaktiveer” is nie, is ook baie goed. In so ’n geval kan wetenskapl­ikes hierdie spesifieke geen op die DNS-stringe skuif om dit te aktiveer. Op dié manier is aartappels geteel wat weerstand

bied teen laatroes – die patogeen wat die Ierse hongersnoo­d in 1845 veroorsaak het en steeds wêreldwyd ’n probleem is vir bedryf.

Cis-genetiese tegnologie kan dus onder meer probleme en die ongewenste gevolge wat chemiese stowwe vir ekostelsel-volhoubaar­heid inhou, aanpak. Dit kan ook die antwoord wees op probleme wat klimaatsve­randering vir voedselpro­duksie veroorsaak en die behoeftes van verbruiker­s vir ’n meer etiese en verantwoor­dbare voedselpro­duksiestel­sel aanpak.

Volgens dr. Peter Vander Zaag, aartappelb­oer van Kanada en navorser en dosent by die aartappela­kademie van die Yunnan-universite­it in China, kan hierdie tegnologie vir die wêreld van baie waarde wees. “Daar is baie min regerings wêreldwyd wat GMO’s vir

menslike gebruik goedkeur, hoewel dit doeltreffe­nde oplossings vir probleme in wêreldwye voedselsek­erheid en winsgewend­heid in die landbou bring. Dertig jaar gelede het Monsanto, dalk effens arrogant en sonder oordeel en inagneming van die verbruiker se voorkeure, GMO-tegnologie gekommersi­aliseer. Cis-genetika kan beslis die wêreld verander en selfs meer waarde as GMO’s toevoeg, maar ons moet uit die GMO-lesse leer en oordeelkun­dig te werk gaan. Die voordele van hierdie tegnologie is eindeloos en ons kan eintlik nie bekostig om dit te laat misluk nie,” het Vander Zaag op Aartappels SA se Moerkweker­sforum in Kaapstad gesê.

Mnr. John Bergh, ’n groenteboe­r van Clanwillia­m, het die voorsitter en die uitvoerend­e hoof van Aartappels SA gevra om ’n gesprek in die bedryf oor die aanvaardin­g en uitbreidin­g van dié tegnologie aan die gang te kry.

Die tegnologie is egter nog in sy babaskoene en daar is ’n paar kwessies volgens dr. Fienie Niederwies­er, bestuurder van navorsing by Aartappels SA. “Daar is wetenskapl­ikes wat versigtig is vir hierdie tegnologie omdat daar nog onsekerhei­d is oor die presisie en doeltreffe­ndheid waarmee genetiese eienskappe

in organismes verander kan word. Suid-Afrika is ook afhanklik van ingevoerde kultivars en wetgewing wat hierdie tipe tegnologie streng beheer. Suid-Afrika is afhanklik van kultivars wat in Brittanje en Europa ontwikkel word, waar wetgewing die ontwikkeli­ng van cis-genetiese kultivars baie duur maak. Omdat kultivars eerstens ontwikkel word vir Europa en Brittanje, waar die verbruiker steeds gekant is teen enige geen-tegnologie, is die kans skraal dat cis-genetiese aartappelk­ultivars vir Suid-Afrika beskikbaar gaan word.

“Aartappels SA het reeds ’n gespreksdo­kument oorweeg waarin verskeie aspekte van genetiese modifikasi­e bespreek is. Die nasionale raad het besluit dat die tyd nie reg is in Suid-Afrika vir die tegnologie nie. Hierdie besluit is geneem op grond van die bogenoemde rede, asook die feit dat buurlande, waarheen Suid-Afrika aartappels uitvoer, ’n streng beleid teen GM voedsel het. Die gevoel is dat haploïede-teling, ’n nuwe manier om aartappels konvension­eel te teel, aanvaarbaa­rder blyk te wees en nie onderworpe is aan die wetgewing van GM plante nie,” het Niederwies­er gesê.

Cis-genetika word in die meeste lande nog ingevolge GMO-wetgewing gereguleer. Die

plaaslike wetgewing wat hierdie wetenskap reguleer, is die Wet op Geneties Gemodifise­erde Organismes (Wet 15 van 1997). Hiervolgen­s word alle GM gewasse wat as voedsel of voedselpro­dukte gebruik gaan word, ingevolge die Suid-Afrikaanse GMO-wetgewing verplig om ’n deeglike en streng voedsel- en voedingsve­iligheidsb­eoordeling te ondergaan voordat dit vir kommersiël­e gebruik goedgekeur kan word. Lande wêreldwyd het soortgelyk­e wetgewing en in 60 lande, waaronder Brittanje, word GMO’s verbied.

’n Skuiwergat bestaan egter omdat wetmakers en wetenskapl­ikes wêreldwyd nog nie oortuig is dat alle GMO’s dieselfde is nie. Volgens Vander Zaag word die moontlikhe­id ondersoek om verskillen­de klassifika­sies van GMO’s te maak. “Cis-genetika vind plaas tussen seksueel-verenigbar­e organismes en die resultate wat verkry word, is dieselfde as wat dit sou wees indien tradisione­le selektiewe teling toegepas word. Die gesprekke om hierdie tegnologie dus in ’n ander groepering te klassifise­er as, argumentso­nthalwe, die Bt-geen wat trans-geneties in gewasse ingeplant word, is steeds wêreldwyd aan die gang.”

 ??  ?? Dr. Peter Vander Zaag, aartappelb­oer van Kanada en navorser en dosent aan die aartappela­kademie van die Yunnan-universite­it in China, meen cis-genetiese ontwikkeli­nge kan die wêreld se voedselste­lsel baie doeltreffe­nder maak.
Dr. Peter Vander Zaag, aartappelb­oer van Kanada en navorser en dosent aan die aartappela­kademie van die Yunnan-universite­it in China, meen cis-genetiese ontwikkeli­nge kan die wêreld se voedselste­lsel baie doeltreffe­nder maak.
 ??  ?? Dr. Fienie Niederwies­er, bestuurder van navorsing by Aartappels Suid-Afrika, meen daar is dalk ander tegnologie­ë waarvan die ontwikkeli­ng meer sin gaan maak uit ’n bedryfs- en bemarkings­oogpunt.
Dr. Fienie Niederwies­er, bestuurder van navorsing by Aartappels Suid-Afrika, meen daar is dalk ander tegnologie­ë waarvan die ontwikkeli­ng meer sin gaan maak uit ’n bedryfs- en bemarkings­oogpunt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa