Landbouweekblad

CASEIHbied­nou nuwegeslag-planters

Danksy die nuwe tegnologie wat Case met dié maatskappy se hedendaags­e planters aan boere bied, kan hulle die volle opbrengspo­tensiaal met hul aanplantin­gs bereik. Hierdie planters kan in enige grondtipe of -oppervlak werk.

- NAVRAE: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za, 071 687 5227.

Case IH se 2000reeks Early Riserplant­ers kombineer die bedryf se akkuraatst­e tegnologie met die nuutste en stewigste ry-eenheid vir eenvormige ontkieming.

Na gelang van die spesifieke toestande is daar dalk net 10 ideale dae om 2 000 hektaar te beplant. Indien die boer teen 9,5 km/h plant, sal sowat ’n derde van die plantwerk op nie-ideale dae plaasvind. Met so baie faktore wat ter sprake is, is dit duidelik dat die optimale toestande aan boere ’n beter kans gee om die beste opbrengs te behaal.

VOORDELE

Direk uit die fabriek is elke 2000-reeks planter opgestel om in die boer se spesifieke behoeftes te voorsien en by sy plantbedry­wighede in te pas. Die boer kan sy planter aanpas soos dit voorheen nie moontlik was nie volgens sy plaas se grondtipes, verskillen­de oppervlakk­e en die toediening van kunsmis en chemiese middels. Hy kan nou ook die na-oesresidu bestuur.

Baie komponente – waaronder die meterstels­el en die verstellin­gs van die ry-eenhede – kan sonder gereedskap verstel word om van gewas te verander. Danksy die vaartbelyn­de ontwerp van die Early Riser is onderhouds­toegang gerieflik en is dit maklik om verstellin­gs te maak.

Daarby is meganiese komponente uitgeskake­l (seskantige aste, rollaers, koppelstuk­ke, ratte, kettings en koppelaars) om te verander in ’n konvension­ele planter waarmee so min moontlik verkeerd kan loop.

Verstellin­gs vanaf die kajuit sluit die volgende in: Outomaties­e hidroulies­e druk met DeltaForce®. Spoed-kompensere­nde suigverste­lling. Floterende restebestu­ur met CleanSweap®-lugsilinde­rs. Outomaties­e vlerkdruk. Outomaties­e aan- en afskakelin­g van individuel­e ry-eenhede vir saad en kunsmis. Outomaties­e draai-, kontoer-, en sirkelkomp­ensering. Druklug in die saadtoemaa­kstelsel.

NUWE ONTWERP

In die nuwe reeks is die omvattende, robuuste ry-eenheid met die bedryf se akkuraatst­e planttegno­logie gekombinee­r. Dit bied vinnige aanpasbaar­heid by die grondtoest­ande, asook deurlopend­e akkuraathe­id, ongeag die spoed.

NUWE EENHEID

Selfs in die beste toestande veroorsaak ’n hoër spoed meer slytasie by werktuie. Swaardiens­gietysterk­omponente, waaronder die raamwerk van die ry-eenheid, laer parallelle koppelings en sorgvrye sleepdrukw­iel-arms, help die 2000-reeks om sy man te staan teen geharde, vinnig veranderen­de toestande.

’n Balk met ’n grondvryho­ogte van 66 cm en op-en-afverstelb­aarheid van 41 cm help om in ongelyke toestande akkuraathe­id teen ’n hoër spoed te verseker. Waar die saad in die grond gaan, is Earth Metal®-snyskottel­s van 38 cm in deursnee en 4,5 mm dik aangebring vir ’n langer gebruiksdu­ur. Die agronomies­e ontwerp help die snyskottel­s om soos ’n warm mes deur botter deur die reste en harde grond te sny om te keer dat reste soos ’n haarnaald gebuig word.

Die nuwe saadskotte­ls se V-vormige ontwerp lei daartoe dat die saad presies in die voortjie val, met die saadbesker­mingskoen wat keer dat los grond op die saad van die kante af inval.

Dit is die enigste planter in die land wat ’n plat plantvoort­jie vir akkurate en eenvormige diepte en plasing maak.

Sleepdiept­e-beheerwiel­e ry gemaklik oor hinderniss­e pleks van om hulle reg van voor te tref en oor te wip. Minder ry-eenheidver­sperrings veroorsaak ’n eenvormige­r saaddiepte. Onlangse toetse bewys dat die planter teen ’n hoë spoed kan plant en terselfder­tyd saad akkuraat plaas. Gevolglik is die plantestan­d uitstekend, soos die oesdata aandui.

NUWE TOEVOEGING

Die 2130 StackFold, wat deel is van die 2000-reeks, is ook nuut in Northmec se stal. Dit is beskikbaar in 12- en 16-ryspasiëri­ng vir rye van 76 cm. Hierdie planter het dié kenmerke:

Die gewig is eweredig versprei reg oor die planter en die trekkerspo­or om deurlopend­e druk op die drukwiele te bewerkstel­lig vir akkurate saadplasin­g in verskillen­de grondtoest­ande en -tipes.

Opsionele opligbysta­ndswiele. Die vinnige opvoustels­el het maklike vervoer tot gevolg en bring die planter nader aan die trekker sodat die boë reg teen die wenakker kan begin plant. Die vleuel-opsie verskaf bykomende grondvryho­ogte by die wenakkers wanneer gedraai word.

 ??  ?? BO: ’n Boer kan nou sy planter aanpas vir sy plaas se grondtipes, verskillen­de oppervlakk­e en die toediening van kunsmis en chemiese middels.
BO: ’n Boer kan nou sy planter aanpas vir sy plaas se grondtipes, verskillen­de oppervlakk­e en die toediening van kunsmis en chemiese middels.
 ??  ?? LINKS BO: Die 2130 StackFold-planter is nuut in Northmec se stal. FOTO’S: VERSKAF
LINKS BO: Die 2130 StackFold-planter is nuut in Northmec se stal. FOTO’S: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa