Landbouweekblad

Optimale plantdiept­e gee deurslag

Boere neem dikwels die saad, droogte, bemesting of plaagbestr­yding kwalik wanneer hulle ’n teleurstel­lende mielieoes het. Daar is egter nog ’n bepalende faktor, naamlik plantdiept­e. Die goeie nuus is dat plantdiept­e bestuur kan word.

- ANDRÉ BOTES NAVRAE: www.dekalb.co.za

Om te verstaan waarom plantdiept­e ’n bepalende faktor is, is dit belangrik om na die ontkieming en wortelontw­ikkeling van ’n mielieplan­t te kyk. Ontkieming vind plaas wanneer die saad sowat 30% van sy eie gewig in water geabsorbee­r het. Die voggehalte dieper in die grond bly egaliger en is daarom gunstiger vir spoedige ontkieming.

WORTELONTW­IKKELING

Die eerste wortel wat uitkom, is die radikale wortel wat die mielieplan­t in die grond anker. Daarna volg die seminale wortels, wat dadelik voedingsto­wwe uit die grond aan die plant voorsien, asook die koleoptiel.

Sodra die mielieplan­t sy kop bo die grond uitsteek en begin fotosintee­r, verdun die mesokotiel. Die mesokotiel is die gedeelte tussen die pit en die nodale wortels. Dan word die nodale wortels die hoofwortel­s wat vir die plant se voeding verantwoor­delik is.

Wanneer die saad dieper geplant word, groei die mesokotiel langer. Die saailing ontwikkel ’n ekstra internodiu­m onder die grond wat ’n ekstra stel wortels lewer. Die mielieplan­t kan dus water en voedingsto­wwe beter opneem. Dit het ook ’n beter staanvermo­ë. Op ’n diepte van 60 mm is die grondtempe­ratuur gewoonlik sowat 30 ºC, wat baie gunstig vir ontkieming is. Daardie sade kom ook vinniger op as sade wat vlakker geplant is.

’n Vlakker plantdiept­e veroorsaak dat ’n korter mesokotiel ontwikkel. Seminale en nodale wortels kom dan naby die grondopper­vlak voor, waar temperatur­e en grondvog baie kan wissel. Die grond se temperatuu­r kan tot ongeveer 36 ºC styg, wat té warm vir goeie ontkieming is. Die wisseling tussen dag- en nagtempera­ture is ook te groot wanneer té vlak geplant word.

EIE PROEWE

Hoewel proewe (sien GRAFIEK 1 ) en GRAFIEK 2 ) reeds bewys het dat ’n vlak plantdiept­e die swakste opbrengs lewer, terwyl dieper plant vir die beste opbrengs sorg, word boere aangeraai om hul eie proewe te plant. Begin met ’n vlak ry en plant daaropvolg­ende rye stelselmat­ig dieper. Boere kan dan self waarneem wanneer die graan op verskillen­de rye opkom en wat hul uiteindeli­ke opbrengs op spesifieke dieptes is.

Die boer moet sy grond se temperatuu­r meet om die regte plantdiept­e en -tyd te bepaal. Met planttyd moet die grondtempe­ratuur minstens 14 °C wees. Soggens met sonopkoms is die grond op sy koudste. Dit is die regte tyd om te meet.

As daar te vroeg geplant word (wanneer die grond snags nog te koud word), ontkiem die sade stadiger. Die risiko van grondinsek­skade styg en daar is ’n groter kans dat die vooropkoms-onkruiddod­er die koleoptiel kan beskadig. Proewe het getoon dat die grondtempe­ratuur egaliger is wanneer saad diep geplant word. Die saad ontkiem dan vinniger en die plantjie kom gouer op.

PLANTDIEPT­E

’n Plantdiept­e van sowat 60 mm is dus meestal beter. Mielieplan­te se wortelstel­sels ontwikkel beter en grondvog en grondtempe­ratuur bly egaliger. Dit is egter belangrik om te onthou dat die grondtekst­uur, bewerkings­metode en die aan- of afwesighei­d van reste ook ’n invloed op plantdiept­e het.

Mnr. André Botes is ’n landboukun­dige by Bayer op Lichtenbur­g.

 ?? FOTO: BAYER ?? ’n Dieper plantdiept­e is in die algemeen beter. Mielieplan­te se wortelstel­sels ontwikkel beter en die grondvog en grondtempe­ratuur bly meer egalig.
FOTO: BAYER ’n Dieper plantdiept­e is in die algemeen beter. Mielieplan­te se wortelstel­sels ontwikkel beter en die grondvog en grondtempe­ratuur bly meer egalig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa