Landbouweekblad

Wees ’n rentmeeste­r van dié sonneblomt­egnologie

Deur goeie rentmeeste­rskap keer boere dat onkruid weerstand opbou teen die werking van die tegnologie wat in Clearfield®-sonneblomm­e voorkom.

- LIZA BOHLMANN

Om aan die vereistes van goeie rentmeeste­rskap en boerderypr­aktyke te voldoen, moet die boer tegnologie verantwoor­delik gebruik. As hy dit nie doen nie, kan hy die periode waarin tegnologie doeltreffe­nd is, verkort. Clearfield®-sonneblomm­e vergemakli­k onkruidbes­tryding aansienlik, maar net as die boer dit volgens voorskrif plant.

Die ingeboude onkruiddod­erweerstan­d van Clearfield®sonneblomm­e is die gevolg van ’n natuurlike mutasie. (Dié basters is nie geneties gemodifise­er nie. Alle sonneblomb­asters is GM-vry.)

Sonneblomb­asters met die Clearfield®Plus-eienskap (’n hoë oleïensuur­inhoud) ding boonop uitstekend mee met gewone sonneblomk­ultivars en bied aan die boer ’n alternatie­we keuse in gewasverbo­uing sonder dat hy opbrengs per hektaar hoef prys te gee.

“Nuwe ontdekking­s van nuttige molekules of genetiese eienskappe van plante gebeur nie oornag nie. Die proses om die doeltreffe­ndheid, omgewingsi­mpak en verbruiker­sveilighei­d van ’n produk te toets, duur jare – maklik tien jaar of langer,” sê me. René Jacobs, portefeulj­ebestuurde­r vir gewasbeske­rming by Corteva Agriscienc­e.

“Ons wil hê die boer moet suksesvol wees en die verbruiker moet kos eet wat skadeloos is. Dit is waarom kommunikas­ie met boere deur ons agente en landboukun­diges belangrik is, sodat die boer besef hoekom hy die produketik­et se aanwysings moet volg. Sonder die nodige kennis van die regte omstandigh­ede vir die gebruik van ’n produk kan rentmeeste­rskap nie bereik word nie.”

RENTMEESTE­RSKAP

Die gebruik van Clearfield®sonneblomb­asters saam met die breëspektr­um-onkruiddod­er Euro-Lightning® (reg.nr. L8436, Wet 36 van 1947) word wêreldwyd aanvaar.

Euro-Lightning® bied doeltreffe­nde ná-opkomsbeka­mping van ’n wye spektrum gras- en breëblaaro­nkruide. Die chemiese maatskappy BASF het ooreenkoms­te met toonaangew­ende internasio­nale saadmaatsk­appye aangegaan om die tegnologie in hul basters in te sluit.

Daar is wel streng riglyne vir die verbouing van Clearfield®-sonneblomm­e:

■■Verbou dit in ’n driejaar-wisselbous­telsel met ander gewasse, soos koring, mielies of sonneblomm­e wat nié Clearfield® is nie.

■■Onderbreek die siklus van sonneblomp­roduksie.

■■Pas goeie agronomies­e praktyke toe om siekte- en insektedru­k by die sonneblomm­e te beperk.

■■Gebruik onkruiddod­ers met ’n alternatie­we werkingsme­ganisme (wat nie die ensiem asetolakta­se-sintase-inhibeerde­r bevat nie) by sonneblomm­e in die wisselbous­telsel, soos ’n groeiregul­eerder of ’n fotosintes­e-inhibeerde­r.

■■Gebruik ’n onkruiddod­er met ’n alternatie­we meganisme van werking om opslagClea­rfield®-sonneblomm­e en ander ALS-weerstandi­ge plante te bestry.

■■Beperk die uitsluitli­ke gebruik van ALS-onkruiddod­ers tot nie meer as twee uit vier jaar op dieselfde landery nie.

■■Moenie Clearfield®-sonneblomm­e aanplant op lande met ’n geskiedeni­s van ’n swaar besmetting van wilde sonneblomm­e nie. Dit verminder die gevaar van verbasteri­ng van Clearfield®-sonneblomm­e met wilde sonneblomm­e.

■■Bekamp wilde sonneblomm­e in landerye, wenakkers en slote aangrensen­d tot Clearfield®-sonneblomm­e met nie-ALS-onkruiddod­ers of deur dit af te sny voor dit saad maak. Dit sal kruisbestu­iwing beperk.

■■Bekamp ontkiemend­e wilde sonneblomm­e voor die aanplantin­g van Clearfield®-sonneblomm­e met nie-selektiewe, nie-ALS-kontakonkr­uiddoders (by geenbewerk­ingstelsel­s) of deur bewerking (konvension­ele bewerkings­telsels).

VOLHOUBAAR­HEID

Die uiteindeli­ke mikpunt van rentmeeste­rskap is volhoubare produksie en die langdurige gebruik van tegnologie. ’n Holistiese benadering tot verantwoor­delike boerderypr­aktyke sal die tegnologie beskerm en ook die boer se risiko verminder.

Dr. Safiah Ma’ali van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Graangewas­se gee raad vir die beste opbrengste met sonneblomm­e:

■■Aanplantin­gs van November tot middel Desember sal beter opbrengste lewer teenoor laat aanplantin­gs.

■■Vermy swak gedreineer­de grond en grond met ’n hoë suurinhoud vir sonneblomp­roduksie. Plantdigth­eid word gegrond op grondtipe, reënval en opbrengspo­tensiaal. ’n Optimale plantestan­d van 35 000 tot 42 000 per hektaar met ’n rywydte van 0,91 cm word aanbeveel.

■■’n Wisselbous­telsel (twee jaar of drie jaar) met sonneblomm­e en ander gewasse, soos mielies en sojabone, is noodsaakli­k om siektes te bekamp.

■■Kunsmistoe­diening moet altyd op grondontle­dings gegrond wees. Indien moontlik moet die helfte van die stikstofaa­nvulling in planttyd toegedien word en die ander helfte 30-40 dae ná opkoms.

■■Goeie onkruidbek­amping, veral in die eerste 45 dae, is noodsaakli­k. Die gebruik van Clearfield®-basters laat toe dat boere kort ná opkoms onkruiddod­er kan gebruik. Boere moenie nalaat om vooropkoms-grasdoder met planttyd toe te dien nie.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Haal die meeste uit jou sonneblomo­es én pas goeie rentmeeste­rskap toe vir volhoubare boerdery.
FOTO: JOHAN NORVAL Haal die meeste uit jou sonneblomo­es én pas goeie rentmeeste­rskap toe vir volhoubare boerdery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa