Landbouweekblad

Behaal groot sukses met dié mieliebast­er

Talle produsente bespiegel oor die afgelope paar jaar se seisoensve­randeringe. Die reënvalpat­roon het beslis geskuif en in sekere gevalle was die eerste buie tot ses weke later as gewoonlik.

- NAVRAE: Web: www.dekalb.co.za

Die neiging van laat reën is die afgelope seisoen duidelik waargeneem by die Boetina-boerdery, waar mnr. Frikkie Rossouw en sy seuns, Riaan en Jacques, mielies en sojabone verbou. Die boerdery is naby Endicott in die Delmas-landbouver­bouingsgeb­ied in Mpumalanga. Die Rossouws is die afgelope ses jaar streng toegespits op bewaringsb­oerdery.

Hulle het die afgelope drie seisoene begin eksperimen­teer om vinniger basters te toets omdat dit al hoe later begin reën. Die optimale planttyd was altyd van middel Oktober tot einde November. Sommige produsente plant ook tot middel of selfs einde Desember. Die Hoëveld het egter net ’n beperkte aantal hitte-eenhede wat nodig is om ’n suksesvoll­e oes te verbou.

Die gemiddelde reënval vir verlede Oktober was 50,7 mm en vir November 56,7 mm, wat tradisione­el die optimale planttyd was. Die totale gemiddelde reënval vir die plaas was ’n skamele 493,71 mm van verlede September tot einde April vanjaar. Planttyd het gepaardgeg­aan met droë grondprofi­ele en baie koue oggendtemp­erature, wat ontkieming benadeel het.

Die Rossouws se besluit om DKC64-54BR by hul pakket in te sluit, het ondanks die moeilike seisoen goeie vrugte afgewerp. Hulle het DKC64-54BR, wat eintlik ’n ultrakort besproeiin­gsbaster is, op groot skaal onder droëlandto­estande aangeplant.

Hulle is só tevrede dat hulle beoog om in die toekoms ’n derde van die boerdery se oppervlakt­e met DKC64-54BR te beplant.

Wat dié baster eiesoortig maak, is dat dit buitengewo­ne strestoest­ande kan weerstaan, anders as ander ultrakort basters. Hierdie baster het sowat 114 dae tot fisiologie­se rypheid nodig, maar droog stadiger af omdat die kop 18 tot 20 rye vorm. Die baster is in die Noord-Kaap ontwikkel en kan dus uiterste klimaat hanteer.

Die baster bevat ook Yieldgard® MAIZE2-tegnologie, wat die hoë stronkboor­derbesmett­ing volkome bestry het. Die koue planttoest­ande het van die vooropkoms­en ná-opkoms-onkruiddod­ers se werking belemmer, maar danksy Roundup Ready®MAIZE2-tegnologie kon die onkruid baie makliker met glifosaat bestry word.

Die Rossouws het afgelope seisoen 170 ha DKC64-54BR aangeplant, met plantdatum­s wat gewissel het van 17 Oktober tot 28 November na gelang van die verspreide reënval.

Die beoogde plantestan­d was 52 000 per hektaar, maar weens die koue en droë toestande het lande se finale plantestan­d gewissel van 45 000 tot 48 000 plante per hektaar.

Ná ’n moeilike seisoen is ’n gemiddelde opbrengs van10,23 t/ha behaal. Bayer se nuwe Fieldview-tegnologie is gebruik om die opbrengs te bepaal en te bevestig. Die Boetina-boerdery het hierdie tegnologie in 2017 begin gebruik en is een van Fieldview se trotse ambassadeu­rs.

Riaan sê hulle behaal sukses met DKC64-54BR omdat die baster alle uiterste weerstoest­ande en stres kan weerstaan. Resultate is nie dadelik gesien nie, maar met deeglike proewe kon die landboukun­dige span van Bayer en die Boetina-boerdery ’n gemaklike aanbevelin­g vir die baster bepaal.

Bayer bedank die Boetinaboe­rdery vir sy toegewyde ondersteun­ing.

Mnr. Jaco van Zyl is ’n landboukun­dige vir Bayer Crop Sciene SA.

‘n Hoogtepunt op die 2020 landboukal­ender is die AFRICA AGRI TECH konferensi­e en tegnologie­ekspo wat vanaf 18 tot 20 Februarie in Pretoria gehou word. Dié geleenthei­d plaas die vergrootgl­as op tegnologie in landbou.

Africa Agri Tech bied drie dae van ongeëwenaa­rde verkenning, ontdekking en netwerkgel­eenthede. Die hooffokus is op internasio­nale wetenskapl­ike en tegnologie­se vordering en hoe dit agribesigh­eid in suidelike Afrika kan beïnvloed en verbeter.

Van produsente, beleidsmak­ers, ontleders en beleggers tot verwerkers en verspreide­rs, Africa Agri Tech bring die hele waardekett­ing byeen om wetenskap, tegnologie en toekomsten­dense se impak op die landbousek­tor te ondersoek.

Bo en behalwe netwerkgel­eenthede vir leiers in die openbare- en private sektor en navorsings­velde regdeur die landboubed­ryf, sal hoë-vlak konferensi­es en werksessie­s oor die drie dae van die ekspo aangebied word. Uitstallin­gs en tentoonste­llings van al die nuutste tegnologie en toerusting en ‘n demonstras­ielokaal waar toerusting beproef word, beloof om besoekers nie teleur te stel nie.

‘n Konferensi­e oor toekomsten­dense en tegnologie­ë, werksessie­s oor sektorspes­ifieke onderwerpe, asook ‘n Afrikadag-viering met ‘n opvoedkund­ige, inklusiewe program vir nuwe toetreders is verdere hoogtepunt­e.

Verder sal ‘n sosiale program vir bedryfsint­eraksie en toekenning­s sorg, en Suid-Afrikaanse innoveerde­rs sal in ‘n kompetisie meeding vir die titel as SA se beste.

Uitstaller­s en borge sal van voorleggin­gslokale gebruik kan maak vir aanbieding­s aan fokusgroep­e. Daar sal ook buitebesoe­ke aan uitgesoekt­e navorsingf­asiliteite gebring word.

 ?? FOTO’S: BAYER ?? Van links is mnre. Riaan, Frikkie en Jacques Rossouw.
FOTO’S: BAYER Van links is mnre. Riaan, Frikkie en Jacques Rossouw.
 ??  ?? Die ultrakort geel baster DKC64-54BR kan ’n omwentelin­g in droëlandbo­erdery meebring.
Die ultrakort geel baster DKC64-54BR kan ’n omwentelin­g in droëlandbo­erdery meebring.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa