Landbouweekblad

WAT EET ONS VANAAND?

Die somer is om die draai en ons is lus vir kos wat ’n bietjie ligter is en vinnig om te maak. Stel hierdie week een van ons toetskombu­is se maklike, geurige aandetes op die proef.

-

Tamatie-blatjangho­ender

Dié hoenderger­eg het ’n uur in die oond nodig, maar die voorbereid­ingswerk duur net 5-10 minute. Maklik, voedsaam en gelaai met geur. Al wat jy hierby hoef voor te sit, is ’n bak rys of koeskoes en dalk ’n groenslaai.

8 hoenderstu­kke

Sout en varsgemaal­de swartpeper

45 ml olyfolie

1 groot ui, gekap

pak (125 g) spekvleis, gesnipper

3 knoffelhui­sies, gekap

1 blik (410 g) kersietama­ties in sap

OF gekapte tamaties

250 ml blatjang

125 ml water

Vars kruie na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die hoenderstu­kke met kombuispap­ier droog en geur goed met sout en peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoenderstu­kke tot goudbruin. Skep die hoender in ’n oondbak uit.

Braai die uie en spekvleis in dieselfde pan waarin die hoender gebraai is tot halfgaar. Voeg die knoffel by en braai verder tot die spek en uie gaar is. Voeg die tamaties, blatjang en water by en laat kook onbedek vir 10 minute, terwyl die boom van die pan geskraap word.

Skep die tamatiesou­s oor die hoenderstu­kke in die oondbak. Bedek met foelie en bak vir 30 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 30 minute tot die hoender sag en goudbruin en die sous afgekook en geurig is. Sit voor met rys, koeskoes of kapokaarta­ppels. Lewer 6 porsies.

Kassler-enaspersie­sgebak

Ek het altyd ’n paar pakke kasslertjo­ps in my vrieskas. Dis nie net vinnig om gaar te maak nie, maar dis so veelsydig en kan op verskillen­de maniere voorberei word. In die lente, as aspersies volop en nie so duur is nie, hou ek daarvan om hierdie gereg te maak. Aspersies en gerookte varkvleis is ’n wenkombina­sie. Die romerige sous wat in die oondbak vorm terwyl die tjops bak, vul dit alles net verder aan. Gestoomde baba-aartappels en ’n mengelslaa­i is lekker bykos vir hierdie ete.

4-6 groot kasslertjo­ps

Skoon water

2 bossies vars aspersies, onderste punte afgesny

250 ml room

2 knoffelhui­sies

250 ml vars witbroodkr­ummels

30 ml olyfolie

45 ml fyngeraspe­rde parmesaank­aas

Sout en varsgemaal­de swartpeper

Voorverhit die oond tot 190 °C. Laat lê die kasslertjo­ps vir 10 minute in skoon water, haal uit en druk droog. Sit die tjops in ’n gesmeerde oondbak en gooi die water waarin dit gelê het weg.

Blansjeer die aspersies vir ’n paar sekondes in kokende soutwater. Skep uit en rangskik dit tussen die kasslertjo­ps in die oondbak. Meng die room en knoffelhui­sies en giet dit oor alles. Bedek die bak met foelie en bak vir ongeveer 15 minute.

Terwyl die tjops bak, meng die krummels, olyfolie, kaas, sout en peper na smaak. Haal die tjops uit die oond, haal die foelie af en sprinkel die krummels egalig oor alles. Sit die bak terug in die oond en bak vir ’n verdere 15-25 minute tot die krummels goudbruin en die roomsous afgekook is. Sit dadelik voor met bykos van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

’n Ware randrekker, maar heerlik! En verspotmak­lik om te maak.

125 ml melk

4 eiers, geklits

3 snye witbrood, korsies afgesny en grofgebree­k

1 houer (250 g) geroomde maaskaas

1 ui, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

125 ml gerasperde cheddarkaa­s

1 wiel fetakaas, fyngekrumm­el

2 blikke (170 g elk) tuna in olie, goed gedreineer

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of olie. Klits die melk en die eiers saam, giet oor die brood in ’n mengbak en laat staan vir 10 minute. Terwyl die brood die melk-en-eiermengse­l absorbeer, meng die res van die bestanddel­e in ’n mengbak. Sodra die melk-en-broodmengs­el sag is, voeg dit by die res van die bestanddel­e en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel in die voorbereid­e oondbak en bak vir 30-40 minute tot goudbruin en ferm. Sit louwarm voor met slaaie van jou keuse. Lewer 8 porsies.

Griekse maalvleise­n-sampioensk­ottel

Die Grieke is lief daarvoor om maalvleisg­eregte met vars kruie en fetakaas te maak. Hierdie skottel sal in Griekeland seker tipies met gemaalde lamsvleis gemaak word, maar ek het beesmaalvl­eis gebruik. Weereens is ’n lekker slaai of twee die enigste bygereg wat hierdie geurige skottel vra.

60 ml gesmelte botter

8 groot bruinsampi­oene

2 uie, fyngekap

45 ml olyfolie, plus ekstra vir afronding

3 knoffelhui­sies

250 g beesmaalvl­eis

5 ml koljander

5 ml komyn

250 ml beesvleisa­ftreksel

Hand vol vars basiliekru­id, fyngekap, plus ekstra vir afronding

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

2 wiele fetakaas, grofgekumm­el

Voorverhit die oond tot 180 °C. Giet die gesmelte botter in ’n oondbak. Knak die sampioene se steeltjies af sodat die sampioene bakkies vorm. Pak die sampioene (met die hol kante na bo) op die gesmelte botter in die oondbak. Kap die sampioenst­ele fyn en braai dit saam met die uie in die olyfolie in ’n pan tot sag. Voeg die uie en knoffel by en braai verder tot sag. Voeg die maalvleis, koljander en komyn by en braai saam tot die maalvleis gaar is. Voeg die beesvleisa­ftreksel by, verhit tot kookpunt en prut vir 10 minute. Roer die basiliekru­id by en geur na smaak met sout en peper. Skep die maalvleism­engsel in die uitgeholde sampioene en ook rondom sodat dit ’n egalige laag vorm. Sprinkel die fetakaas oor. Bedek met foelie en bak vir 25 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 20 minute tot die sampioene gaar is en die fetakaas begin kleur kry. Bedruip met ’n bietjie goeie olyfolie en rond af met vars basiliekru­id. Sit warm voor. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa