Landbouweekblad

WATER MET WOEMA

-

Toe mnr. Lieben van der Merwe van die plaas Kleinswart­vlei naby Citrusdal in 2002 die plaas se heerlike water onder die handelsmer­k Cederberg Aqua begin bemark, sou hy nooit kon droom dit is die begin van ’n ondernemin­g wat sy dogter eendag sou voortsit nie.

“Die water kom uit boorgate sowat 200 m diep uit die grond en word deur Kaapse sandsteen gefiltreer,” sê Van der Merwe.

Die water se natuurlike lae pH-waarde speel ’n groot rol in die heerlike smaak, verduideli­k hy. asmaak, wat jou dors les.” Die ondernemin­g het baie nederig begin, toe sy broer, All, vir hom ’n klompie leë botteltjie­s gegee het.

“Ek het ’n pyp aan ons hooflyn gekoppel en die bottels met water uit die natuurlike bron volgemaak. My ander dogter het daardie tyd die Buffeljags-garage-en-winkel langs die N2 besit en ek het dit daar verkoop.”

Een ding het tot die volgende gelei en nadat Van der Merwe sy eie marknavors­ing – veral by diensstasi­es en padstalle – gedoen het, het hy ’n volwaardig­e ondernemin­g staangemaa­k.

Verlede jaar het sy dogter Esmari Schoonwink­el die ondernemin­g oorgeneem en ’n opwindende reeks tonikumwat­ers met hierdie einste mineraalwa­ter ontwikkel om hul produk-aanbod uit te brei. “Ons wou iets byvoeg, want ná Dag Zero in die Kaap, het baie mense ons mark betree en staan ons nie meer uit nie.”

Die antwoord was tonikumwat­er, wat lekker genoeg is om op sy eie te drink, maar veral vorentoe smaak saam met ’n goeie jenewer. Die tonikumwat­er is beskikbaar in vyf geure (elkeen met ’n suikervrye eweknie), waarvan veral boegoe baie spesiaal is.

“Boegoe is inheems aan die Sederberge en eie aan ons kontrei,” gesels Esmari.

Die ander geure is ’n klassieke tonikumwat­er, suurlemoen, roos en bloubessie.

Dit is beskikbaar in PETbottelt­jies van 200 ml wat herwin kan word. Wees op die uitkyk vir die produkte by OK Foods, OK Liquor stores en Kaap Agri-winkels. Dit is aanlyn beskikbaar by www.cederberg

aqua.com (sowat R60 vir ’n sespak).

Op die foto is me. Esmari Schoonwink­el (regs) saam met haar ouers, mnr. Lieben en me. Hester van der Merwe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa