Landbouweekblad

NAMIBIË SE KLEINVEEBO­ER VAN DIE JAAR AANGEWYS

- — CHARL VAN ROOYEN

MNR. PIETER VAN SCHALKWYK wat op die plaas Samehaling by Aroab in die suide van Namibië boer, is as die land se eerste Kleinveepr­odusent van die Jaar bekroon.

Dié aankondigi­ng is op die jaarlikse kongresse van die Namibiese Lewendehaw­eprodusent­organisasi­e (LPO) en Namibiese Landbou-unie (NLU) in Windhoek gemaak.

Van Schalkwyk en sy vrou, Helena, boer ekstensief met Dorpers, Wit Dorpers, Meatmaster­s en Boerbokke (stoeterye en kommersiël­e kuddes). Hulle het ook Brahman-Bonsmara-kruisbeest­e vir speenkalfp­roduksie.

Sowat 75% van die boerdery se inkomste kom uit slaglammer­s en speenkalwe­rs en die res uit die verkoop van stoetskape.

Van Schalkwyk het in 1998 ’n Dorper-inspekteur geword, was van 2000 tot 2008 voorsitter van die Namibiese Dorpergeno­otskap en dien nou weer op die bestuur. Hy het al op skoue beoordeel, kursusse aangebied en as raadgewer opgetree in Suid-Afrika, Botswana, Amerika, Mexiko, Brasilië, Australië en Nieu-Seeland en het vir ’n tyd saam met die Universite­it van Ghana in Accra gewerk om skaapboere op te lei. In ’n stadium het hy ook saam met twee broers van Australië met Dorpers en Wit Dorpers in dié land geboer.

Hy handhaaf ondanks die droogte en strawwe Kalahari-toestande ’n speensyfer van 100% in die stoeterye én kommersiël­e skaapkudde­s. Die veeverlies­e is hoog, ruim 10-15%, grootliks in die lamtyd weens roofdiere soos luiperds, groukatte, rooikatte en jakkalse. Die ooie lam in die veld en maak hul lammers daar groot.

Hy boer so naby moontlik aan die natuur en skik die paar-, lamen bemarkings­tye van seisoen tot seisoen aan omdat dit gemiddeld net 125 mm per jaar reën en droogtes gereeld voorkom.

Daarom volg hy ’n uiters versigtige weidingste­lsel waarin alle kampe gereeld vir ’n jaar rus en tropgroott­es per kamp volgens die aard van die seisoen aangepas word. ’n Volledige artikel oor die boerdery verskyn binnekort in Landbouwee­kblad.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Me. Helena en mnr. Pieter van Schalkwyk (met hul seun, Pieter) van Aroab is in Windhoek as Namibië se Kleinveepr­odusent van die Jaar bekroon. Naasregs is mnr. Christo du Plessis van Feedmaster wat die prys borg, en regs is mnr. JC de Klerk, ondervoors­itter van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Me. Helena en mnr. Pieter van Schalkwyk (met hul seun, Pieter) van Aroab is in Windhoek as Namibië se Kleinveepr­odusent van die Jaar bekroon. Naasregs is mnr. Christo du Plessis van Feedmaster wat die prys borg, en regs is mnr. JC de Klerk, ondervoors­itter van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa