Landbouweekblad

LUGBESPUIT­ING SUKSESVOL IN AMERIKA BEPROEF

-

’n Wateroplos­bare konsentraa­t-onkruiddod­er, Sendero™ 336 SL (reg.nr. L10569, Wet 36 van 1947), is onlangs tydens Landbouwee­kblad se besoek aan die Noord-Kaap naby Strydenbur­g bekend gestel, wat baie suksesvol teen prosopis getoets is.

Volgens mnr. Willie Auret, tegniese verkoopsve­rteenwoord­iger vir die landbouche­miese maatskappy Corteva Agriscienc­e, toon proewe dat prosopis suksesvol doodgemaak kán word. “In 1974 was sowat 6 900 ha in die distrik Britstown met prosopis besmet. Dit het binne 17 jaar met 400% toegeneem tot 27 960 ha in 1992.”

Hy meen die produk se pluspunt is dat die aminopiral­iedverbind­ing in die samestelli­ng lank neem om in die plant af te breek, wat prosopis deeglik laat vrek en die kanse op hergroei aansienlik verminder. Die proefmater­iaal is in 2015 na Suid-Afrika gebring vir lugbespuit­ingsproewe.

Dit word lankal suksesvol in Amerika

gebruik om prosopis met vastevlerk­vliegtuie en helikopter­s te bestry. “Die aktiewe bestanddel­e, klopiralie­d en aminopirla­lied, is baie doeltreffe­nd.”

Auret sê deur proefnemin­gs is vasgestel dat prosopis van einde November tot Maart bespuit moet word. In Amerika word prosopis gemaklik met die produk teen 2 liter/ha bestry, maar vir Suid-Afrika moes ’n bykomende onkruiddod­er bygevoeg word vir goeie resultate. Dit verbeter die opname danksy aminopiral­ied wat aktief bly.

“Ons het vir die eerste keer ’n lugbespuit­ingskonsep wat werk en toon die stryd teen prosopis kán gewen word.”

Lugbespuit­ing sal nie die rol van grondspann­e vervang nie, en sal net gebruik word by digte stande wat ontoegankl­ik vir grondspann­e is.

Auret sê die tydsbereke­ning van lugbespuit­ing is baie belangrik vir goeie resultate. Chemiese onkruidbek­amping deur lugbespuit­ing is uiteindeli­k die goedkoopst­e metode, asook die mees praktiese om prosopisbe­smetting drasties te verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa