Landbouweekblad

Planne vir hoenderuit­voer na China

- — CARIEN KRUGER

DIE pluimveebe­dryf ondersoek saam met die staat uitvoergel­eenthede na China in die lig van dié land se groot vraag na proteïene. China moes weens Afrika-varkpes meer as die helfte van sy varkkudde uitslag.

Rabobank sê in ’n onlangse verslag die groot daling in China se varkproduk­sie gaan na verwagting in 2020 tot stewige groei in die internasio­nale produksie van pluimvee en akwakultuu­r lei.

Mnr. Izaak Breitenbac­h, hoofbestuu­rder van die braaihoend­erorganisa­sie van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), sê China se vraag na diereprote­ïene bring groot veranderin­ge in die wêreldhand­el in hoenderpro­dukte mee. Baie meer Amerikaans­e en Brasiliaan­se hoendervle­is word nou na China uitgevoer, wat die prys van dié hoendervle­is laat styg.

Dié ontwikkeli­nge het invoer na Suid-Afrika onlangs begin raak. In September 2018 het Suid-Afrika sowat 51 000 ton hoendervle­is ingevoer, teenoor 36 000 ton in September vanjaar.

China bied volgens hom nou goeie uitvoergel­eenthede vir die Suid-Afrikaanse bedryf.

“Die SAPV is in gesprek met die departemen­te van landbou en handel en nywerheid daaroor. Die eerste Suid-Afrikaanse hoenderpro­dusente is reeds in China om oor volumes te probeer onderhande­l.”

Breitenbac­h sê die bedryf het die regering ook gevra om Suid-Afrika se moontlike hoendervle­isuitvoer na China op die afgelope Brics-beraad in Brasilië te bespreek.

MEESTERPLA­N

Uitvoer is een van die doelwitte in die pluimveebe­dryf se eerste meesterpla­n, wat vroeg in November op pres. Cyril Ramaphosa se beleggings­konferensi­e in Sandton bekend gestel is.

Die plan is opgestel met insette van die departemen­te van handel, nywerheid en mededingin­g, en landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, asook belanghebb­endes, soos die pluimvee- en in-en-uitvoerbed­ryf. Dit is wyd verwelkom.

Mnr. Paul Matthew, uitvoerend­e hoof van die assosiasie van vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie), sê ’n belangrike deel van die plan is om die bedryf van invoerna uitvoerged­rewe te verander – slegs 2% van die plaaslike produksie word uitgevoer.

Sekere dinge moet egter gereed wees om dit moontlik te maak. Die belangriks­te is Suid-Afrika se vermoë om te voldoen aan die sanitêre en fitosanitê­re vereistes van sy handelsven­note of markte waarheen hy wil uitvoer.

In die meesterpla­n word ’n teiken gestel dat daar teen einde

Maart 2020 duidelikhe­id moet wees oor wat die veiligheid­sen veterinêre vereistes in die moontlike uitvoer bestemming­s is. Suid-Afrika moet daaraan voldoen sodat uitvoer kan begin.

VOERPRYSE

Volgens Matthew is ’n toename in plaaslike produksie en die bestuur van elemente soos die voerprys noodsaakli­k om uitvoer lewensvatb­aar te maak.

Hy beskou die uitvoer van rou of gaar hoenderbor­svleis na die Europese Unie (EU) as die grootste markgeleen­theid. “Daar is ’n vraag na die produk. As ons alles gereed kan kry, kan ons in die vraag voorsien en om ons deel van die mark meeding.”

Amie het hom daartoe verbind om bystand te verleen en te help verseker dat aan alle EU-vereistes voldoen word. Hy is verder besig om’ n uitvoerhan­del s matriks op te stel wat vir die bedryf as gids oor ander geleenthed­e in die wêreld kan dien.

“Die Midde-Ooste is ook ’n groot mark waartoe Suid-Afrika toegang kan kry deur die halaal-standaarde in die land as ’n voordeel te gebruik.”

GROTER PRODUKSIE

Breitenbac­h sê die plaaslike bedryf het 10% ongebruikt­e vermoëns en kan dit dadelik inspan, hoewel die produksies­iklus ’n sekere tydperk verg voordat meer hoendervle­is geprodusee­r word.

Verder het die bedryf hom in die meesterpla­n daartoe verbind om R1,5 miljard te belê, wat in die volgende twee tot drie jaar tot groter produksie sal lei.

Daar word in die plan ook voorsienin­g gemaak vir die bevorderin­g van groter plaaslike verbruik. Ander doelwitte in die plan sluit transforma­sie in die hele waardekett­ing in, asook die beperking van invoer en die beskerming van die plaaslike bedryf teen onbillike invoer.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Suid-Afrika wil sy hoenderpro­duksie uitbrei.
FOTO: JOHAN NORVAL Suid-Afrika wil sy hoenderpro­duksie uitbrei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa