Landbouweekblad

Sukses met verskansin­g: 10 dinge vir groter graanwins

Die kristalbal van graanversk­ansing kan dikwels wasig voorkom. ’n Indiepte-ontleding dui daarop dat suksesvoll­e boere dié 10 sake onder die knie het.

-

Die suksesvoll­e en doeltreffe­nde verskansin­g van graan bly een van die grootste kwessies vir produsente, plaaslik asook internasio­naal. Daar is egter produsente wat deurlopend goeie resultate met hul prysrisiko­bestuur behaal. Wat doen hulle om sukses te behaal en wat kan ons daaruit leer?

Ons het hierdie produsente geïdentifi­seer en ondersoek ingestel na die redes vir hul sukses. Die volgende 10 punte kan ander produsente help om goeie besluite te neem en die druk van verskansin­g minder te maak.

1. DIE VERSKIL TUSSEN VERSKANSIN­G EN SPEKULASIE

Wees bedag daarop om nie die verskansin­g van jou graan met spekulatie­we transaksie­s te vermeng nie. Daar is ’n fyn lyn tussen verskansin­g en spekulasie: Moenie daardie lyn oorsteek nie. Hoe weet jy of jy besig is om te verskans of te spekuleer?

Verskansin­g het ten doel om jou boerdery se risiko minder te maak en winsmarges op jou fisiese graan vas te lê. Daarteenoo­r verhoog spekulasie jou risiko met die doel om moontlik – nie waarskynli­k nie – wins te maak.

Beoordeel jou verskansin­gstrategie­ë en stel uitsluitli­k aksies in werking wat jou prysrisiko verlaag.

2. WEES REALISTIES OOR VERWAGTING­E

Navorsing wat in Amerika deur Irwin, Good, Martines-Filho en Batts (2006) gedoen is, het bevind dat twee derdes van produsente hul graan in die onderste derde van die prysband verskans. Hoewel daar nog nie soortgelyk­e statistiek­e plaaslik beskikbaar is nie, sal dit heel waarskynli­k tot ’n eenderse gevolgtrek­king kom.

Niemand weet vooraf waar die pryshoogte­punt vir ’n seisoen gaan wees nie. Pryse verhandel tradisione­el juis op die hoogste vlakke wanneer produksiet­oestande op die slegste is (en niemand wil verskans nie). Stel ’n realisties­e doelwit om ’n bogemiddel­de prys vir die seisoen te behaal en meet jou aan die einde van die seisoen teen die gemiddelde prys vir die jaar, nie teen die hoogste vlak waarteen pryse verhandel het nie.

Die afgelope vyf jaar was die gemiddelde

as Julie-witmieliep­rys volg: (Augustus tot Julie) 2015 R2 363 2016 R4 042 2017 R2 280 2018 R2 051 2019 R2 771

Hoe vergelyk dit met die prys wat jy in die vooruitsig gestel het?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa