Landbouweekblad

SA groot speler op avo’s se wêreldverh­oog

Die avokadobed­ryf het met ’n groot probleem te doen – ’n gebrek aan kultivars. ’n Relatief klein Suid-Afrikaanse boerdery sit egter sy plek op die wêreldverh­oog vol deur ’n oplossing te help skep.

- Mnr. Zander Ernst is deel van Allesbeste-boerdery se bestuurspa­n, en is in beheer van produksie en bemarking.

Soms besef ’n mens nie wat die impak is van die klein take waarmee jy jouself besig hou nie. In 1987 het Suid-Afrikaners onder die leiding van mnr. Jan Toerien, destyds die uitvoerend­e hoof van Westfalia, besluit om ’n internasio­nale byeenkoms van al die avokadobed­rywe ter wêreld te reël. Dit het navorsers, kwekery-eienaars, telers en produsente ingesluit. ’n Handjie vol verteenwoo­rdigers van elke bedryf het die kongres by die Universite­it van Pretoria bygewoon. Daar was sowat 200 kongresgan­gers uit 22 lande – te midde van ’n gespanne politieke klimaat.

Indien die omstandigh­ede anders was, sou ’n bietjie meer mense sekerlik die kongres bygewoon het. Mnr. Hank Brokaw, die stigter van die wêreld se grootste klonale avokado-kwekery, het in sy verslag aan die Kalifornie­se bedryf geskryf: “One of the worst things about the congress in South Africa was, it was so darned good. It was extraordin­arily well organised . . . ”

Hy het uitgebrei en gesê een van die indrukwekk­endste aspekte van die kongres was die geriewe. “We were in a sort of a mini UN building, I thought, because we all sat in a great, very luxurious auditorium. There were earphones there, and there were translator­s. Here in California we have our translator­s sit in the back of the room and have wires all over the place. There, you couldn’t see any wires – they were planted into the table. The translator­s were safely tucked behind glass windows. It was really a marvellous layout. We told them that South Africans could come here free, if they would just bring their auditorium.”

Dit was die indrukke wat by die Universite­it van Pretoria gelaat is. En dit was die begin van ’n suksesrese­p.

DIE WIL OM TE GROEI – ONDANKS KORRUPSIE

Vanjaar het 3 247 kongresgan­gers uit 50 lande die negende Wêreldavok­ado-kongres in Medellín, Colombia, bygewoon. Dit is steeds ’n besonderse geleenthei­d waar mededinger­s van oral in die avokadowêr­eld drie dae lank onder een dak byeenkom vir kruisbestu­iwing oor navorsing en die groei en ontwikkeli­ng van die avokadobed­ryf.

By die kongres in 2015 in Peru, en selfs nog vroeër vanjaar, was daar wêreldwyd twyfel oor die vermoë van een van die jongste avokadobed­rywe om die kongres in so ’n gevaarlike land soos Colombia te kan aanbied.

Dit is immers in die hart van die dwelmbaas Pablo Escobar se Medellín-kartel.

Nog nooit het ’n Derdewêrel­dland my egter so beïndruk nie. Die stad is ’n pragvoorbe­eld van wat ’n regering kan regkry as hy hande vat met private maatskappy­e wat in die welstand van mense wil belê. Dis ’n regering wat die groei en ontwikkeli­ng van die land en sy mense eerste plaas, en, ten spyte van korrupsie, steeds geld reg belê in die toekoms van die land.

Medellín is die eerste stad ter wêreld wat kabelkarre­tjies vir openbare vervoer inspan, selfs vir die mense wat teen die heuwels woon. Armoede is steeds ’n groot probleem, en daar is nog korrupsie.

Colombia is egter ’n land wat wil groei, en hy blameer nie iets of iemand anders vir sy armoede en probleme nie. Daar word net elke dag gewerk om ’n verskil te maak, met die oog op môre.

SA AAN DIE VOORPUNT

Die kongres was volgens alle aanduiding­s die eerste een in sy soort wat heeltemal volbespree­k is. Dit getuig van die belangrikh­eid van samewerkin­g in die avokadobed­ryf, selfs ná 32 jaar.

Vir só ’n jong bedryf is samewerkin­g en

kruisbestu­iwing noodsaakli­k. Daar is nie plek vir iemand om op sy eie molshoop te sit en te glo hy weet hoe om met avokado’s te boer nie. Die agterstand sal bloot net te groot word.

Die hooftemas wat bespreek is, sluit in genetika, teling en seleksie, praktyknav­orsing, ná-oeshanteri­ng en gehalte, plaagbestr­yding en bedreiging­s, bemarking en markgeleen­thede.

Brokaw het die Suid-Afrikaanse bedryf in 1987 geprys vir sy innovering om meer as een kultivar te gebruik om die avokadosei­soen oor soveel maande moontlik te rek. In daardie stadium het die Kalifornie­se bedryf slegs op Hass staatgemaa­k, met klein hoeveelhed­e Fuerte.

Brokaw het gemeen genetiese eienskappe gaan die toekoms van die avokadobed­ryf wees, en hy was opgewonde oor teling- en seleksiepr­ogramme wêreldwyd.

Dit is nou 32 jaar later, en die wêreldavok­adobedryf word eintlik tegnies bedreig deur sy tekort aan nuwe kultivars. Daar is bedrywe wat tans slegs Hass verbou. Die bedrywe wat meer as een kultivar het, word slegs deur klein hoeveelhed­e ander kultivars ondersteun. Die rede hiervoor is hoofsaakli­k die waardekett­ing wat geen belangstel­ling toon om meer as een kultivar te hanteer nie. Eenvoud is ongetwyfel­d in hul eie belang.

MEER KULTIVARS NODIG

Een van die hoogtepunt­e op die kongres was reeds op die eerste dag, wat feitlik heeltemal gewy is aan teelmateri­aal en kultivarna­vorsing en -ontwikkeli­ng. Die behoefte na meer en beter kultivars blyk duidelik.

Kwessies soos die risiko vir die avokado-aanbod wêreldwyd indien die enkelkulti­varbedryf deur ’n siektetoes­tand getref sou word, en daar geen ander kultivars is wat daarteen bestand is nie, is bespreek. Soortgelyk­e gevalle het al bedrywe soos piesangs, kiwivrugte en ander vrugtesoor­te bedreig.

Kultivaron­twikkeling en navorsing is ook nodig om in die verbruiker se behoefte na beter avokado’s te voorsien, asook beter gehalte en miskien selfs pitlose vrugte. Dit bestaan reeds, maar kan tans nie gekommersi­aliseer word nie. Die genetiese eienskappe bestaan egter reeds.

Hoe belangrik sal die genetiese kartering van avokado’s nog word om op mikro-vlak genetiese teling en seleksie te doen?

Selfs avokado’s wat doeltreffe­nder teen hoër tonnemaat geprodusee­r kan word. Dit is onafwendba­ar en moet verbeter. Die bedryf boer tans teen ’n groot spoed vooruit.

MYLPAAL OP DIE WÊRELDVERH­OOG

Dag een is afgesluit met ’n paneelbesp­reking met deelname uit die gehoor oor die toekoms van avokadokul­tivars. Die drie paneellede het bestaan uit die drie entiteite wat tans die grootste bydrae tot die teling en seleksie van kultivars lewer: Die Universite­it van Kalifornië, die genetiese verbeterin­gsmaatskap­py CICTAMEX en Allesbeste-boerdery van Tzaneen in Suid-Afrika.

Dit is ’n mylpaal vir Allesbeste om hierdie erkenning te kry. Allesbeste is ook die enigste private entiteit ter wêreld wat tans avokadotel­ing en -seleksie doen. Om op so ’n groot platform erken te word vir die bydrae wat dr. André Ernst oor die afgelope 30 jaar in die veld gemaak het, is iets besonders. Soms besef ’n mens nie die impak van die klein take waarmee jy jouself besig hou nie.

Allesbeste was destyds ’n klein boerdery van nie meer as 30 ha avokado’s nie. Om sake in perspektie­f te stel, is Allesbeste vandag nog ’n klein boerdery gemeet aan wêreld- en selfs standaarde in Suid-Afrika. Met ’n ingesteldh­eid van volharding en die behoefte om ’n bydrae te lewer, word berge versit.

ROL VAN NAVORSING

In 2003 het Allesbeste besluit dat elkeen van sy mense wat die kongres wil bywoon, ’n navorsings­artikel moet indien vir keuring om ’n aanbieding op die kongres te maak. Sedertdien is reusebydra­es só deur Allesbeste en sy span verteenwoo­rdigers op die internasio­nale kongresse gelewer.

Allesbeste het die volgende navorsings­aanbieding­e op die kongres gemaak:

André Ernst:

■■Die behoefte aan doeltreffe­nde klonale onderstamv­oortplanti­ng.

■■Breedvoeri­ge onderstamn­avorsing in die soeke na die ideale onderstam vir hoëdigthei­dproduksie (spesifiek Maluma).

■■Revolusion­êre benadering tot die ná-oes-opberging van avokado’s met Maluma.

Edrean Ernst: Kommersiël­e waardevoll­e opbrengs.

Zander Ernst: Ultrahoëdi­gtheidprod­uksie en die waarde van opleistels­els met Maluma.

Die kennis en nuwe denkwyses waarmee na afloop van die kongres na Suid-Afrika teruggekee­r word, is baie waardevol. Dit is die hupstoot wat weer ’n nuwe saadjie plant.

Ons glo dit is uiters belangrik om deel te neem in ons bedryf. Moenie slegs ’n toeskouer wees wat probeer bepaal waar jy bloed kan tap nie, maar versprei stuifmeel in die kruisbestu­iwing van idees, hoe verregaand­e sekere denke soms kan voorkom.

Soms is dit slegs ’n enkele gedagte wat weer ander navorsers en deelnemers stimuleer om jou of ’n ander persoon se denke verder te voer en uit te brei.

’n Bedryf groei tot die voordeel van sy deelnemers in reusespron­ge wanneer daar goeie deelname en kruisbestu­iwing plaasvind.

’n Bedryf groei tot voordeel van sy deelnemers in reusespron­ge wanneer deelname en kruisbestu­iwing plaasvind.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa