Landbouweekblad

Melkboere, span saam vir groter bedinging

Om onder die huidige markstremm­ing te oorleef, moet boere skaalvoord­ele benut, gesamentli­ke ondernemin­gs met ’n groter bedingings­mag stig en by die verdere suiwelwaar­deketting betrokke raak.

-

Laer produksie in belangrike­r uitvoerlan­de, matige internasio­nale vraaggroei en laer intervensi­evoorrade lei tot beter internasio­nale pryse. Ongelukkig kan Suid-Afrikaanse melkboere nie uitsien na beter pryse nie.

Volgens die pas gepublisee­rde World Dairy Situation-verslag van die Internasio­nale Suiwelfede­rasie (ISF) het koeimelkpr­oduksie in 2018 met 2,1% gegroei. Dis effens vinniger as die 2% per jaar vanaf 2010 tot 2018. Vinnige produksieg­roei in Indië (+7,8%) en tot ’n mindere mate in Pakistan en Turkye was hoofsaakli­k vir die groei in produksie verantwoor­delik.

Melkproduk­siegroei het in die eerste helfte van 2019 in verskeie lande stadiger geword. In die belangriks­te suiweluitv­oerlande is produksieg­roei oor die algemeen laer as in die vorige jaar ( TABEL 1 ).

Vir 2019 verwag die ISF lae produksieg­roei van sowat 1,8%. Die Internatio­nal Farm Comparison Network (IFCN) verwag egter slegs 1,1% groei in 2019 en 2,1% in 2020. Melkproduk­siegroei in 2019 is op ’n rekordlaag­tepunt, vergelykba­ar met 2013 en 2016.

SUIWELVRAA­G GROEI STEEDS POSITIEF

Die wêreldbevo­lking het in 2018 met 85 miljoen tot 7,6 miljard vermeerder en die gemiddelde per kapita-verbruik van suiwel in dié jaar het met 1,3% tot 113,7 kg per persoon gestyg. Vanaf 2010 tot 2017 het per capita-verbruik met meer as 12 kg gestyg.

Die VLO-OESO-basislynpr­ojeksie dui aan dat suiwelverb­ruik op die lang termyn met 1,7% per jaar sal groei. Internasio­nale handel in suiwelprod­ukte het in 2018 met 5% toegeneem.

Oor die afgelope dekade het internasio­nale handel reeds met meer as Nieu-Seeland se jaarlikse produksie toegeneem.

PRYSVOORUI­TSIGTE

Die belangrike Global Dairy Trade- geweegprod­ukprysinde­ks het verhoog van 846 in November 2018 tot 1 086 in Mei 2019, die hoogste vlak sedert Junie 2017. Hierna het pryse effens teruggesak tot 1 010 op die mees onlangse veiling aan die begin van Oktober vanjaar.

Die VLO-OESO se langtermyn-basislynpr­ojeksies dui aan dat produkprys­e steeds hoër gaan neig oor die volgende tien jaar. Die gaping tussen die pryse van melkvet en ander bestanddel­e gaan waarskynli­k voortduur.

Die daling in voorraad van Europese afgeroomde melkpoeier en laer produksieg­roei kan egter veroorsaak dat dié gaping effens vernou.

Termynmark­te dui op ’n internasio­nale produsente­prys van tussen $38 en $39 per 100 kg melk vir 2020. Die IFCN verwag dat produkprys­e op ’n produsente­prysvlak van tussen $35 en $38 per 100 kg melk sal beweeg. Teen die verwagte rand-dollar-wisselkoer­s van R14,60 vir die laaste kwartaal van 2019 is dit gelykstaan­de aan ’n Suid-Afrikaanse produsente­prys van tussen R4,93 en R5,35.

Indien die rand verder verswak, kan die pryse verder styg.

SUID-AFRIKAANSE SITUASIE

Die plaaslike vraag het wel toegeneem ondanks die swakker ekonomie. In die 12 maande tot einde Junie het die vraag na Suid-Afrikanse suiwelprod­ukte, soos aangedui in die mees onlangse Sampro-verslag, met die uitsonderi­ng van die varsmelkka­tegorie, positief gegroei (sien TABEL 2 ). Met die uitsonderi­ng van botter en maas het die toename in vraag ook teen hoër pryse plaasgevin­d.

Die skerp styging in verkope van langleweme­lk teen hoër pryse, dui op ’n verskuiwin­g in die vraag na langleweme­lk. Die negatiewe groei in die varsmelkka­tegorie veroorsaak dat produsente­pryse traag op markseine reageer.

In die verlede was dit gewoonlik die kleiner varsmelkve­rwerkers wat eerste tekorte ervaar en dan pryse verhoog het om hul inname te verhoog. Dit het dan ’n siklus van prysverhog­ings tot gevolg gehad, waar die groter kopers gedwing is om hul pryse aan te pas. Hierdie belangrike aansitter van prysverhog­ings is tans afwesig.

Plaaslike suiwelverw­erkers het ten volle in die styging in pryse gedeel. Die produksiep­rysindeks van vervaardig­de suiwelprod­ukte en die prys wat melkverwer­kers vir hul produkte ontvang, het sedert die sewejaarho­ogtepunt wat in Mei 2018 bereik is, effens gedaal en is tans 0,5% laer as die hoogste vlak nog. Daarenteen daal produsentp­ryse skerp vanaf November 2017 tot ’n laagtepunt in Desember 2018.

Ná ’n effense verbeterin­g tot April 2019 daal pryse weer en kopers het reeds vanaf Oktober prysverlag­ings aangekondi­g. Die verloop van pryse op produsente- en exde

fabrieksvl­ak gegrond op die amptelike syfers van Statistiek­e SA en soos ook maandeliks deur Melk SA aangedui, word in die meegaande FIGUUR aangedui. Dit wys dat produsente­pryse meer veranderli­k as ex-fabriekpry­se is en dat dit nie met die styging in ex-fabriekpry­se tred gehou het nie.

In Suid-Afrika is die vinnige produksieg­roei in 2018 opgevolg deur veel stadiger produksieg­roei in 2019. In die eerste agt maande van 2019 is daar, aldus Melk SA, 2 126 miljoen ton melk in Suid-Afrika aan verwerkers gelewer. Dit is 0,15% minder as in die ooreenstem­mende tydperk in 2018.

Melkboere se winsgewend­heid is steeds onder druk. Die droogte in verskeie gebiede het daartoe gelei dat boere wat in die verlede grootliks van weidings af melk geprodusee­r het, nou verplig is om melkkoeie meer konsentrat­e te voer. Hoewel dit produksie oor kort termyn bevorder, is dit nie op lang termyn volhoubaar nie. Geringe graanpryss­tygings en die pas aangekondi­gde produsente­prysverlag­ings lei daartoe dat die melk-tot-voerprysve­rhouding nou ’n kritieke vlak van minder as 1,2:1 bereik het.

Die oplewing in melkproduk­siegroei gaan waarskynli­k nie voortduur nie. Terwyl melkverwer­kers steeds genoeg melk kry om aan hul vraag te voldoen en dit gou met invoer kan aanvul, indien daar enige gevaar van ’n moontlike tekort ontstaan, gaan die plaaslike produsente­pryse onder druk bly.

GROTER SAMEWERKIN­G BELANGRIK VIR OORLEWING

Internasio­nale suiwelverb­ruik groei as gevolg van die bevolkings­aanwas en ’n toename in per capita-verbruik. Produksieg­roei gaan sukkel om aan die vraag te voldoen. Pryse gaan dus matig styg.

Die Suid-Afrikaanse mark groei en verdere groei gaan tot verwerkers en kleinhande­laars se voordeel wees. Hoër ex-fabriek- en kleinhande­lspryse gaan nie tot beter produsente­pryse lei nie. Die Suid-Afrikaanse melkboer nie sonder meer in die wins wat buite die plaashek gemaak word, deel nie.

Veral boere wat melk aan kopers lewer wat net in die varsmelkma­rk sake doen, gaan stagnante pryse ervaar wanneer die kopers baklei vir markaandee­l in ’n krimpende mark.

“Get big or get out” was een van die landbou-ekonoom prof. Eckardt Kassier se minder gewilde sêgoed. Ongelukkig is dit waar dat produksieg­roei noodsaakli­k vir oorlewing is. Die groei hoef nie net individuee­l te wees nie.

Daar is baie voorbeelde van boere wat gesamentli­ke ondernemin­gs gevestig het om die regte skaalvolum­es te bereik. Die gesegde moet verander word na “Get big, get together or get out”.

Kleiner melkprodus­ente sal net oorleef deur self waarde toe te voeg en ’n nismark te bedien. Groter melkprodus­ente wat skaalvoord­ele ten volle kan benut, sal oorleef, hoewel winste onder druk gaan bly.

Daar is heelwat voorbeelde van melkboere wat of op hul eie of as groepe met groot sukses by die waardekett­ings buite die plaashek betrokke geraak het. Daar was wel gevalle waar die boerbeheer­de besigheid misluk het. Dié gevalle behoort ander boere nie af te skrik nie.

Dr. Koos Coetzee is ’n onafhankli­ke landbou-ekonoom.

 ??  ??
 ??  ?? Daar is genoeg voorbeelde van suksesvoll­e boerbeheer­de besighede wat munt slaan uit die waardekett­ing buite die plaashek. Dié strategie kan veral kleiner melkprodus­ente help om te oorleef.
Daar is genoeg voorbeelde van suksesvoll­e boerbeheer­de besighede wat munt slaan uit die waardekett­ing buite die plaashek. Dié strategie kan veral kleiner melkprodus­ente help om te oorleef.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa