Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

Die beoogde grondwetwy­siging wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak, verwys net na grond en nie na ander eiendom nie. Dit volg nadat sommige deelnemers aan ’n werksessie van die parlement se ad hoc-komitee wat die grondwetwy­siging ondersoek, gemeen het die woord moet verduideli­k word en is nie breed genoeg nie. Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die komitee, het gesê in hierdie stadium sal die komitee nie op eiendom in die algemeen konsentree­r nie, aangesien dit nie in die komitee se mandaat is nie. Verder sluit sy mandaat nie die voogdyskap van grond in nie. Laasgenoem­de was in reaksie op ’n voorstel van die EFF dat die staat voogdyskap van alle eiendom oorneem.

Staatshoof­de op die Brics-beraad in Brasilië het hulle op 11 November amptelik verbind tot maatreëls om die onderfaktu­rering van ingevoerde goedere te beveg en om wêreldwye vraag en groei te bevorder. Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het dié kwessie namens Suid-Afrika uitgelig op die beraad nadat wydverspre­ide onderfaktu­rering en soortgelyk­e praktyke wat plaaslike klere-, skoen-, pluimvee-, elektronik­a- en staalmaats­kappye ondermyn, in Suid-Afrika aan die lig gekom het. Patel het in ’n verklaring gesê dié ondernemin­g sal help om die doelstelli­ngs van die meesterpla­nne vir pluimvee en die klerebedry­f te verwesenli­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa