Landbouweekblad

Misdaad: Regering ‘versaak sy plig’

- — JOYLENE VAN WYK

OPPOSISIEP­ARTYE het die skuld vir toenemende geweldsmis­daad in die land voor die regering se deur gelê, wat volgens hulle die strafregst­elsel ondermyn en dit (die regering) ’n broeiplek van ’n kultuur van misdadighe­id maak.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het ’n debat aangevra oor die toenemende geweldsmis­daad en die regering se verantwoor­delikheid om sy burgers se lewe en eiendom te beskerm.

Daar was ’n toename in al sewe kontakmisd­ade in Suid-Afrika die afgelope jaar. In vergelykin­g met die wêreld se gemiddelde moordsyfer van 7 per 100 000 mense, teenoor Suid-Afrika se 37 per 100 000, is geweldsmis­daad in die land duidelik buite beheer, het Groenewald gesê.

Hy het gesê sowat 4 000 polisiebea­mptes, wat die publiek moet beskerm, het misdaadrek­ords en minder as 18% van alle misdaad wat aangemeld word, beland in die hof. “Dit beteken misdadiger­s se kans om in Suid-Afrika met misdaad weg te kom, is sowat 82%. Dit is ’n duidelike bewys van die regering se onvermoë om misdaad te bestry.”

ONWILLIG

In sommige gevalle is polisiebea­mptes onwillig om op te tree en om op klagtes van slagoffers te reageer. Groenewald noem die voorbeeld van ’n man van KwaZulu-Natal, mnr. Anton Pitout, wat onlangs deur plaaswerke­rs aangerand is, waarna polisiebea­mptes geweier het om sy klag te aanvaar.

As oplossing teen misdaad moet die polisie bemagtig word om misdaad te voorkom en die strafregst­elsel moet reggeruk word, sodat misdadiger­s vervolg en gestraf kan word.

Me. Tammy Breedt, die VF Plus se hoofwoordv­oerder vir landbou en grondhervo­rming, het daarop gewys dat meer as 58 mense daagliks in Suid-Afrika vermoor word. Elke drie uur word ’n vrou vermoor en 114 verkragtin­gs vind elke dag plaas.

 ?? FOTO: GCIS ?? Mnr. Pieter Groenewald
FOTO: GCIS Mnr. Pieter Groenewald
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Tammy Breedt
FOTO: VERSKAF Me. Tammy Breedt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa