Landbouweekblad

Dekgewasse moet help om koolstof in grond te verhoog

Die boer wat vanjaar deur Rooibos Beperk vereer is vir sy uitsonderl­ike bydrae tot produksie, plant dekgewasse tussen rooibossik­lusse om wind- en watererosi­e te keer en organiese materiaal in die grond te verhoog om uiteindeli­k groter oeste te behaal.

- NAVRAE: Mnr. Robert Bergh, e-pos: robbergh@ gmail.com; 084 460 8138.

In die natuur floreer rooibos in arm sandgrond, maar dieselfde toestande kan probleme skep wanneer dié tee kommersiee­l verbou word. Rooibosboe­re het dus die afgelope 100 jaar van kommersiël­e boerdery verskillen­de nuwe praktyke ontwikkel om opbrengste te verhoog en teeplantas­ies se lewensduur te verleng.

Rooibos Beperk, die teeverwerk­ings-enverskaff­ingsmaatsk­appy op Clanwillia­m, het tot 2017 tweejaarli­ks ’n Boer van die Jaar aangewys. Mnr. Johan Brand, tegniese bestuurder by Rooibos Bpk., sê hulle vereer boere nou op ’n ander manier. “Ons kies ’n onderwerp en evalueer ’n paar boere wat aan die onderwerp voldoen. Die boer wat die beste vaar, kry erkenning vir die produksieb­ydrae wat hy tot die bedryf lewer.”

sê ’n boeredag word op die plaas van die wenboer gehou. “Op die boeredag hou die boer ’n voorleggin­g en ons kry kundiges wat oor die onderwerp kan praat en idees uitruil oor hulpmiddel­s en navorsing.”

In die oesjaar 2019 is mnr. Robert Bergh van die plaas Zeekoevlei die boer wat ’n uitsonderl­ike bydrae tot die produksie van rooibos gelewer het. Die onderwerp was herlewing. Bergh, wat die graad BCom aan die Universite­it Stellenbos­ch verwerf het, boer sedert 2012 saam met drie bestuurder­s, mnre. Le Roux Carstens, Nicky Louw en Tinus Steyn. Sy pa en broer help met beplanning en strategie.

Hy volg ’n agtjaarrot­asie van vyf jaar tee, gevolg deur dekgewasse, ’n braak jaar en ’n jaar dekgewasse. Die teejare behels plant in die winter van die eerste jaar, top in die

tweede jaar, en die eerste, tweede en derde oes in onderskeid­elik die derde, vierde en vyfde jaar. Hulle begin einde Januarie oes en probeer om voor middel April klaar te maak. “Ons oes met die hand met sekels. Aan die einde van die vyfde jaar word die tee uitgehaal. Die derde oes is vroeg in die jaar, gewoonlik in Febuarie. Sodra die oes af is, haal ons die oorblywend­e bosse uit.”

Die eerste dekgewas van rog of lupiene word in die vyfde jaar geplant. Die sesde jaar lê die teelande braak, en in die sewende jaar word daar weer ’n dekgewas geplant, waarna die volgende siklus tee geplant word.

Bergh het op ’n boeredag op Zeekoevlei gesê met sy boerderypr­aktyke probeer hy om organiese materiaal in die grond te verhoog en mikrolewe in die grond te stimuleer. “Die mikro-organismes vreet die organiese maBrand

teriaal en maak voedingsto­wwe wat in die grond vasgelê is, aan die plante beskikbaar.”

Hy het dit begin doen om sy opbrengs te verbeter. “Ek kry nie meer teeplante wat hoog en geil in die land staan nie. Ek wil ook seker maak dat die volgende geslag hier op Zeekoevlei kan boer en die uitwerking van klimaatsve­randering verminder.”

DEKGEWASSE VIR WEIDING, ‘GRONDKOMBE­RS’

Sodra die tee ná die derde oes uitgehaal is, neem hulle grondmonst­ers, laat die grond ontleed en stel dit dan volgens die aanbevelin­g van die ontleding reg. “Dit wissel baie tussen die lande, maar ons dien gewoonlik kalk, kaliumchlo­ried en Maxifos toe voordat ons die dekgewas plant.”

Die grond word in die somer geghrop om onkruid te bekamp en nagmuise dood te maak. “Ons ghrop seker so 200 mm diep. Hoe dieper jy ghrop, hoe beter maak jy die nagmuise dood, maar dis ook duurder.”

Ná die eerste reën, wat hopelik al in April kom, spuit hulle die onkruid wat opgekom het dood. “As dit lekker gereën het, plant ons die dekgewas. In die ou dae het hulle gesê wat jy nie voor 15 Mei geplant het nie, moet jy nie plant nie, maar ons het die tydperk ’n bietjie gerek en probeer voor middel Junie klaar plant. Ons begin ná 15 April wanneer dit genoeg gereën het.”

Hy het gesê hulle het al in die droë grond geplant. “Die rog groei, maar as ons droog plant, kom die onkruid net so vinnig op. Dis dan moeilik om te bestry.”

Hulle het probeer om allerhande spooreleme­nte te spuit om ’n hoër opbrengs te kry, maar dit het nie veel gehelp nie. Hulle het ook al die dekgewasse gestroop, maar omdat vanjaar so droog was, het hulle alles net platgerol en wat oor was, laat bewei.

Hulle laat die skape net wei totdat daar nog genoeg materiaal op die grond oor is om ’n “kombers” te vorm om die grond koel te hou vir die mikro-organismes. “Die kombers op die grond keer dat die mikrolewe vrekbrand. As dit 40 °C hier buite is, dan is dit in die sand seker hoog in die 70 °C. Dit brand alles vrek. Die kombers hou die mikro-organismes koel en aan die lewe om hul werk te doen.”

Bergh sê mense vra dikwels hoekom hy nie ’n mengsel van dekgewasse plant nie, maar een van sy redes vir dekgewasse is juis om breëblaaro­nkruid in die rogjaar of grasonkrui­d in die lupienejaa­r met doeltreffe­nde chemiese middels te bekamp.

MIN REËN, GELD BEPERK OPSIES

Hy sou lupiene ook in die eerste dekgewasja­ar geplant het as hy kon, maar die afgelope tyd was dit net te droog vir lupiene. “Die lupiene groei nie hoër as tussen die knie en enkels nie. Die rog groei sterk en hoog en maak baie materiaal om die grond te bedek.”

Op die boeredag het dr. Sandra Lamprecht, spesialisn­avorser oor grondgedra­agde siektes by die Landbounav­orsingsraa­d, gesê dit is raadsaam om nie lupiene net voor die rooibosjar­e te plant nie omdat albei peulplante is en siektes oorgedra kan word.

Bergh wil hawer by sy stelsel inbring omdat hy gehoor het hawer maak die grond skoon van siektes, maar hy kry nie genoeg materiaal met die hawer nie.

Lamprecht het egter gesê omdat hawer ’n simptoomlo­se gasheer en gras is, bly die reël staan dat grasse nie ná mekaar geplant behoort te word nie.

Sy het ook gevra hoekom hulle ’n braak jaar in die siklus het, aangesien haar navorsing toon dat dit gunstige toestande vir grondgedra­agde siektes skep. Bergh het gesê dit is te duur om elke jaar ’n dekgewas te plant.

Hy het gesê in die sesde jaar kom die onkruid lekker op, asook opslag van die pitte wat in die vorige jaar agter die stroper uitgewaai het. Die skape wei in die opslag. In Augustus, net voor die onkruid saad skiet, bespuit hulle dit gewoonlik met glifosaat. Hulle het dit nie vanjaar gedoen nie omdat die skape daar gewei het en hulle nie seker is of die bespuiting die regte ding is om te doen nie.

As hulle die tweede keer dekgewasse plant, dien hulle nie kalk en kunsmis toe nie. Hulle sal weer in die somer ghrop

en onkruid voor planttyd bespuit. Aan die einde van die produksiej­aar sal hulle die dekgewas stroop of platrol en laat bewei. “Daar lê baie stoppels. Ons het ’n strookbewe­rkingsmasj­ien (strip till) gekoop om in die somer stroke in die lande te maak.”

Dan doen hulle skeurploeg­bewerkings 500 mm diep en bestry onkruid voordat hulle einde Junie begin om tee te plant.

Volgens Bergh is dekgewasse duur – sowat R6 000 per hektaar per siklus – en as hulle dit nie kan oes nie, kry hulle nie enige regstreeks­e voordele nie.

Die nagmuise raak ook ’n groter probleem.

Boonop beweeg die plantjiepl­anters só stadig dat hulle nie die rogstoppel­s uit die pad kan gooi nie. “Die stoppels gaan sit om die skippies van die planters en blok die plantmasji­ene. Jy moet dus kort-kort optel en weer laat sak.”

Die voordele van dekgewasse is dat hulle min tot feitlik geen wind- of watererosi­e het. “Ons het gevind op die lande wat ons in die Sandveld huur, waai die land sommer heeltemal weg as daar nie bedekking is nie.”

Bergh sê hy raak al hoe banger vir die wind. “Ek weet nie of dit net ek is nie, maar dit voel vir my of die wind meer en sterker waai as in die verlede.”

Verder hoop hulle om die organiese materiaale­n koolstofvl­akke in hul grond op te bou, maar besef dit gaan baie lank duur.

Hy sê hulle probeer om deur die skape van die koste terug te kry, maar kry nog nie alles terug nie. “My pa sê toe hy begin boer het, het die skape alle koste van die graan gedek, maar hulle het toe nog met skare omgeploeg en geplant. Die skape help darem ook tot Augustus met onkruidbek­amping in die tee.”

 ??  ?? Mnr. Robert Bergh het op ’n boeredag op sy plaas, Zeekoevlei, gesê met sy rooibosboe­rderyprakt­yke probeer hy om organiese materiaal in die grond te verhoog en mikrolewe in die grond te stimuleer. Hy hoop om daardeur die opbrengs te verhoog.
Mnr. Robert Bergh het op ’n boeredag op sy plaas, Zeekoevlei, gesê met sy rooibosboe­rderyprakt­yke probeer hy om organiese materiaal in die grond te verhoog en mikrolewe in die grond te stimuleer. Hy hoop om daardeur die opbrengs te verhoog.
 ??  ?? Teeplantji­es wat hulle in die winter met ’n gatsteker geplant het, het goed gevestig in die plaas se sandgrond.
Teeplantji­es wat hulle in die winter met ’n gatsteker geplant het, het goed gevestig in die plaas se sandgrond.
 ??  ?? Mnr. Robert Bergh sê hulle sal verkies om die rog te oes, maar vanjaar was te droog. Daarom het hulle dit in Oktober gerol en laat dit bewei.
Mnr. Robert Bergh sê hulle sal verkies om die rog te oes, maar vanjaar was te droog. Daarom het hulle dit in Oktober gerol en laat dit bewei.
 ??  ?? Die skape wei op die dekgewas tot daar nog genoeg materiaal op die grond oor is om ’n “kombers” te vorm om die grond koel te hou sodat die mikro-organismes nie doodbrand nie en steeds hul werk kan doen.
Die skape wei op die dekgewas tot daar nog genoeg materiaal op die grond oor is om ’n “kombers” te vorm om die grond koel te hou sodat die mikro-organismes nie doodbrand nie en steeds hul werk kan doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa