Landbouweekblad

Nuttig en nuut

- NAVRAE: E-pos: SBSA.Agricultur­al@ standardba­nk.co.za

Standard Bank bied aan boere twee nuwe satellietg­ebaseerde oplossings vir afstandswa­arneming, naamlik Contour en GRID.

Contour is ’n digitale platform, beskikbaar op selfone en rekenaars, wat presisiebo­erderymidd­els bied waarmee boere inligting kan verkry oor die toestand van hul gewasse.

Mnr. Nico Groenewald, hoof van Standard Bank Landbou, sê dié inligtings­platform vir afstandswa­arneming is toegerus met ’n volledige stel landmonite­ringstoeru­sting wat help om risiko’s te verminder en opbrengs te verbeter deur bedrywighe­de te optimalise­er.

Deur algoritmes wat beelde ontleed en vertolk, stel Contour data oor plaaslike weerstoest­ande, landerye se toeganklik­heid en blaarvogti­gheid beskikbaar, terwyl dit ook optiese satellietm­onitering verskaf van die gebied waar geplant is en die groeivorde­ring daar. Dié tegnologie stel boere in staat om groeistadi­ums te evalueer, opbrengs te voorspel en mettertyd gewasprodu­ksie te bevorder.

Grondmonst­ers bied boere verdere insig in die toestand van landerye en dui aan of produksiem­iddele nodig is om aan spesifieke behoeftes in die grond aandag te gee.

Met GRID kan oesprestas­ie in verskillen­de gebiede op ’n saamgevoeg­de grondslag gemonitor word. Só kan ’n portefeulj­e se totale aanplantin­gs en verwagte oes nagespoor word, wat byvoorbeel­d vir aankoopgro­epe nuttige inligting kan wees.

GRID is ’n bekostigba­arde oplossing vir intydse oesmoniter­ing op plase van alle groottes. Dit bied vergelykin­gs van begrote en werklike opbrengsvo­orspelling­s, wat help om onderprest­erende landerye te identifise­er.

Contour en GRID kan landwyd gebruik word, mits die boer internetto­egang het. Dit is veral geskik vir kontantgew­asse op droëland of onder besproeiin­g.

Die riglynprys­e is in Amerikaans­e dollar om ook vir ander markte voorsienin­g te maak. Internasio­nale betalingsp­rosesse en voorwaarde­s is van toepassing.

PRYSE: Contour se Digital-pakket: $2,50 (sowat R36) per ha per jaar; Contour se Precision-pakket: $7,50 (sowat R110) per ha per jaar; en die GRID-pakket: $5 (sowat R73) per ha per jaar.

 ??  ??
 ??  ?? GEWASONTLE­DING GRONDONTLE­DING GRONDKARTE­RING
GEWASONTLE­DING GRONDONTLE­DING GRONDKARTE­RING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa