Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- PIETER GRIMBEEK Dit kan rektale, vaginale of baarmoeder­prolapse wees.

Ek het ’n probleem met een van my varke. Ek het bloedkolle in die hok gesien en dit lyk of die vark se anus uitkom. Wat kan dit wees?

REKTALE PROLAPS

Dit kom meestal by groeiende varke (8 tot 22 weke oud) voor. ’n Deel van die rektum sal sigbaar wees, soms sal ander varke die rektum beskadig of probeer afbyt. Dit gaan gepaard met bloeding en ’n groot geraas. Die vernaamste oorsaak is abdominale drukking, wat veroorsaak dat die rektum na buite die liggaam gedwing word. Moontlike redes hiervoor is:

■ Diarree.

■ Respirator­iese siektes wat hoes veroorsaak (dit kan abdominale druk tot gevolg hê).

■ Inflammasi­e van die kolon (verskeie siektes).

■ Gladde vloere wat veroorsaak dat diere gly.

■ Voeding (tekort aan vesel).

■ Watertekor­t.

■ Mikotoksie­nvergiftig­ing.

■ Zearalenoo­n, ’n ekstrogeni­ese mikotoksie­n.

■ Wanneer stertjies te kort afgesit word, kan die senuwee na die anus-sfinkter skade ly. Verwyder die aangetaste vark(e) van die res. Druk die rektum weer terug. Gereelde behandelin­g van die rektum (vier tot ses keer per dag) wat uithang met ’n wondolie help om dit soepel te hou. Indien daar geen verbeterin­g is nie, kontak u veearts.

VAGINALE PROLAPS

Vaginale en servikale prolapse is meer algemeen by laat dragtige sôe en by ouer sôe. Die oorsaak hiervan is verhoogde abdominale druk en die verslappin­g van ligamente wat die serviks en/of die nek van die baarmoeder ondersteun. Die redes sluit in:

■ Behuising met gladde vloere waar sôe maklik gly.

■ As sôe lê, veroorsaak dit verhoogde abdominale druk, wat die serviks of vagina na buite dwing.

■ Oorvet en dragtige sôe met groot werpsels.

■ Dis algemeen by sôe wat in kratte lê met ’n oormatige helling na agter.

■ Voeding (min vesel in die rantsoen). Verwyder die sog na groter behuising sodat sy los kan staan. As die prolaps nie verdwyn nie, kontak u veearts. Dit kan ook met ’n wondolie behandel word.

BAARMOEDER­PROLAPS

In dié geval is die baarmoeder en die baarmoeder­horing buite die liggaam omdat die ligamente wat dit in plek hou, swak word en verslap. Dit gebeur binne twee tot vier uur nadat ’n sog kleintjies gekry het, en kom gewoonlik by ouer sôe met groot werpsels of swaar varkies voor. ’n Vorige jonging waartydens die baarmoeder beseer is, kan ook daartoe aanleiding gee. Kontak u veearts wanneer ’n sog ’n baarmoeder­prolaps het.

Wanneer ’n vark rektale, vaginale of baarmoeder­prolaps ondervind het, sal dit heel waarskynli­k weer gebeur. Skot sulke diere uit.

Dr. Pieter Grimbeek is ’n veearts.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa