Sonneblom en graan
Sonneblomme vorm dikwels deel van wisselboustelsels in die somersaaigebied. Veral as die reëntyd laat begin, kan dié gewas met die regte sorg vir saaiboere ’n drie in beseringstyd druk.
Mnr. Cobus van Coller, wat naby Viljoenskroon in die Wes-Vrystaat boer, is een van die eerste graanprodusente in dié streek wat herlewingslandboubeginsels begin toepas het.
Hy ondersoek nou die gebruik van voordelige bakterieë in sy saaiboerdery en hoe hy meer holisties na sy grondgesondheid kan kyk.
Van Coller het in 2006 met bewaringslandbou begin, wat wisselbou met mielies, sojabone en sonneblomme behels het. Sedert 2014 het hy ook dekgewasse by sy gewasverbouing begin insluit.
“Ek eksperimenteer voortdurend met wisselbou in ons graanproduksieplan. Ons beplant sowat 40% van die landerye met mielies, 30% met sojabone, 15% met sonneblomme en 15% met dekgewasse. Dit hou die grond gesond. Met die veevertakking versprei ons ook die saaiboerdery se risiko.”
Vir Van Coller is sonneblomme soos ’n veelsydige losvoorspeler wat jy in verskillende posisies kan laat speel, selfs as die produksiejaar se eindfluitjie al geblaas het. Sonneblomme se “lang bene” wat plantdatum betref, versprei die risiko as die reën té laat vir mielies val.
“As dit ’n baie laat reënseisoen is, sal ons dus meer sonneblomme aanplant. Jy kan dit ook reeds vroeg in die produksiejaar plant as daar genoeg vog is.”
Hy waarsku egter sonneblomme is nie ’n afskeepgewas nie.
“Jy moet dieselfde sorg by sonneblomverbouing toepas as by mielies en soja. Daarvoor word ons beloon met ’n sonneblomopbrengs van gemiddeld 2,2-2,4 t/ha in dié geweste.”
“Die lande moet onkruidvry wees, die grondvog moet goed wees en die grond se chemiese status moet gebalanseerd wees. Ons spuit ook soms ’n swamdoder as dit teen byvoorbeeld Sclerotinia en Altenaria nodig is.”
Om seker te maak dat daar presisietoediening met blaarvoeding is, neem Van Coller blaarsapmonsters vir ontleding (voor bestuiwing op die tienblaarstadium).
Weens die hoë koste verbonde aan die toediening van blaarvoeding word die behoefte fyn bepaal. Die formule word aangepas om vir enige tekorte aan elemente soos boor, molibdeen en stikstof voorsiening te maak.
Met sonneblomme as deel van sy wisselbouprogram vind hy dat weerstand teen sekere chemiese middels nie opbou soos voorheen met monokultuuraanplantings nie.
“Ander tipes chemiese middels word by sonneblomverbouing gebruik as by mielies. Wanneer ons vroeg in die vorige produksiejaar sonneblomme aangeplant het, was die daaropvolgende mielie-opbrengs bogemiddeld goed. Dit lyk of die verskillende gewasse verskillende mikro-organismes in die grond stimuleer.”
GROEN REVOLUSIE
Navorsing oor die gebruik van middels soos Bacstim® (van Omnia) wat rhizobakterieë (Bacillus sp.) bevat, is op Van Coller se plaas gedoen om te sien hoe dit plantegroei en prosesse in die wortelsone help bevorder.
Dié middel is reeds by ’n verskeidenheid gewasse getoets en toon beduidende voordele wat betref plantegroei en wortelontwikkeling, verbeterde opname van voedingstowwe, beskerming teen siektes en plae en verhoogde weerstand teen droogtestres.
Omnia Nutrilogie doen reeds langer as ’n dekade intensiewe navorsing om die ingewikkelde konsep van grondgesondheid vir volhoubare boerdery te verstaan.
Een van die redes waarom Van Coller herlewingslandbou toepas, is omdat grondbewerking van etlike dekades die grond uitgeput het. Die organiese materiaal in die grond was feitlik uitgewis, terwyl die verskeidenheid en aktiwiteit van voordelige mikro-organismes in die grond baie laag was.
Die funksie van voordelige mikrobes sluit in: ■■Omskakeling van voeding