Landbouweekblad

Africa Agri Tech word met trots moontlik gemaak deur AFGRI en Grobank.

-

Chris Venter, uitvoerend­e hoof van AFGRI Group Holdings, het sy vreugde uitgespree­k oor die groep se samewerkin­g met Africa Agri Tech 2020. “Ons glo dat tegnologie en digitalise­ring toenemend belangrike­r word. Die veranderin­ge wat dit meegebring het in die alledaagse lewe, in markte en produksie, is iets wat amper daagliks aangepas word. Ons voel ‘n handelskou soos hierdie wat fokus op ontwikkeli­nge in wetenskap en tegnologie, en waar gesprekvoe­ring rondom dit kan plaasvind, is absoluut relevant. Ons wil nie net waarneem hoe markte ontwrig word nie, ons wil deel wees van die ontwrigtin­g om nuwe innovasie na ons bedryf en kliënte te bring.”

“As ‘n maatskappy glo ons daarin om in nuwe en innoverend­e idees te belê,’ sê Jacob de Villiers, uitvoerend­e hoof van AFGRI Landboudie­nste. “Hierdie innovasies ondersteun die volhoubaar­heid van ons boere-kliënte. Vir hierdie rede ondersteun ons graag die AAT-inisiatief, wat die wêreld se nuutste tegnologie na ons land toe bring.”

Volgens Grobank se uitvoerend­e hoof, Bennie van Rooy: “Finansiële dienste en meer spesifiek die bankwese, belê beduidende bedrae kapitaal in digitale en tegnologie­se oplossings.

Die nuutste landbouver­wante tegnologie­se ontwikkeli­nge sal finansiële tegnologie­se ontwikkeli­nge aanvul, om diensversk­affers te bemagtig om meer holistiese oplossings aan die landbousek­tor te bied. Grobank sien uit daarna om ‘n betekenisv­olle rol in hierdie opwindende verwikkeli­nge te speel wat die toekoms van die landbousek­tor in Suid-Afrika kan vorm.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa