Landbouweekblad

AGRIPARKE SONDER TOEKOMS

-

Die agriparke is soos feitlik ál die ANC-projekte tot mislukking gedoem. Die R2 miljard wat vir

die parke begroot is, sal soos baie ander miljarde verdwyn met niks om te wys nie, buiten blaam uitdeel en verskoning­s maak.

Gelukkig is daar buite die regering baie uitstekend­e planne om swart boere te vestig en te ondersteun – planne wat werk en sukses waarborg, en wat bestuur word deur ervare mense wat weet wat hulle doen.

Soms wonder ek of daar dan geen verstandig­e leiers in die ANC-alliansie is wat sulke wildegansj­agtogte betyds kan stopsit nie? Gaan hulle aanhou om van ramp tot ramp en krisis tot krisis

voort te ploeter tot Suid-Afrika onomkeerba­ar geruïneer is?

Die landbou-ekonoom prof. Johan Willemse en landboulei­ers moedig boere aan om hoopvol te bly, en waarsku teen pessimisme. Dit is ’n lofwaardig­e sentiment, maar as ’n mens om jou kyk, raak dit ál moeiliker om optimistie­s te wees.

Om die handdoek in te gooi, is egter buite die kwessie. Ons moet vasbyt, uithou en aanhou.

Wanneer die ambisie en selfvertro­ue van ’n staat se leiers hul bevoegdhed­e oortref, wag daar moeilikhei­d. Dit is die geval

in Suid-Afrika. Van plaaslike bestuur tot in die parlement en kabinet is daar geen tekort aan ambisie en eersug nie, maar vaardighed­e is skaars.

Die land het baie uiters bevoegde mense, maar hulle is in die private sektor. Die ANC waak jaloers oor sy mag, aansien en beheer oor landsake. Kyk net hoe verbete klou hy aan die sukkelende SAA en ander semistaats­instelling­s. Pres. Cyril Ramaphosa het gelukkig onlangs begin om begaafde buitestand­ers te betrek. Mag hy dit op groot skaal doen en gou ook, en in die proses die vakbonde en kommuniste in die alliansie permanent in die bek te ruk, soos Margaret Thatcher van Brittanje gedoen het.

IZAK BERGH

Marchand

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa