Landbouweekblad

SIMPOSIUM INSPIREER LANDBOUERS

-

Landbouwee­kblad en Witzenberg­PALS se simposium op Ceres verlede maand was ’n groot sukses en het talle mense wat dit bygewoon het, diep geraak, soos blyk uit die volgende terugvoer wat ontvang is.

JOHAN EHLERS, uitvoerend­e hoof, Agri-Expo, skryf: Deesdae is daar so baie dinge wat in die landbou-omgewing aangebied word, en ’n mens aanvaar dit moet so wees. Almal soek tog na ’n plekkie in die son. Jy lees daarvan, woon dit by, lewer kommentaar in klein groepies en beweeg aan.

Ek was gelukkig, en dankbaar, om vanjaar tyd te kon inruim om Landbouwee­kblad en PALS se grondsimpo­sium by te woon. Ja, gelees daarvan, bygewoon en kommentaar gelewer in klein groepies.

Maar hier is die verskil: Dit is nie net vir aanbeweeg nie! Dit wat ek ervaar, gesien en gehoor het, het my vervul — vol van goeie emosie, empatie, opgewonden­heid, soms frustasies, maar bowenal dankbaarhe­id.

Dankbaarhe­id dat julle die visie het om sulke geleenthed­e van stapel te stuur, te reël en aan te bied.

Ek is nog my hele beroepsloo­pbaan lank by die landbou betrokke — eers by die destydse Landelike Stigting en daarna by Agri-Expo. Soms gryp jy na klein suksesse, kommentare of gebeure om jou batterye te herlaai en voort te gaan. Ek sukkel om te verwoord wat ek op die simposium ervaar het, maar dit staan uit as ’n hoogtepunt van alle kongresse of simposiums.

Ek wil eintlik net hê Landbouwee­kblad se span moet besef watter impak so iets op ander se lewens het — myne inkluis.

Ek het ’n suster en swaer wat by Richmond boer — die Bezuidenho­udts van Rietfontei­n. Twee grootmense met drie seuns wat werklik lief is vir hul mense op die plaas, die grond, hul skape en wild.

Ek ervaar daagliks hul hartseer en benoudheid met die droogte en ander probleme. Jy kom mos by die punt waar jy nie meer die vanselfspr­ekende vraag — “hoe gaan dit?” — wil vra nie, want jy weet wat die antwoord is.

Die simposium het my weer daardie inspuiting gegee om met nuwe moed ’n oproep te kan maak en help om moed in te praat, maar ook in my eie omgewing nuut te kan inspireer.

Baie dankie aan Chris en die Landbouwee­kblad-span vir dit wat julle vir soveel mense daar buite beteken. Die hoop, geloof en omgee wat julle na die tafel bring, mag nooit ongesiens verbygaan nie. Baie dankie daarvoor en sterkte met al jul werksaamhe­de.

JEANNE BOSHOFF, kommunikas­iebestuurd­er, Agri Wes-Kaap, skryf: Baie geluk met die grondsimpo­sium. Afgesien van hoe glad die dag verloop het en hoe goed alles gereël was, was dit inspireren­d om na die (baie) suksesverh­ale te luister.

Om self te hoor hoe die begunstigd­es hulle stories vertel, laat ’n mens net weer besef dat die landbousek­tor in die Wes-Kaap soveel waarde kan en wil toevoeg.

Dra asb. ons gelukwense oor aan die onderskeie spanne vir al die reëlings van ’n uiters suksesvoll­e dag.

JUDY STUART, Future Farmers, skryf: Baie dankie, Chris en span, vir alles wat julle gedoen het. Dit is wonderlik. Dit is baie opwindend dat soveel interaksie tussen betrokkene­s plaasvind. Dit lei tot meer goeie dinge.

Ek voel so bevoorreg om ’n klein rol in ’n ongeloofli­ke proses te kan speel.

JAN OOSTHUIZEN, New Nation, skryf: Weereens baie geluk met ’n voortrefli­ke, onvergeetl­ike dag. Die keuse van sprekers, die diepte van die voorleggin­gs, die omvang, die impak . . . Wonderlik!

ELISE-MARIE STEENKAMP, Hortgro, skryf: Dit was werklik ’n besonderse dag (of twee dae met die plaasbesoe­ke ingereken). Alle erkenning aan LBW en PALS vir die inisiatief.

Ons is baie trots om ’n borg te kon wees van die simposium. Sulke geleenthed­e is goud werd vir die sagtevrugt­ebedryf, die landbou en Suid-Afrika.

ANNA VAN ROOI, Morceaux Agri, Ceres, skryf: Groot dank uit my hart aan LBW en PALS vir die voorreg om (as spreker) deel uit te maak van die grondsimpo­sium. Alles was baie goed gereël, en daaruit het ek ook van samewerkin­g geleer.

My vyf gedagtes oor die simposium is:

■ Dit was baie inspireren­d en leersaam.

■ Ek besef weer hoe die landbou in my hart en siel is.

■ Ek sal met motivering teruggaan na jong kinders om belangstel­ling in die landbou te kweek.

■ Ek sal vroue motiveer dat daar vir hulle plek in die landbou is.

■ Die sprekers was uitstekend. Vir my was die boodskap uit hul voorleggin­gs “eenheid vorm mag”.

SATISH BHOOLA, Kaap Agri, skryf: Dankie vir ’n fantasiese simposium. Welgedaan. Geluk met die puik bywoning.

MARTLI SLABBER, Hexrivier Sitrus, skryf: Dra asb. my kompliment­e oor aan die organiseer­ders van die grondsimpo­sium. Dit was ’n inspireren­de dag met uitstekend­e sprekers, hope goeie inligting en geloofwaar­digheid — nie net in die gevallestu­dies nie, maar ook in die bywoningsp­rofiel: leierboere (van alle skakerings), staatsampt­enary, kundiges . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa