Landbouweekblad

ONSEKERHEI­D KNAAG AAN SOMERSAAIB­OERE

- — ALANI JANEKE en NICO VAN BURICK

AANPLANTIN­GS in die somerreëng­ebied is laat weens wisselvall­ige reën, en die mark is angstig oor wat in die volgende paar weke gaan gebeur.

Die optimale planttyd is reeds verby in verskeie streke en niemand weet wat om van die seisoen te verwag nie.

Wat Mpumalanga betref, sê mnr. Ryk Pretorius, Graan SA-verteenwoo­rdiger wat tussen Davel en Ermelo boer, dit het die laaste twee weke van November redelik wyd en goed gereën, hoewel steeds kol-kol. Teen einde November was mielies volgens hom 99% klaar geplant en sojabone was sowat 60% klaar geplant.

OPVOLGREËN NODIG

“Hoewel jy ná November vir nog sowat ’n week sojabone kan plant, is telkens bewys dat opbrengs begin afneem. Om ná 15 Desember in ons omgewing te plant, is soos om roulette te speel.

“Dit het veral oos van Ermelo goed gereën en die wêreld lyk mooi. Dit is egter baie warm en opvolgreën is nodig.”

Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, sê teen einde November was plantbed rywighede in dié provinsie nog beperk. “In die oostelike dele van die provinsie het dit meer gereën en boere in sekere dele kon begin plant. In die sentrale dele was daar minder reën en in die res van die provinsie was die reën baie wisselvall­ig. Dit was hoofsaakli­k donderbuie hier en daar.”

Die eerste somerreën het kolkol in die Vrystaat geval en boere het hier en daar op van hul oorlêlande begin plant, sê mnr. Luan van der Walt, ekonoom van Graan SA.

“Heelwat distrikte in die westelike en sentrale saaigebied wag nog op goeie reën.”

Hy sê ondergrond­se vog is grootliks voldoende, maar boere het nou genoeg vog in die bogrond nodig om te kan plant.

In die Suidoos-Vrystaat word baie druk ervaar. Min reën het geval, terwyl die optimale planttyd in dié streek van 15 Oktober tot 15 November is. Volgens reënvalrek­ords van die weerstasie op Bethlehem het dié distrik van Junie tot Oktober die minste reën in 70 jaar aangeteken.

VOORUITSIG­TE

Mnr. Johan van den Berg, landbou weerkundig­e by Santam Landbou, sê korttermy nvoorspell­ings dui op ’n groter kans op reën in die tweede week van Desember oor die sentrale tot oostelike dele. “Toestande bly egter ongunstig oor die westelike dele van Suid-Afrika.”

 ?? FOTO: DESMOND MEYBURGH ?? Plantvoorb­ereidings naby Tweeling in die Oos-Vrystaat, waar nog net 51 mm reën teen begin Desember geval het.
FOTO: DESMOND MEYBURGH Plantvoorb­ereidings naby Tweeling in die Oos-Vrystaat, waar nog net 51 mm reën teen begin Desember geval het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa