Landbouweekblad

MIELIE-OES KRUIP HOËR, MAAR KORING KRIMP

- — VIDA BOOYSEN

TERWYL Suid-Afrika se mielie-oes met elke skatting vanjaar opwaarts aangepas is, het die teenoorges­telde met die koringoes gebeur. Dit was op die ou end 16% laer as in die 2018-’19-seisoen.

Die Nasionale Oesskattin­gskomitee (NOK) se finale produksies­katting vir mielies vir 2019 is 11,258 miljoen ton – 0,64% of 71 800 ton meer as 24 Oktober se skatting van 11,186 miljoen ton.

Terselfter­tyd raam die NOK in sy vierde produksies­katting vir wintergewa­sse die koringoes op 1,618 miljoen ton – 4,54% of 77 010 ton minder as die vorige skatting van 1,695 miljoen ton.

Die geskatte mielie-oes is 10% kleiner as die 2017-’18-oes. Die drie belangriks­te mieliepro duserende gebiede – die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes – lewer na verwagting 80% van die 2019-oes.

Die skatting van die oppervlakt­e onder mielies is 2,301 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,89 t/ha is.

Die skatting vir witmielies is onverander­d op 5,538 miljoen ton met ’n opbrengs van 4,27 t/ha. Dit is effe laer as die 5,61 miljoen ton wat ontleders vooraf in ’n opname deur Reuters voorspel het.

GEELMIELIE­S

In die geval van geelmielie­s is die skatting 5,720 miljoen ton – 1,27% of 71 800 ton meer as die 5,648 miljoen ton van die vorige skatting. In dié geval is die NOK se skatting ook laer as die voorspelde 6,52 miljoen ton van die Reuters-paneel. Die opbrengs van geelmielie­s is 5,71 t/ha.

Die skattings vir sonnebloms­aad en sojabone is onverander­d gelaat op onderskeid­elik 680 940 ton en 1,17 miljoen ton. Die skatting vir grondbone is 20 030 ton, wat 2,96% of 575 ton meer as die vorige skatting van 19 455 ton is. Die skatting vir sorghum is nou 2,71% of 3 650 ton laer, van 134 525 ton tot 130 75 ton.

Die voorlopige oppervlak teskatting vir 2020 word op 29 Januarie 2020 verwag.

WINTERGEWA­SSE

Volgens die NOK is die verwagte koringopbr­engs 3 t/ha. Die verwagte oes in die Wes-Kaap is 666 250 ton (41% van die totaal), in die Vrystaat is dit 371 200 ton (23%) en in die

Noord-Kaap 273 750 ton (17%).

Die beraamde oppervlakt­e beplant in die Wes-Kaap is 325 000 ha of 60% van die totaal, 128 000 ha of 24% in die Vrystaat, en 37 500 ha of 7% in die Noord-Kaap. Die produksies­katting vir moutgars is 364 860 ton – 6,27% of 4 400 ton minder as die vorige skatting van 389 260 ton. Die skatting vir kanola is met 8,33% (7 400 ton) afwaarts aangepas tot 81 400 ton. ’n Haweroes van 34 990 ton word verwag.

 ?? FOTO: NETHALLIE GORDON ?? Strooptyd vir die koring op die plaas van mnr. Rudi Osborne van Groenland Boerdery by Vaalharts in die Noord-Kaap het kort voor druktyd aangebreek. Die koring word onder besproeiin­g verbou.
FOTO: NETHALLIE GORDON Strooptyd vir die koring op die plaas van mnr. Rudi Osborne van Groenland Boerdery by Vaalharts in die Noord-Kaap het kort voor druktyd aangebreek. Die koring word onder besproeiin­g verbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa